Wednesday 28 January 2015

Openbaring #30: Openbaring 1 saamgevat


Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!

Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.


Chronologies sal daar dus wees die einde van die Kerk era (Op 2-3)

Dan die wegraping van die Kerk (Op 4:1-4)

Daarna die Groot Verdrukking (Dan 9: 24-27, Op 6:1 - 18:24)

Dan die einde van die Groot Verdrukking (Op 19:10)

Dan die sigbare Wederkoms van Jesus Christus (Op19:11)

Meer oor die uiteensetting van Openbaring 1 soos volg: 

Die inleiding tot Openbaring: Lees hier
Die tema van Openbaring: Lees hier
Die groete aan die 7 Gemeentes:  Lees hier
Johannes die Apostel verban op Patmos:  Lees hier
Die verrese (risen) Jesus Christus:  Lees hier

Volgende: Openbaring 2-3 saamgevat: Lees hier

Sunday 25 January 2015

Openbaring #29: Openbaring 1 (Deel4b): Die verrese (resin) Jesus Christus


Openbaring 1 (Deel 4a): Die verrese (resin) Here Jesus Christus 

(Op 1:12-18) 

Die dinge wat jy gesien het (Deel 2/2)

Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur


Johannes draai, sien en skryf dan neer 'n series van beskrywings en openbarings van Jesus Christus. Hy sien Jesus, in all Sy heerlikheid, inderdaad in sy rol vandag as ons Hoe Priester, te midde van 7 kandelare, dit is die 7 Gemeentes, en in Sy regterhand hou Jesus vas 7 sterre (engele), dit is die boodskappers / leerraars van die 7 Gemeentes (Rev 1: 20).

Op 1:12-16 Toe draai ek my om, om te sien watter stem met my gespreek het; en toe ek my omgedraai het, sien ek sewe goue kandelaars,  (13)  en tussen die sewe kandelaars Een soos die Seun van die mens met ‘n kleed aan wat tot op die voete hang, en gegord om die bors met ‘n goue gordel.  (14)  Sy hoof en hare was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë soos ‘n vuurvlam,  (15)  en sy voete soos blink koper wat gloei soos in ‘n oond, en sy stem soos die stem van baie waters.  (16)  En in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou, en ‘n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan, en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag.

Jesus gee Johannes, en ons vandag, die versekering dat Jesus van die begin af aan bestaan, Jesus is die Begin en die Einde. Jesus het die dood oorwin, Jesus lewe vir ewig!

Op 1:17-18 En toe ek Hom sien, val ek soos ‘n dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste  (18)  en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Hierdie dan 5/5 mbt Openbaring 1:

Die inleiding tot Openbaring: Lees hier
Die tema van Openbaring: Lees hier
Die groete aan die 7 Gemeentes:  Lees hier
Johannes die Apostel verban op Patmos:   Lees hier
Die verrese (risen) Jesus Christus:  Hierdie skrywe

Volgende: Openbaring 2-3: Die 7 Gemeentes - 'n inleiding: Lees hier

Friday 23 January 2015

Openbaring #28: Openbaring 1 (Deel 4a): Johannes die Apostel verban na Patmos


Openbaring 1 (Deel 4a): Johannes die Apostel verban na Patmos 

(Op 1:9-11) 

Die dinge wat jy gesien het (Deel 1/2)

Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur

Vanaf: http://en.wikipedia.org/wiki/John_of_Patmos

Traditionally, this named author is believed to be the same person as both John the apostle of Jesus and John the author of the Fourth Gospel

Adela Collins, a theologian at the University of Notre Dame, writes:
"Early tradition says that John was banished to Patmos by the Roman authorities. This tradition is credible because banishment was a common punishment used during the Imperial period for a number of offenses. Among such offenses were the practices of magic and astrology. Prophecy was viewed by the Romans as belonging to the same category, whether Pagan, Jewish, or Christian. Prophecy with political implications, like that expressed by John in the book of Revelation, would have been perceived as a threat to Roman political power and order.

Op 1:9-11  Ek, Johannes, julle broeder en deelgenoot in die verdrukking en in die koninkryk en lydsaamheid van Jesus Christus, was op die eiland wat Patmos genoem word, ter wille van die woord van God en om die getuienis van Jesus Christus.  (10)  Ek was in die Gees op die dag van die Here, en ek het agter my ‘n groot stem gehoor, soos van ‘n basuin, wat sê:  (11)  Ek is die Alfa en die Oméga, die eerste en die laaste, en skryf wat jy sien in ‘n boek en stuur dit na die sewe gemeentes wat in Asië is: na Éfese en Smirna en Pérgamus en Thiatíre en Sardis en Filadelfía en Laodicéa.

Johannes was omrede sy geloof (terwille van die Woord van God en terwille van die getuienis van Jesus) na die eiland Patmos verban en dit was daar waar hy die groot stem van Jesus Christus gehoor het wat hom die opdrag gegee het om te "skryf wat jy sien in ‘n boek en stuur dit na die sewe gemeentes wat in Asië is: na Éfese en Smirna en Pérgamus en Thiatíre en Sardis en Filadelfía en Laodicéa."

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Hierdie dan 4/5 mbt Openbaring 1:

Die inleiding tot Openbaring: Lees hier
Die tema van Openbaring: Lees hier
Die groete aan die 7 Gemeentes:  Lees hier
Johannes die Apostel verban op Patmos:   Hierdie skrywe

Volgende: Die verrese (risen) Jesus Christus:  Lees hier

Wednesday 21 January 2015

Openbaring #27: Openbaring 1 (Deel 3): Die groete aan die 7 Gemeentes


Openbaring 1 (Deel 3): Die groete aan die 7 Gemeentes 

(Op 1:4-8) 

Op 1:4  Johannes aan die sewe gemeentes in Asië: Genade vir julle en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste wat voor sy troon is

Die 7 gemeentes word by name genoem in Openbaring 2-3

Die getal sewe in die Skrifte dui aan volmaaktheid en volkomendheid. Sien onder andere: http://www.biblestudy.org/bibleref/meaning-of-numbers-in-bible/7.html

Die 7 gemeentes geopenbaar in die boek Openbaring is dus verteenwoordigend van die GANSE Kerk en die spesifieke gemeentes genoem verteenwoordig dus die toestand van die GANSE Kerk en ook die tydvakke wat in die GANSE Kerk geskiedenis sou volg.

Die groete vanaf die 7 Geeste dui op 'n kwalatiewe aspek en aldus op die 7 attribute van die Heilige Gees.

Jes 11:2  en op Hom sal die (1) Gees van die HERE rus, die (2) Gees van wysheid en (3) verstand, die Gees van (4) raad en (5) sterkte, die Gees van (6) kennis en van die (7) vrees van die HERE.

Jesus Christus is die Getroue Getuie,
Jesus Christus het uit die dode opgestaan,
Jesus Christus is die Prins van alle konings op aarde,
Jesus Christus is ook die Koning van alle konings,
Jesus Christus het ons lief,
Jesus Christus het ons van ons sondes gewas en
Jesus Christus het ons gemaak konings en priesters vir God.

Op 1:5-6  en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed  (6)  en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.

Dit in nou die tyd om te AMEN!!!!

GOD die Vader word genoem die Alfa en die Omega (Op 1:8; 21:6), en
Die Naam word ook gebruik en is van toepassing op die Seun van GOD, op Jesus Christus (Op 1:11; 22:13)

GOD, die Almagtige, wat instaat is tot alle dinge; wat heers oor alle dinge en wat beheer het oot die gang van die geskiedenis.........

SAL ALLES wat in die boek Openbaring geskrywe staan, tot vervulling bring.

Op 1:8  Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.



Hierdie dan 3/5 mbt Openbaring 1:

Die inleiding tot Openbaring: Lees hier
Die tema van Openbaring: Lees hier
Die groete aan die 7 Gemeentes:  Hierdie skrywe

Volgende: Johannes die Apostel verban op Patmos:  Lees hier

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Tuesday 20 January 2015

Jehovah's Witnesses and the Truth

Should we allow the teaching of Jehovah’s Witnesses on our Christian social networks?


2Ti 2:15  Do your best to present yourself to God as an approved worker who has nothing to be ashamed of, handling the word of truth with precision.

Jehovah's Witnesses believe that Jesus Christ was a perfect man, and that He is a person distinct from God the Father. However, they also teach that before His earthly life, Jesus was a spirit creature, Michael the archangel, who was created by God and became the Messiah at His baptism. According to Jehovah’s Witnesses, Jesus is a mighty one, although not almighty as Jehovah God is. According to John 1:1 in their Bible, The New World Translation, Christ is “a god,” but not “the God.” They teach that Jesus “was and is and always will be beneath Jehovah” and that “Christ and God are not coequal”.

Jehovah's Witnesses do not believe God came from heaven to earth, yet they cannot deny someone came down. So they shift the identity of the one who ascended to an arch angel, Michael. Jesus is supposedly Michael because his name means ‘who is like God. "It proves Michael the archangel is no other than the only begotten son of God, now Jesus Christ. The very name Michael means who is like God and indicates Jehovah God is without like or equal." Jesus is actually the incarnation of Michael the Arch angel and resumed the name when he ascended into heaven

The truth

Angles

Angles were created to serve (Heb 1:14)

Believers are not allowed to worship angles or to seek to communicate with them (Col 2:18; Rev 2:8,9)

(Eph 5:19-20)  Then you will recite to one another psalms, hymns, and spiritual songs; you will sing and make music to the Lord with your hearts; (20)  you will consistently give thanks to God the Father for everything in the name of our Lord Jesus, the Messiah;

Jesus Christ

It is generally accepted that Jesus was truly a man who walked on the earth in Israel 2000 years ago. The debate begins when the subject of Jesus' full identity is discussed. Almost every major religion teaches that Jesus was a prophet or a good teacher or a godly man. The problem is that the Bible tells us that Jesus was infinitely more than a prophet, a good teacher, or a godly man.

Why is the question over Jesus’ true identity so important? Why does it matter whether or not Jesus is God? The most important reason that Jesus has to be God is that if He is not God, His death would not have been sufficient to pay the penalty for the sins of the whole world (1 John 2:2). Only God could pay such an infinite penalty (Rom 5:8; 2Cor 5:21).

Jesus had to be God so that He could pay our debt.

Jesus had to be man so He could die.

Salvation is available only through faith in Jesus Christ.

Jesus’ deity is why He is the only way of salvation. 

Jesus’ deity is why He proclaimed, “I am the way and the truth and the life. No one comes to the Father except through me” (John 14:6).


(Mat 1:1)  This is a record of the life of Jesus the Messiah, the son of David, the son of Abraham.

(Mat 1:21)  She will give birth to a son, and you are to name him Jesus, because he is the one who will save his people from their sins."

(Mat 1:23)  "See, a virgin will become pregnant and give birth to a son, and they will name him Immanuel," which means, "God with us."

(Mat 3:17)  Then a voice from heaven said, "This is my Son, whom I love. I am pleased with him!"

Jesus Christ, the Son of God

There are 70 verses in the New Testament as to “Son of God” and listed are just a few as to why I believe in Jesus Christ, the Son of God.

(Col 1:15)  The Son is the image of the invisible God, the firstborn over all creation.

(1Jn 4:15)  God abides in the one who acknowledges that Jesus is the Son of God, and he abides in God.

(1Jn 5:10)  The person who believes in the Son of God believes this testimony personally. The person who does not believe God has made him a liar by not believing the testimony that he has given about his Son.

(1Jn 5:20)  We also know that the Son of God has come and has given us understanding so that we may know the true God. We are in union with the one who is true, his Son Jesus the Messiah, who is the true God and eternal life.

1Jn 5:10-13 The person who believes in the Son of God believes this testimony personally. The person who does not believe God has made him a liar by not believing the testimony that he has given about his Son. (11) This is the testimony: God has given us eternal life, and this life is found in his Son. (12) The person who has the Son has this life. The person who does not have the Son of God does not have this life.  (13) I have written these things to you who believe in the name of the Son of God so that you may know that you have eternal life.

Jesus’s feeling in regard to false teaching: He hates it!


(Rev 2:14)  But I have a few things against you: You have there some who hold to the teaching of Balaam, the one who taught Balak to put a stumbling block before the people of Israel so that they would eat food sacrificed to idols and practice immorality.



(Rev 2:16)  So repent. If you don't, I will come to you quickly and wage war against them with the sword of my mouth.

Monday 19 January 2015

Openbaring #26: Openbaring 1 (Deel 2): Die tema van die boek Openbaring


Openbaring 1 (Deel 2): Die tema van Openbaring


Op 1:7  Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!

Die vers gee ons die tema van Openbaring....die lang verwagte wederkoms van Jesus Christus!

Ons het dus Sy belofte dat hy weer gaan kom: naamlik die troos en hoop van die gemeentes.

Die boek Openbaring sluit dan ook af met die tema (Op. 22:20).

Op 22:20  Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus!

Openbaring gee aan ons deur tekens met betekenisse, dus 'n insig oor
a) gebeure tot op die wederkoms,
b) gebeure wat plaasvind tydens die wederkoms, en
c) gebeure wat volg op die wederkoms van Jesus Christus.

Die boek Openbaring verloop chronologies, on orde! Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;

The divisies van Openbaring behels die;
Sewe seels
Sewe basuine
Sewe wraakskale
Sewe oordele
Sewe nuwe dinge

Benewens die divisies is daar verskeie parentetiese gedeeltes wat die reekse oordele onderbreek en meer inligting of detail gee.

Die struktuur van Openbaring behels;
Inleiding en groete (Op 1: 1-8)
Die dinge wat jy (Johannes) gesien het (Op 1:9-20)
Die dinge wat is (Op 2-3)
Die dinge wat gaan gebeur (Op 6:1 - 18.24)
Die wederkoms van Jesus Christus (Op 19:1 - 20:3)
Die Messiaanse koninkryk (Op 20:4 - 20:15)
Die nuwe en ewige orde (Op 21:1 - 22:9)
Die beloftes en laaste waarskuwings (Op 22: 10 - 22:21)

Daar is geen rede hoekom Openbaring as nie-chronologies gebeure te wil beskou nie.

Ook in Openbaring self is daar geen uitspraak wat daarop aandui dat die gebeure nie in 'n tydorde plaasvind nie.

Inteendeel, ons lees juis dikwels: "En na hierdie dinge..." (Op 4:1;  7:1,9; 18:1; 19:1).

Outeursreg (C) 2011 Raymond D Lombard

Hierdie dan 2/5 mbt Openbaring 1:

Die inleiding tot Openbaring: Lees hier
Die tema van Openbaring: Hierdie skrywe

Volgende: Die groete aan die 7 Gemeentes: Lees hier

Sunday 18 January 2015

Openbaring #25: Openbaring 1 (Deel 1): Die inleiding tot die boek Openbaring


Openbaring 1 (Deel 1): Die Inleiding tot Openbaring

Op 1:1-3
Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het,  (2)  wat getuig het van die woord van God en die getuienis van Jesus Christus alles wat hy gesien het.  (3)  Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.

Die bron van hierdie openbaring is GOD
Wat God gegee het aan Sy seun, Jesus Christus
Wat Jesus op Sy beurt gegee het vir 'n onbekende engel ('n boodskapper)
Om te gee aan Sy (Jesus) se dienskneg Johannes( dit die Apostel Johnnes)
Om aan Sy diensknegte te toon (i.e. wedergebore, Heilige Gees-gevulde Christen gelowiges)
Dit wat aan hom (Johannes) te kenne gegee is (die die tekens met betekenisse van die tekens)
Waarop Johannes toe beveel was om neer te skryf alles wat hy gesien het (die die tekens met betekenisse van die tekens)

Wat Johananes dus deur die boek Openbaring aan ons bekend maak deur die tekens met betekenisse van die tekens.

Alles wat Johannes gesien het rakende die Woord van GOD en die getuienis van Jesus Christus, het Johannes neergeskryf deur middel van tekens, visioene, gesigte en woorde , aldus die tekens met betekenisse van die tekens, en aldus dan GOD se belofte van 'n uitsonderlike Goddelike seen as ons die tekens bestudeer en verstaan.

Op 1:3  Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby. 

Die studie van Openbaring is aldus 'n studie van die tekens se betekenisse om soedoende te verstaan wat die inhoud van God se openbarings beteken.

Die bestudering van die profesie sal 'n verwagte liefde en honger wakker maak vir die wederkoms van Jesus Christus.

Rights (C) 2011 Raymond D Lombard

http://en.wikipedia.org/wiki/John_the_Apostle

John the Apostle (c. AD 6 — c. 100) was one of the Twelve Apostles of Jesus. He was the son of Zebedee and Salome and brother of James, son of Zebedee, another of the Twelve Apostles. Christian tradition holds that he outlived the remaining apostles — all of whom suffered martyrdom — and ultimately died of natural causes "in great old age near Ephesus".[1] The Church Fathers consider him the same person as John the Evangelist, John of Patmos, and the Beloved Disciple.

Hierdie dan 1/5 mbt Openbaring 1:

Die inleiding tot Openbaring: hierdie skrywe

Volgende: Die tema van Openbaring: Lees hier


Thursday 8 January 2015

Openbaring #24 Saamgevat tot datum gegee (volgende Openbaring 1)


Openbaring die Bybel boek om vandag die bestudeer en ter harte te neem.

[[Op 22:10]] Afr1953* En hy het vir my gesê: Moenie die woorde van die profesie van hierdie boek verseël nie, want die tyd is naby.

Ek het tot datum verskeie sienings  (#1- #23) gegee as inleiding tot my volgende postings oor die boek Openbaring.

Die tema's behandel was:

Die Boek Openbaring

#1) dit is toekomsig Lees hier
#2) maak dit bekend! Lees hier
#3) dit is profeties Lees hier
#4) dit is futuristies Lees hier
#5) dit is 'n geinspireerde openbaring Lees hier
#6) dit verloop chronologies! Lees hier
#7) Het jy 'n wederkoms verwagting? Lees hier

Verborgenhede: 

#8) wat is die verborgenhede in die NT geopoenbaar Lees hier
#9) die verborgenheid vanb die verharding van Israel Lees hier
#10) die verborgenheid van die verwerping van Israel Lees hier
#10b) die verborgenheid van d verwerping van Israel: wie is die Jode wat glo? Lees hier
#11) die verborgenheid van die verwerping verduidelik Lees hier
#12) die verborgenheid van die vertroosting van Israel tov die hede Lees hier
#13) die verborgenheid van die vertroosting van Israel tov die toekoms Lees hier
#15) die verborgenheid van die ongeregtigde Lees hier

Die Wegraping: 

#16) die verborgenheid van die wegraping gebeurtenis Lees hier
#17) Deel 1: Die leerstelling van die wegraping Lees hier
#18) Deel 2: Die wegraping vs die sigbare wederkoms Lees hier
#19) Deel 3: Wanneer vind die wegraping plaas? Lees hier


#20) Die parentestiese gaping Lees hier
#21) die koninkryk van die hemele Lees hier

Meer oor die Antichris: 

#22) Antichris gees vs antichriste vandag Lees hier
#23) Die komende Antichris Lees hier

Onthou ook 'n die siening oor die orde van Openbaring 

(#6) hiermee herhaal:

Chronologies sal daar wees die einde van die Kerk era (Op 2-3)

Dan die wegraping van die Kerk (Op 4:1-4)

Daarna die Groot Verdrukking (Dan 9: 24-27, Op 6:1 - 18:24)

Dan aan die einde van die Groot Verdrukking (Op 19) dan die sigbare Wederkoms van Jesus Christus

Watter Wederkoms verwagting het jy?


Wag jy op die koms van Jesus VIR SY HEILIGES (Bruid)?  Op 4:1-5

Of

Wag jy op die koms van Jesus MET SY HEILIGES?  (Sag 4:4-5, Op 19:11-15)

 

Volgende: Openbaring 1



Tuesday 6 January 2015

Openbaring #23: Die Antichris (sy naam (en wie hy is) is onmoontlik om vooruit te weet)

Die boek Openbaring mbt verstaan van die komende Antichris

Daar is verskeie skrifte wat die openbaarmaking en die werking van die komende Antichris verduidelik:

Dan 9:27  En hy sal een week lank met baie ‘n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar ‘n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word.

Die Engel Gabriel openbaar aan Daniel die mate van straf wat Israel moet ondergaan, naamlik die laaste week ('n profetiese week van jare), dus 7 jaar , dus die Verdrukking / Groot Verdrukking van 7 jaar (een profeties week van jare) wat nog toekomstig is. Hierdie Groot Verdukking (Op 6-18) MOET nog gebeur om te volbring wat in Dan 9:24 uiteengele word as die mate straf bepaal oor Israel en sy heilige stad, Jerusalem.

Dan 9:27  "En hy sal" ..... Wie is die Hy? 

As ons se dit is die AntiChris; waar kry ons die naam Antichris in die Bybel?


1Jn 2:18  Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is.

1Jn 2:22  Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën.

Die Antichris, is ook anders bekend as verskeie ander name, titles en beskrywings in die Bybel:

'n Ander horinkie (Dan 7:8)
'n Vors wat kom (Dan 9:26)
'n Verwoester (Dan 9:27)
Die mens van sonde (2 Thess 2:3)
Die seun van die verderf (2 Thess 2:3)
Die teestander (2 Thess 2:4)
Die ongeregtige (wettelose een) (2 Thess 2:8)
Die Antichris (1 Joh 2:22)
Die dier (Op 13:4, 14)

Die volgende skrifte maak almal verwysing na die persoon, die Antichris, wat homself in die middel van die 7 jaar homself  "bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is" (2 Thess 2:3)

Dan 9:27  En hy sal een week lank met baie ‘n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar ‘n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word.

Mat 24:15  Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom—laat hy wat lees, oplet— ...dit dan juis die terugverwysing na 

Dan 9:27:  "en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou"

Dan is daar Openbaring 13 : 1-9


(Op 13:9)  "As iemand ‘n oor het, laat hom hoor"....

Miskien moet dit eerder lees "As iemand 'n oog het, laat hom lees"?

Wie is  die dier van Openbaring 13?


(Op 13:1)  En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering.

"En ek het ‘n dier uit die see sien opkom"......

"uit die see" = die wereld se "volke en menigtes en nasies en tale" (Op 17:15 ) en die dier wat dus "uit die see opkom" simboliseer die komende herleefde Romeinse koninkryk en dus ook die persoon, die Antichris wat dan sal tevoorskyn kom as heerser vanuit die herleefde Romeinse Koninkryk.

"met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe"....

Die dier uit die see stel ook voor die komende aardse politieke en oorlogsmag van verskillende lande (state) voor, almal onder mag en gesag van die komende Antichris. Op 17:17  Want God het dit in hulle harte gegee om sy bedoeling uit te voer en een bedoeling uit te voer, en hulle heerskappy aan die dier te gee totdat die woorde van God volbring is.  

die "sewe koppe" beeld sewe wereldregerings uit die geskiedenis van Israel: die Antichris word gegee all mag en gesag oor die wereldregerings.

die "tien horings" dit is die 10 nasies van die ou Romeinse ryk: Die Antichris verkry all mag en gesag oor die 10 nasies ( sien die 10 tone , die herleefde Romeinse Ryk, Daniel 2)

die "tien krone"  krone is 'n aanduiding van heerskappy : die Antchris kom om te heers en te regeer!

Daar sal dus 'n sameswerking tussen al die ou koninkryke wees wat hul mag en gesag met die van die Antichris saamsnoer.

Hoekom word die Antichris 'n dier genoem?


Dr. Auberlen het gese: " Sonder diviniteit (goddelikheid) sink die humaniteit (menslikheid) tot bestialiteit (dierlikheid)...dit geld in die algemeen vir die mensheid, maar veral vir die Antichris. Nebukadnesar was deur God 'n dierhart gegee (Dan 4:31-33), hoeveel te meer sal die Antichris dierlik wees!?

Die Antichris wat "vanuit die see" , vanuit die wereld,  gaan opstaan, sal alle nasies in opstand bring teenoor God. Vanuit God se oogpunt sal die mense op aarde soos wilde diere op aarde regeer.

(Op 13:2)  En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag.

"en sy bek soos die bek van ‘n leeu"... (Dan 7:4): Nebukadneser se beeld (Dan 2), die hoof van goud, Babilon

"en sy pote soos dié van ‘n beer"...(Dan 7:5):Nebukadneser se beeld (Dan 2), die borskas en arms van silver, Mede en Perse

"was soos ‘n luiperd".... (Dan 7:6): Nebukadneser se beeld (Dan 2), die buik van koper, Griekeland (Die koninkryk van Griekeland het baie vermag in 'n kort bestek van tyd)

 ...."en kyk, daar was ‘n vierde dier, vreeslik en skrikwekkend en baie sterk, en dit het groot ystertande gehad; dit het verslind en vermorsel en die oorskot met sy pote vertrap; en dit was verskillend van al die diere wat voor hom gewees het, en dit het tien horings gehad...(Dan 7:7): Nebukadneser se beeld (Dan 2), die bene van yster, die herleefde Romeinse Ryk

Uit hierdie koninkryke sal kom die Antichris en waar hy sy mag sal gekonsentreer.

"en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag."....die mag en krag en gesag sal aan die Antichris gegee word deur Satan self en die Antichris sal die karaktertrekke en einskappe soortgelyk aan al die diere besit.

Ons sien dus hier niks anders as die troonbestyging van die Antichris op aarde.

Die Antichris sal beheer he oor die 10 koninkryke van die ou Romeninse Ryk wat dan ten tye van die middel van die Groot Verdrukking dan niks anders sal wees as die herleefde Romeinse Ryk.

(Op 13:4)  En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer? (Op 13:5) En ‘n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee en veertig maande lank te doen. (Op 13:6)  En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster.

(Op 13:4) "En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer? ": Duiwelaanbidding en aanbidding gerig tot die Antichris sal hoogty vier. Die Antichris sal homself mos "bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is" (2 Thess 2:3; Dan 9:27 ; Mat 24:15 , Op 13:8)

(Op 13:5a) "En ‘n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek"...Hierdie identifiseer die Antichris as dieselfde persoon as van 2 Thess 2:3-10. Net onder die toegelate wil van God word dit toegelaat i.e. die Antichris is die een "wat groot woorde en godslasteringe uitspreek" (Op 13:5), "En 'n  mond wat groot dinge spreek (Dan 7:8),  "En teen die God van die gode sal hy wonderbaarlike dinge spreek" (Dan 11:36)

(Op 13:5b) "en aan hom is mag gegee om dit twee en veertig maande lank te doen" .....dit is die uitgemete tyd toegelaat deur GOD. Die Antichris sal regeer net vir " 'n tyd, tye en 'n halwe tyd"  maw  'n jaar, 2 jaar en 'n halwe jaar = 3.5 jaar (Dan 7:25; 12:7, Op 12:14) = 42 maande (Op 11:2; 13:5) =  1260 dae (Op 11:3; 12:6). Hierdie tyd (3.5 jaar ), die laaste 3.5 jaar van die  Groot Verdrukking is dan die tyd wanneer die Antichris sy oorlog sal uitvoer teenoor "die heiliges (die JODE) en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie (die Gelowiges). (Op 13:7)

(Op 13:6)  En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster.

Die Antichris sal geopenbaar word na die wegraping van die Kerk. Dan sal sy "loopbaan" as vredemaker begin (Op 6:2)  en hy sal daarin slaag om die Israelies - Arabiese probleem "op te los" deur 'n paket van 'n 7 jaar-verbond saam te stel wat die Joode se belange "sal beskerm" (Dan 9:27). Hierdie beskerming sal die nasie instaat stel om die tempel te herbou (die tempel se bou te voltooi?) en die godsdiens-rituele weer in te stel. (Dan 9:27, Op 11:1). In die middel van die 7 jaar periode (Op 10-13) sal die Antichris egter sy verbond verbreek, die offerstelsel in die tempel tot niet maak en homself as god verhef in die tempel (Dan 9:27, 2 Tess 2:3-4). Die Antichris sal teen God optree. Die Antchris sal "sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster" (Op 13:6)

Op 13:7  Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie.

Weereens. net onder die toegelate wil van God sal die Antichris toegelaat word om die "heiliges" (Jode) te vervolg en word hy ook toegelaat om "hulle te oorwin".

Onder die mag en gesag van Satan sal die Antichris voorspoedig wees. Die Antichris sal ontaard in die wreedste militere diktator denkbaar wat die wereld nog ooit gesien het. Die Antichris sal wereldoorheersing nastreef, wat natuurlik nie sal slaag nie, God sal dit nie toelaat nie.

Mat 24:21  Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.

Mat 24:22  En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word.

Gedurende die Groot Verdrukking sal dit die donkerste uur vir Israel wees; twee derdes van alle Jode in Israel sal binne die laaste 3.5 jaar van die 7 jaar Groot Verdrukking vervolg en doodgemaak word (Sag 13:8-9)

Op 13:9  As iemand ‘n oor het, laat hom hoor. Op 13:10  As iemand krygsgevangenes maak, gaan hy in krygsgevangenskap; as iemand met die swaard doodmaak, moet hy met die swaard doodgemaak word. Hier is die lydsaamheid en die geloof van die heiliges.

Dit is niks anders as die vervulling van Jermia 15:2. Hiervolgnes is dit geopenbaar wat die Antichris met die volk van Israel gaan doen; die Antichris gaan hulle vervolg met gevangenskap en met die swaard (oorlog).

Wie is die Antichris?

Rev 13:18  Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig. 

Daar is 'n verband tussed wysheid en verstand
Wie sy denke inspan, vind wysheid en die oplossing

Rev 13:17  sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier (die Antichris) of die getal van sy naam het

"wat die merk" Die Skrif gee geen aanduiding van die merk. Bespiegeling is nodeloos

"naam van die dier" Watter naam gebruik sal word is nie duidelik nie

"getal van sy naam" Dit is wel gegee. Dit is " die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig" (Op 13:18). 

Die ontvang van die getal of nommer van die Antichris is as identifisering met hom.

Dit spreek nie van 'n kredietkaart, bank-sisteem, kontantlose geldstelsel of rekenaars nie,

WANT ALMAL onder die mag van die Antichris het DIESELFDE nommer.

Daar is 22 letters in die Hebreeuse alfabet en in numeriese waarde soos volg: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 20, 30, 40, 50, 60, 70, 80, 90, 100, 200, 300, 400

Elke mens se naam in Hebreeus het dus 'n numeriese waarde.

Wat ookal die naam van die Antichris sal wees, die numeries waarde daarvan sal wees 666.

Omdat 'n nommer van verskillende berekeninge 666 kan ewenaar, is dit ONMOONTLIK on die Antichris se naam vooruit te weet.

Wanneer sal die Antichris kom?

Die komende Antichris sal te voorskyn kom met groot magsvertoon, dit is kragtige dade, tekens en wonders met die uitsluitlike doel om mense te verlei.

Ons weet dat die koms van die komende Antichris 'n verborgenheid is. En die verborgenheid is juis die feit dat die koms van die Antichris teegehou sal word.

Die teenwoordigheid van die Kerk van Jesus Christus op aarde is die teehouer, en na die wegraping van die Kerk op die oomblik en tyd alleen aan God bekend, dan sal die teehouding ophou en dan sal die "wettelose een", die komende Antichris self op aarde geopenbaar word.

2Th 2:5  (5) Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie? (6)  En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word. (7)  Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is; (8)  en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,

"En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word". (2Th 2:6)

Openbaring 7:14 (..die stroom van Martelare uit die groot verdukking..) toon  duidelik dat die Heilige Gees gedurende die Groot Verdrukking nog steeds werksaam is deur saligheid (wedergeboorte) te bewerkstellig onder die mense (Jode en heidene) en vir die rede  kan “wat hom teëhou” (vers 7) nie die Heilige Gees wees nie, maar slegs die KERK.

Met reg dan kan verse 7-8 soos volg verstaan word:

2Th 2:7  (7) Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou (DIE BRUID/KERK), uit die weg geruim (WEGGERAAP) is; (8)  en dan sal die ongeregtige (die ANTICHRIS) geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak

Mat 25:5  En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak.

"die bruidegom talm om te kom" die wederkoms van Christus om sy Bruid (Kerk) te kom haal is totaal onbekend, die dag en datum of tyd is aan niemand anders as God bekend nie.

Rom 11:25  Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het;

"dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het".......die afgeronde getal wat die Bruid (Kerk) sal verteenwoordig is slegs aan God bekend, en...

"die moment wanneer "ie volheid van die heidene ingegaan het" is die moment wanneer die wegraping van die Bruid (Kerk) sal geskied, en....

Daarna....sal die Antichris geopenbaar word / op die toneel verskyn (2 Thess 2:7-8)

2Th 2:7  (7) Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou (DIE BRUID/KERK), uit die weg geruim (WEGGERAAP) is; (8) en dan sal die ongeregtige (die ANTICHRIS) geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak

Opgesom Openbaring 13 dan mbt die Antichris:

Die Antchris is 'n man (Op 13:8)
Hy tree na vore uit die mensdom (Op 13:1)
Hy word heerser oor die 10 koninkryke wat genoem word die herleefde Romeinse Ryk (Dan 7:243-25)
Hy sal die ou Griekse Ryk (die Luiperd) laat herleef (Dan 7:6, Op 13:2)
Hy sal ook die "dierlike" karaktertrekke he van Mede en Perse (die Beer) - (Dan 7:5, Op 13:2) en Babilon (die Leeu) - (Dan 7:4, Op 13:2)
Hy word heerser oor die gebied van die 7 koninkryke / sewe koppe (Op 13:1, Op 17)
Hy ontvang sy krag en mag van Satan (2 Thess 2:4, Op 13:2)
Hy sal aanbid word deur mense (2 Thess 2:4, Op 13:4)
Hy sal sy mag vir 42 maande, 3.5 jaar ontvang (Op 13:5)
Hy is 'n godslasteraar (Op 13:6)
Hy maak oorlog teen die Jode (Heiliges) en Christene (Op 13:7, 14:12-13)
Hy ken net die god van oorlog (Dan 11:38-39, Op 13:4,7)
Hy sien toe onder die invloed van die valse profeet dat die mens die 666 ontvang (Op 13:17-18)

Wat die kinders van God betref: ons is verseker dat gedurende die Kerk bedeling word ons, sal ons, deur die gees van die Antichris teegestaan word.


Hierdie is alles maar 'n voorloper van die eindtyd openbaring van die een enkele persoon, die Antichris.

Die Apostel Johannes het dus ook geskrywe:

1Jn 2:18  Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is.

1Jn 4:2  Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God; 1Jn 4:3  en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard ( met toestemming hiermee opgesom)