Monday 19 January 2015

Openbaring #26: Openbaring 1 (Deel 2): Die tema van die boek Openbaring


Openbaring 1 (Deel 2): Die tema van Openbaring


Op 1:7  Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!

Die vers gee ons die tema van Openbaring....die lang verwagte wederkoms van Jesus Christus!

Ons het dus Sy belofte dat hy weer gaan kom: naamlik die troos en hoop van die gemeentes.

Die boek Openbaring sluit dan ook af met die tema (Op. 22:20).

Op 22:20  Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus!

Openbaring gee aan ons deur tekens met betekenisse, dus 'n insig oor
a) gebeure tot op die wederkoms,
b) gebeure wat plaasvind tydens die wederkoms, en
c) gebeure wat volg op die wederkoms van Jesus Christus.

Die boek Openbaring verloop chronologies, on orde! Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;

The divisies van Openbaring behels die;
Sewe seels
Sewe basuine
Sewe wraakskale
Sewe oordele
Sewe nuwe dinge

Benewens die divisies is daar verskeie parentetiese gedeeltes wat die reekse oordele onderbreek en meer inligting of detail gee.

Die struktuur van Openbaring behels;
Inleiding en groete (Op 1: 1-8)
Die dinge wat jy (Johannes) gesien het (Op 1:9-20)
Die dinge wat is (Op 2-3)
Die dinge wat gaan gebeur (Op 6:1 - 18.24)
Die wederkoms van Jesus Christus (Op 19:1 - 20:3)
Die Messiaanse koninkryk (Op 20:4 - 20:15)
Die nuwe en ewige orde (Op 21:1 - 22:9)
Die beloftes en laaste waarskuwings (Op 22: 10 - 22:21)

Daar is geen rede hoekom Openbaring as nie-chronologies gebeure te wil beskou nie.

Ook in Openbaring self is daar geen uitspraak wat daarop aandui dat die gebeure nie in 'n tydorde plaasvind nie.

Inteendeel, ons lees juis dikwels: "En na hierdie dinge..." (Op 4:1;  7:1,9; 18:1; 19:1).

Outeursreg (C) 2011 Raymond D Lombard

Hierdie dan 2/5 mbt Openbaring 1:

Die inleiding tot Openbaring: Lees hier
Die tema van Openbaring: Hierdie skrywe

Volgende: Die groete aan die 7 Gemeentes: Lees hier

No comments: