Monday, 30 November 2015

Openbaring#88: Openbaring 16: Die 7de wraakskaal word uitgestort


Die 7de skaal sal in lug uitgegooi word.

Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!

Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:


Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking


Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 3de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 4de basuin: Lees hier
Op 8: Die aankondiging van die 3 Wee: Lees hier

Op 9: Die blaas van die 5de basuin is die 1st Wee: Lees hier
Op 9: Die blaas van die 6de basuin is die 2de Wee: Lees Hier

Die gebeure tydens die middel van die Verdrukking


Op 10: Die gebeure in die middel van die Verdrukking: Lees Hier
Op 10: Openbaring 10 is 'n parentese: Lees Hier
Op 10: God is nie sonder Sy getuienis tot die wereld nie: Lees hier

Op 11: Die 3de Tempel: Lees hier
Op 11: Elia en Henog is die twee Getuies: Lees hier
Op 11: Elia en Henog se bediening, dood en opstanding: Lees hier
Op 11: Die blaas van die 7de basuin is die 3de Wee: Lees hier

Op 12: Die tyd van benoudheid vir Jakob: Lees hier
Op 12: Die vrou met die son bekleed is Israel: Lees hier
Op 12: Die manlike kind is die 144 000 Jode: Lees hier
Op 12: Die vuurrrooi draak is Satan: Lees hier

Op 13: Wêreldryke in professie volgens Daniel: Lees hier
Op 13: Die Antichris se ware kleure word getoon: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldregering: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldgodsdiens: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldekonomie: Lees hier

Op 14: Is ʼn voorspel tot die 7 wraakskaal-oordele: Lees hier
Op 14: Die 144 000 (manlike kind) is in die hemel: Lees hier
Op 14: Die aankondigings in die hemel: Lees hier
Op 14: Die graanoes word ingesamel: Lees hier
Op 14: Die wynoes word ingesamel: Lees hier

Die gebeure tydens die laaste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking


Op 15: Gebeure in die hemel VOOR die uitstorting van die wraakskale: Lees hier

Op 16: God beveel die uitstorting van die wraakskale: Lees hier
Op 16: Die 1ste wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 2de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 3de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 4de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 5de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 6de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 7de wraakskaal word uitgestort: Hierdie skrywe

Rev 16:1 En ek het ‘n groot stem uit die tempel aan die sewe engele hoor sê: Gaan gooi die skale van die grimmigheid van God op die aarde uit.


'n groot aardbewing en groot hael (Op 16:17-21)


Rev 16:17 En die sewende engel het sy skaal uitgegooi in die lug, en ‘n groot stem het uit die tempel van die hemel gekom, van die troon af, wat gesê het: Dit is verby!

Die 7de skaal sal in lug uitgegooi word.

Terwyl ʼn groot stem uit die tempel van die hemel van die troon af uitroep, “Dit is verby!” kom daar stemme, donderslae, bliksemstrale en ʼn geweldige groot aardbewing.

Dit beskrywe die ondergang van die wêreld.

Voorheen in die boek Openbaring het ons gelees van aardbewings (Op. 6:12; 8:5; 11:13,19), maar hierdie aardbewing onder die 7de raakskaal het nog nooit sy gelyke gehad nie.

Die stede van die nasies stort ineen in baie dele van die wêreld, insluitende Israel.

Die verwoesting deur die aardbewing sal Jerusalem in drie dele verdeel en Babilon totaal vernietig.

Die wêreldstad Babilon, die middelpunt van die Antichristelike wêreldmag, sal totaal in duie stort, want God het dié stad in gedagtenis gebring en dan moet hy drink van die wyn van die grimmigheid van sy toorn.

Die aarde se landskap verander deur die aardbewing, eilande verdwyn en berge word nie gevind nie.

Dan volg die verskriklike hael.

Die haelstene is ʼn talent swaar. ʼn Talent wissel van 40 kg tot 60 kg.

Die aardskuddings word opgevolg deur hierdie vreeslike haelstorms.

Die hael uit die hemel sal op baie mense val; en die mense sal God laster oor die plaag van die hael, omdat sy plaag ontsettend groot sal wees.

Dit is die 3de maal onder die 7 wraakskaal-oordele dat ons verneem die mense op aarde in die laaste dae reg voor die verskyning van Jesus Christus tydens sy wederkoms, die God van die hemel laster sal laster (vers 9, 11, 21).

Daar sal geen sprake van ʼn bekering onder die mense meer wees nie.

Hierdie mense onder die mag van die Antichris sal inderdaad onredbaar wees.

Hulle is bestem vir die ewige verdoemenis.

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 17-18: Die Twee Babilons in Openbaring: Later

No comments: