Tuesday 30 December 2014

Openbaring #22: Die ontleding en verstaan van 'n antichris gees vs vandag se "antichriste"

Die boek Openbaring mbt verstaan van die komende Antichris

Om die ontleding te verstaan wat die Woord oor die komende Antichris openbaar, moet ons in alle gevalle die onderskeid kan maak tussen die betekenis en verstaan van 1) 'n antichris gees, 2) die baie antichriste vandag, en 3) Die komende Antichris.

Die antichris gees: 

Dit is eintlik eenvoudig. Enige gees teen die gees van Christus is 'n antichris gees. Die antichris gees (van die komende Antichris) is al aan die werk as ware van "dag een" af.

1Jn_4:3  en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld. 

Die baie antichriste vandag:

1Jn_2:18  Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is
Enige antichris kan niks anders wees as 'n persoon wat 'n antichris gees uitleef, verkondig en/of aanhang. Die mate en hoeveelheid van diesulkes is juis dan volgens Johannes die aanduiding dat die laaste uur aan aanbreek is. 

1Jn_2:22  Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën. 

2Jn_1:7  Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris
.

Vandag verseker word baie (die Pous ens.) VERKEERDELIK uitgewys as die komende Antichris vandag geopenbaar.

Weet dit:   

2 Thess 2:7-8  (7) Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou (DIE BRUID/KERK), uit die weg geruim (WEGGERAAP) is; (8)  en dan sal die ongeregtige (die ANTICHRIS) geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak.

Sien dan ook meer oor die komende Antichris Lees hier

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard ( met toestemming hiermee opgesom)

Monday 22 December 2014

Openbaring #21: Die koninkryk van die hemele in verborgenheid


Die boek Openbaring mbt die verborgenheid van die koninkryk van die hemele.

Die koninkryk van die hemele in verborgenheid

Beide  die  Ou  Testament  en  Nuwe  Testament  spreek  van  die koninkryk van God. Die basiese betekenis van die koninkryk van God is "God se heerskappy." Dit is die sfeer van die soewereine heerskappy van God. God het die reg om te regeer, daar is die sfeer van God se regering en die realiteit van God se regering of heerskappy waar Hy met koninklike gesag en outoriteit heers.

In die Evangelies word die terminologie "koninkryk van die hemele" en "koninkryk van God" as wisselvorme gebruik (vergelyk Mattheus 4:17 en Markus 1:15; Mattheus 8:11 en Lukas 13:28;  Mattheus  13:11 en Markus 4:11). Omrede Mattheus sy Evangelie hoofsaaklik  aan die Jode gerig het, het hy die formule "koninkryk van God" nie  algemeen aangewend   nie.  Vandaar   Mattheus   se  gebruik   om  “God”  meestal  met “hemele” te vervang.

Die koninkryksleer is in die Bybel veelvlakkig bekendgestel. In totaal is daar vyf fasette. Vier van die vyf fasette is reeds bekend in die Ou Testament; die vyfde faset is die verborgenbeid wat nou eers in die NuweTestament geopenbaar is.

Kortliks dan die vier fasette bekend in die Ou Testatment:

Universele / ewige koninkryk: Dit is God se soewereine heerskappy oor sy ganse skepping. Als kom tot stand deur God se direkte of toegelate wil.

Geestelike koninkryk: Dit verwys na die heerskappy van God in die hart van ‘n gelowige. Dit is saamgestel uit gelowiges deur die ganse menslike geskiedenis. Die geestelike koninkryk sluit in alle gelowiges van die Ou Testament. Die Kerkbedeling, sowel as gelowiges na die wegname van die Kerk.

Die teokratiese koninkryk: Dit verwys na GOD se heerskappy oor Israel. Dit het sy begin by die berg Sinai met die wet van Moses wat dien as die konstitusie van die teokratiese koninkryk. Dit skrifte mbt die teokratiese koningkryk strek vanaf Exodus 19 en eindig met 2 Kronieke 26. Die skrifte bevat in die periode al die geskiedenis van die teokratiese koninkryk.

Die Messiaanse koninkryk: Die koningkryk of anders dan die duisendjaar-vredesryk is die letterlike, aardse koninkryk wat op aarde gevestig sal word. Die Messias sal oor Israel en die heiden nasies regeer, vanaf die troon van Dawid in Jerusalem. Johannes die Doper het die koninkryk verkondig (Mat 3:1-2), Jesus Christus het die koninkryk vir Israel aangebied maar die Joodse leiers het dit in Mattheus 12 verwerp. Die aanbieding is dus teruggeneem van daardie geslag. Menslik gesien, is dit uitgestel, vanuit ‘n Goddelike perpektief, is dit deel van die Goddelike plan. Hierdie koninkryk sal weer aangebied word gedruende die dae van die Groot Verdrukking, wat die Jode dan gaan aanvaar. Die Messiaanse koninkryk sal dan opgerig word.

Dan die vyfde faset:  Die koninkryk van die hemele in verborgenheid

Hierdie vyfde faset van die koninkryk is die enigste van die vyf fasette wat nie in die Ou Testament geopenbaar is nie; dit is eers as verborgenheid in die Nuwe Testament geopenbaar.

Die bekendmaking van die koninkryk van die hemele in verborgenheid het gekom as gevolg van die ]ode se verwerping van die Messiasskap van Christus. Daarom het Jesus 'n voortsetting van die aanbieding van die Messiaanse koninkryk gestaak. Die volk is in bepaalde plekke getoets, plekke soos Kapernauim, Betsaida, en so meer (Matt.11:20-24), waar die verworpe Koning die Een word wat verwerp.

Die verborgenhede van die koninkryk van die hemele ontvou in die gelykenisse van Mattheus 13. Hierdie koninkryke het begin by die verwerping van Jesus Christus as die Messias (Mattheus 12-13) en dit eindig met die aanvaardiging van die Messiasskap van Jesus deur Israel (Mattheus 24-25, Sagria 12). Die koninkryk in verborgenheid sluit die tydvak in vanaf Mattheus 13 tot Johannes 20; dit sluit ook die hele Kerk-era in (Johannes 20 tot Openbaring 3), sowel as die Groot Verdrukking (Openbaring 6 tot Openbaring 19). Die koninkryk in verborgenheid beslaan dus die totale tydperk vanaf Mattheuis 13 tot en met die einde van die Groot Verdrukking.

'n Gelowige in die Kerk-era is dus in die geestelike koninkryk van God sowel as in die koninkryk in verborgenheid.

Die woord "Christendom" beskrywe en definieer die koninkryk van die hemele in verborgenheid. Die term "Christendom" verwys na oral in die wereld waar die geloof in Jesus bevestig word, reg of verkeerd, hetsy ortodoks, in dwaalleer, evangelies of Protestants.

Die koninkryk in verborgenheid in sy huidige vorm of gestalte vind uitdrukking as die Christendom. Hierdie term is die beskrywendste van die aard en wese van die koninkryk soos dit nou daar uitsien.  Daarom vind  ons  in  die  gelykenisse  van  Mattheus  13: gereddes  en  ongereddes, gelowiges en ongelowiges, die goeie saad en die onkruid naas mekaar, as saambestaande,  juis omdat  die koninkryk  in verborge  vorm  is. Hierdie huidige   bedeling   van   die   Christendom   of   verborgenheid van   die koninkryk van die hemele is dan tekenend van hoe die koninkryk tans daar uitsien. Om in die sfeer van die Christendom te wees beteken nog glad nie om gered te wees of saligheid deelagtig te geword het nie. Die ware gelowige is die een wat deur wedergeboorte   in die geestelike koninkryk ingegaan het en saligheid deelagtig geword het. Die ganse sfeer van die Christelikheid, of beter beskrywend, die Christendom, is dan die koninkryk in verborgenheid. Die koninkryk sal so voortduur tot en met die wederkoms van Jesus Christus

Die koninkryk in verborgenheid moet dus onderskei word van die ander vier fasette van die koninkryk omdat:

•      die koninkryk in verborgenheid nie dieselfde is as die universele of ewige koninkryk nie. Die koninkryk in verborgenheid is beperk in tyd, die universele koninkryk nie;

•      die koninkryk in verborgenheid nie dieselfde is as die geestelike koninkryk nie, omrede die koninkryk in verborgenheid gelowiges sowel as ongelowiges bevat, wat nie die geval met die geestelike koninkryk is nie;


•        die koninkryk in verborgenheid nie dieselfde is as die teokratiese koninkryk nie, want dit sluit nie God se heerskappy oor Israel in nie;

•        die koninkryk in verborgenheid nie dieselfde is as die Messiaanse koninkryk nie, omdat Jesus nie oor die koninkryk regeer vanuit Jerusalem nie; en

•        die koninkryk in verborgenheid nie dieselfde as die Kerk is nie. Die Kerk is wel binne-in die koninkryk in verborgenheid, omdat daar gelowiges daarin is; die Kerk is die koring, en sluit die skat en die perel in (sien die gelykenisse in Mattheus 13), maar dit is nie die totaliteit daarvan nie.

Die Kerk is dus 'n deel of aspek van die koninkryk in verborgenheid, sowel as 'n aspek van die geestelike koninkryk, maar dit is nie die totaliteit van die koninkryk in verborgenheid nie.

Die probleem waarop die profete van ouds geen lig kon werp nie, is wat sou gebeur in die tydvak tussen die verwerping van die Koning en sy wederkoms. Die verborgenhede (geheimenisse) van die koninkryk van die hemele (Matt. 13) bied die antwoord. Jesus Christus sou later in Mattheus 16 nog 'n voorheen verborge doelstelling van God bekend maak: Ek sal my gemeente {Engels: Church) bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard (met toestemming hiermee gegee)

                 

Openbaring #20: Die groot parentese gaping (Die Kerk-era)


Die boek Openbaring mbt die verborgenheid van die koninkryk van die hemele.

Die groot parentese gaping:


Die periode tussen die nege-en-sestigste en sewentigste profeties week van Daniel noem ons die profetiese parentese of die verborgenheid van die koninkryk van die hemele.

Dat daar 'n verborgenheid in die Ou Testament was, is nie te betwyfel nie. 'n noukeurige ondersoek van die Ou Testament sal dit aan die lig bring (Jes. 9:5-6). Dit verwys na Christus se geboorte, en dan lees ons op die troon van Dawid. Hier sien ons die vredesryk onmiddellik na die geboorte (Jes 11:1- 9).

Ons het hier geen melding van die huidige Kerk-era wat die Groot Verdrukking en duisendjaar-vredesryk voorafgaan nie. Hierdie verborgenheid vir die Ou Testamentiese profete is aan die Nuwe Testamentiese apostels geopenbaar (Matt. 13:11, 17). 

Die verborgenheid, hoewel vermeld deur Jesus, was nog nie volkome aan die apostels voor Jesus se kruisiging geopenbaar nie. Romeine 16:25-26 spreek van die verborgenheid wat eeue lank in die Ou Testamentiese tye verswyg is, maar nou in die Nuwe Testamentiese tyd geopenbaar is.

Later is die verborgenheid volkome aan Paulus, die apostel onder die heidene, deur 'n openbaring gegee (Gal. 1:11- 12; Ef. 1:9-10; 3:1-12). Die Kerk-era dek 'n tydperk vanaf die kruisiging van Christus (Heb. 9:15-17), tot en met die wegraping (1 Kor. 15:23; 51-54; 1Thess. 4:13-17).

Direk na die wegraping sal die 70ste week of Groot Verdrukking 'n aanvang neem.   

Die Ou Testamentiese profesie het 'n onverduidelikte tussenpose ingesluit (Jes. 9:6-7; 11:1-9; 61:1-3; Luk. 4:18-20). Hierdie profetiese gaping, ander ook gestel: die groot parentese gaping, word deur Jesus Christus die verborgenhede van die koninkryk van die hemele genoem (Matt. 13:11.35), wat as 'n geheim bewaar was sedert die wereld begin het, maar nou geopenbaar is as die Kerk volgens die apostels Paulus en Petrus (Ef. 2:11-18; 3:4-10; 1 Pet. 1:10-12).

Die term, "verborgenhede van die koninkryk van die hemele", is die Christendom. Binne die Christendom, wat uit gelowiges en ongelowiges bestaan, vind ons die ware Kerk, die gelowiges wat waarlik wedergebore is.

Tussen die 69ste en 70ste weke, gedurende die tyd van Israel se verwerping, pas die huidige Kerk-periode in (Op 2-3). Dit is waar ons ons dan ook vandag bevind in God se profetiese horlosie.

Eers wanneer die volheid van die heidene ingegaan het (Rom. 11:25), sal die wegraping plaasvind (Op 4:1).

Daarna sal die Here Hom tot Israel wend (Op 6-18), waarna die volk Israel aan die einde van die Groot Verdrukking as 'n nasie gered sal word (Rom. 11:26; Jes. 66:8; Op 19:11-14)

  Sien ook meer oor: Die koninkryk van die hemele in verborgenheid Lees hier

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard (met toestemming hiermee gegee)


Friday 19 December 2014

Sondes wat nooit vergewe word nie


Die onvergeeflike sonde (sondaars)

Die Here Jesus sê daar is een genadelose, skrikwekkende en verderflike sonde wat die mens (sondaards) nie vergewe sal word nie. Hierdie daad en sonde skei die mens van God tot in lengte van dae, tot die ewigdurende ewigheid. (Mat 12:31-32). Hierdie onvergeeflike sonde behels die opsetlike, moedswillige lastering teen jou eie beterwete in, waar crimen injuria (karakterskending) teen die Heilige Gees gepleeg word deur ’n volhardende, ongelowige hart. So ’n mens se sonde sal hom nooit in ewigheid vergewe word nie.

Die sonde van verwerping van Jesus (wedergebore Christene)

Dan is daar ook die sonde van die verwerping van Jesus lei nie maar net tot ʼn fisieke dood nie, maar tot die ewige straf of tweede dood, met ander woorde, die hel. Hierdie sonde word gepleeg deur mense wat Jesus Christus voorheen as Saligmaker bely het.  ( Heb 6:4-6; 10:26-31 ) Dit is dus wedergebore Christene wat Jesus verwerp en hulle aan bv die Judaïsme of die Islam of ander gelowe verkleef. Dié gelowiges wat die rug op Jesus keer, Hom verwerp, en die bloed van die testament onrein ag, sal nooit weer deur die Heilige Gees tot bekering gelei word nie.

Vir hulle geld die woord:
Maar ooreenkomstig jou verhardheid en onbekeerlike hart, vergader jy vir jou toorn as ʼn skat in die dag van die toorn en die openbaring van die regverdige oordeel van God (Rom. 2:5). 

Sunday 30 November 2014

Openbaring #19 (Wegraping Deel 3): Wanneer sal die Wegraping plaasvind?

Die boek Openbaring en die Verborgenhede in die Nuwe Testatment mbt:  

Die verborgenheid van die wegrapingsgebeurtenis (Deel 3)


Die Kerk is 'n Ou Testamentiese verborgenheid en as sulks is die wegraping van die Kerk ook vanselfsprekend 'n verborgenheid


Die Kerk, sowel as die wegraping van die Kerk, is dus 'n Nuwe Testatmentiese verborgenheid geopenbaar.

Hierdie dan Deel  3  :  Wanneer sal die Wegraping plaasvind?

The persoon wat die Antichris terughou

Matt. 24:15  Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom—laat hy wat lees, oplet—

2Thess. 2:3-8  Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf  (4)  die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.  (5)  Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie?  (6)  En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word.  (7)  Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is;  (8)  en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,

Gruwel van die Verwoesting, = mens van sonde  = seun van die verderf  = verborgenheid van die ongeregtigheid  = die ongeregtige = die Antichris.

Die kerk kan na verwys word as 'n "man" aangesien die kerk die liggaam van Christus is (Ef. 1:22-23, Kol. 1:28)

Die tyd wanneer die persoon wat die Antichris teehou verwyder sal word

Wanneer sal die Antchris verskyn?

Aan die begin van die 7 jaar Groot Verdrukking?
In die middel van die 7 jaar Groot Verdrukking?

Dan. 9:27  En hy sal een week lank met baie ‘n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar ‘n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word.

'n Verbond sal deur die Antchris vir een week (7 jaar) ook bekend as die Groot Verdrukking, gesluit word.

Die Antchris moet dus aan die begin van die week (7 jaar)  Groot Verdrukking verskyn.

Die orde van professie in die boek Openbaring
Inleiding en groete (Op. 1:1 -8)
Die dinge wat Johannes gesien het (Op. 1:9  -20)
Die dinge wat is (Op. 2 - 3)  Die Kerk Era
Die Wegraping van die Kerk (Op. 4:1 -4)
Die dinge wat gaan gebeur (Op. 6:1 -18:24) , Die Groot Verdrukking
Die sigbare wederkoms van Jesus Christus (Op. 19:1 -20:3), en
Die Messiaanse Koninkryk (Op. 20:4: -20:15), en
Die nuwe en ewige orde (Op. 21:1 -22:9), dan finaal
Beloftes en laaste waarskuwings (Op. 22:10 -22:21)

Die enigste persoon, die enigste man, wat die Antichris teehou, kan alleenlik die Kerk wees wat huidiglik deur die kragtige werking van die Heilige Gees in plek gehou word.

Ná hierdie dinge 

Op 4:1  Ná hierdie dinge het ek gesien kyk, ‘n geopende deur in die hemel, en die eerste stem wat ek soos ‘n basuin met my hoor spreek het, het gesê: Kom op hierheen, en Ek sal jou toon wat ná hierdie dinge moet gebeur.

Na watter dinge?

Na die verloop van vorige gebeure  (Op. 1 - 3)
Na wat Johannes gesien het (Op. 1)
Na die Kerk Era (Op. 2-3)
Na die Wegraping van die Kerk (Op. 4:1)

Die Kerk (die man wat die Antichris teehou) sal weggeraap word voor die begin van die 7 jaar Groot Verdrukking.


Regte (C) 2011 Raymond D Lombard


Die Wegraping van die Kerk kan saamgevat word en in 3 besprekings punte opgesom word:


1) Die leerstelling van die wegraping Lees hier

2) Die wegraping vs die sigbare Wederkoms van Jesus Christrus Lees hier


3) Wanneer sal die Wegraping plaasvind? (Hiermee)

Friday 28 November 2014

Openbaring #18 (Wegraping Deel 2): Die wegraping vs die sigbare Wederkoms van Jesus Christrus

Die boek Openbaring en die Verborgenhede in die Nuwe Testatment mbt:  

Die verborgenheid van die wegrapingsgebeurtenis


Die Kerk is 'n Ou Testamentiese verborgenheid en as sulks is die wegraping van die Kerk ook vanselfsprekend 'n verborgenheid


Die Kerk, sowel as die wegraping van die Kerk, is dus 'n Nuwe Testatmentiese verborgenheid geopenbaar.

Hierdie dan Deel  2  :  Die wegraping vs die sigbare Wederkoms van Jesus Christrus

Die boek Openbaring gee ons antwoorde tov die hiernamaals, die lewe en die dood, die einde van alle dinge, en so ook die klimaks van alle eeue, te wete die sigbare wederkoms van Jesus Christus, die komende oordeel, en die wittroon oordeel oor alle onregverdiges (ongeredde mense).

Die Sigbare Wederkoms.

Matt. 24:29-30 En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word.  (30)  En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.

Op. 19:11-14  Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid.  (12)  En sy oë was soos ‘n vuurvlam, en op sy hoof was baie krone; en Hy het ‘n Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self.  (13)  En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God.  (14)  En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne.

Die Wegraping en die sigbare Wederkoms is twee aparte gebeure, geskei deur die Groot Verdrukking.

Die boek Openbaring gee ons 'n kronologiese siening van die orde van die eindtyd gebeure waarin ons dus kan sien die einde van die Kerk Era (Op. 2-3), dan die Wegraping (Op. 4:1-4), daarna die Groot Verdrukking (Op. 6:1 - 18:24) en aan die einde daarvan, die sigbare wederkoms van Jesus Christus. (Matt. 24:29-30, Op. 19:11 - 14)

Jesus Christus sal verskyn tydens die volgende twee geleenthede

1) Wegraping of te wel Parousia (Jesus se fisiese verskyning); Jesus verskyn onverwags aan hulle wat Hom verwag tot saligheid, en ontmoet hul in die lug (Heb. 9:28). Hulle sal daarna altyd by Hom bly. (1 Thess. 4:17), en

2) Sigbare wederkoms of te wel apokalips of Faneros (Jesus se openbare verskyning); Jesus sal nie in die geheim kom soos wanneer Hy sy Bruid kom haal nie, maar met Jesus se openbaarmaking of sigbaarwording na die Groot Verdrukking, sal Hy aan die hele wereld geopenbaar word as Regter en Koning, SAAM met sy Heiliges. (Sag. 4:4-5, Matt. 24:29-30, Op. 19:11 - 15)

Dit is versker ooglopend dat Jesus se Heiliges (gereddes) in hul verheerlikde liggame tog nie saam met Jesus kan wees nie tensy hul alreeds met Hom verenig was voor sy sigbare wederkoms.

Die verskille tuussen die wegraping en die wederkoms:

Met die wegraping ontmoet die Kerk Christus in die lug. (1 Thess. 4:17)
Met die wederkoms kom Christus tot op die aarde. (Sag. 14:4-5)

Met die wegraping gaan Christus saam met sy Kerk hemel toe. (Joh. 14:2-3)
Met die wederkoms kom Christus na die aarde om 1000 jaar te regeer. (Op. 20: 4-6)

Die wegraping geskied voor die Groot Verdrukking. (2 Thess. 2:6-7, Op. 4)
Jesus se wederkoms geskied na die Groot Verdrukking. (Matt. 24 21-22, 29-30)

Die wegraping sal slieklik en in 'n oogwink wees. (1 Kor. 15:52, 1Thess. 4:16-17, 1 Thess. 5:1-5)
Jesus se wederkoms na die aarde sal sigbaar wees vir almal. (2 Thess. 1:7-9, Matt. 24:30)

Die wegraping is uitsluitlik 'n Nuwe Testamentiese leerstelling. (1 Thess. 4:16-17)
Die wederkoms is 'n Ou testamentiese sowel as 'n Nuwe Testamentiese  leerstlling. (Sag. 4:4-5, Op. 19:11 - 15)

Daarom

Is die Wegraping  (Op. 4:1-4) en die Sigbare Wederkoms van Jesus Christus (Op. 19:11 - 14) twee afsonderlike gebeure wat deur die 7 jaar Groot Verdrukking geskei word. (Op. 6:1 - 18:24)

Die Wegraping is die wederkoms van Jesus VIR sy Bruid

Jesus, as ons hemelse Bruidegom, kom onverwags soos 'n dief in die nag (1Thess. 5:2) om sy bruid te haal. Hy ontmoet haar in die lug en voer haar vinnig na die hemel toe om by Hom te wees. (1Thess. 4:16-17, Joh. 14:2-3)

Die sigbare Wederkoms is die sigbaarwording van Jesus MET sy Bruid

Jesus kom weer en word  aan die hele wereld geopenbaar as die Regter en Koning (2 Thess. 1:7-9, Matt. 24:30). Hy word vergesel deur sy Bruid en ook sy hemelse leerskare (Op. 19:11 - 14) en kom tot op die Olyfberg.(Sag. 14:4-5)


Die Wegraping van die Kerk kan saamgevat word en in 3 besprekings punte opgesom word:


1) Die leerstelling van die wegraping Lees hier

2) Die wegraping vs die sigbare Wederkoms van Jesus Christrus (Hiermee)


3) Wanneer sal die Wegraping plaasvind (Volgende) Lees hier

Wednesday 26 November 2014

Openbaring #17 (Wegraping Deel 1): Die leerstelling van die wegraping


Die boek Openbaring en die Verborgenhede in die Nuwe Testatment mbt:  

Die verborgenheid van die wegrapingsgebeurtenis


Die Kerk is 'n Ou Testamentiese verborgenheid en as sulks is die wegraping van die Kerk ook vanselfsprekend 'n verborgenheid


Die Kerk, sowel as die wegraping van die Kerk, is dus 'n Nuwe Testatmentiese verborgenheid geopenbaar.

Hierdie dan Deel 1  :  Die leerstelling van die wegraping 

Is die Wegraping 'n bybelse leerstelling?


1Thess. 4:16-17 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.  (17)  Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.

Weggevoer; die verskillende vertalings

Grieks; harpazō;  to seize (in various applications): - catch (away, up), pluck, pull, take (by force).
Latyns; rapimuir, from the verb rapio meaning "to catch up" or "take away".
Engels; Rapture is derived from Middle French rapture, via theMedieval Latin raptura ("seizure, rape, kidnapping"), which derives from the Latin raptus ("a carrying off").
Afrikaans; Weggevoer; is derived from the English Rapture, from which the Afrikaans Wegraping is derived.

Weggevoer is ook soortgelyk vertaal as:

Joh. 10:12  vang
Matt. 13:19  roof
2Kor. 12:2  weggeruk
2Kor. 12:4  weggeruk
Hand. 8:39  weggevoer
Matt. 11:12 gryp
Joh. 6:15  gryp

Was die Wegraping 'n verborgenheid?

Vir iets om 'n verborgenheid te wees, moet dit in die Nuwe Testament geopenbaar word en nooit in die Ou Testament  na verwys word nie.

1Kor. 15:51-53  Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,  (52)  in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.  (53)  Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word.

Die verborgenheid van die Kerk is deur Paulus in die Nuwe Testament geopenbaar (Ef. 3:1-12)

Jesus, as ons hemelse Bruidegom, kom onverwags soos 'n dief in die nag (1Thess. 5:2) om sy bruid te haal (Christus se koms VIR sy Bruid i.e. parousia / physical presence). Hy ontmoet haar in die lug en voer haar vinnig weg na die hemel toe om by Hom te wees (1Thess. 4:16-17, Joh. 14:2-3)

Die inhoud van die verborgenheid van die wegraping is dat daar 'n hele geslag gelowiges gaan wees wat die ewigheid sal ingaan sonder om eers deur die poorte van die dood te gaan. Hulle sal nooit ontslaap nie. Dit is NOOIT in die Ou Testament geopenbaar nie.

Sal die Kerk die Groot Verdrukking beleef?

Paulus het nerens in die Nuwe testament enige aanduiding gegee dat die Kerk deur die Groot Verdrukking sou gaan. Inteendeel, Paulus het wel te kenne gegee dat die Kerk van die  toekomstige toorn verlos sal wees.

1Thess. 1:10  en sy Seun uit die hemele te verwag, wat Hy uit die dode opgewek het, Jesus wat ons van die toekomstige toorn verlos.

1Thess. 5:9  Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus

Die toorn is niks anders as die Groot Verdrukking (Matt. 24, 25 Luk. 21, Op. 6)

As die Kerk, die liggaam van Christus, die individuele gelowiges van alle nasies, belowe word dat hul van die troon verlos sal wees, dan is dit ook so dat die Kerk nie deur die Groot Verdrukking sal gaan nie.

Verwysing na die Kerk in die boek Openbaring

Enige verwysing na die Kerk i.e as die "gemeente" koms slegs voor in Hoofstukke 2 -3 (ook slegs een vers verwysing in Hoofstuk 22:16).

Daar is geen verwysing na die Kerk in Hoofstukke 6.1 - 18:24 i.e. die 7 jaar periode van die Groot Verdrukking. Inteendeel verskuif die fokus na Israel.

Daar is in die boek Openbaring dus 'n duidelike onderskeiding in die periodes and hantering van die Kerk en Israel.
1) Die Kerk (Op. 2-3)
3) Die Wegraping van die Kerk (Op. 4:1)
2) Israel (Op. 6:1 - 18:24)

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Hiermee net weer 'n herhaling van my vorige posting (indeling en orde verander)

Die Wegraping van die Kerk kan saamgevat word en in 3 besprekings punte opgesom word:


1) Die leerstelling van die wegraping (Hiermee)

2) Die wegraping vs die sigbare Wederkoms van Jesus Christrus (Volgende) Lees hier


3) Wanneer sal die Wegraping plaasvind (Daarna) Lees hier 

Sunday 23 November 2014

Openbaring #16: Die verborgenheid van die wegrapingsgebeurtenis




Die boek Openbaring en die Verborgenhede in die Nuwe Testatment mbt: 


Die verborgenheid van die wegrapingsgebeurtenis


Die Kerk is 'n Ou Testamentiese verborgenheid en as sulks is die wegraping van die Kerk ook vanselfsprekend 'n verborgenheid


Die Kerk, sowel as die wegraping van die Kerk, is dus 'n Nuwe Testatmentiese verborgenheid geopenbaar.


Paulus het hierdie verborgenheid aangaande die wegraping van die kerk aan die gemeente van Korinte geopenbaar ( 1Kor 15:15-53) Sien ook 1 Thess 4:15-17.


Die Wegraping van die Kerk kan saamgevat word en in 4 besprekings punte opgesom word:

1) Die wegraping vs die sigbare Wederkoms van Jesus Christrus (Volgende) 

2) Die leerstelling van die wegraping (Daarna) 

3) Wanneer sal die Wegraping plaasvind (Dan )

4) Die wegraping en die boek Openbaring (Laastens) 


Chronologies sal ons sien: aan die einde van die Kerkera (Op. 2-3), die wegraping van die Kerk (Op. 4:1), daarna die Groot Verdrukking (Op. 6-19:10) dan , aan die einde daarvan die sigbare Wederkoms van Jesus Christus (Op 19:11).


1Th 5:9 Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus

Volgende dus die Wegraping vs die sigbare Wederkoms van Jesus Christrus. Lees hier

Sunday 16 November 2014

Openbaring #15: Die verborgenheid van die ongeregtigde


Die boek Openbaring en die Verborgenhede in die Nuwe Testatment mbt:

Die verborgenheid van die ongeregtige, die mens van sonde, die seun van die verderf, die teenstaander, die wettelose …..die Antichris!!!

Die verborgenheid wat nie in die Ou Testament bekend was nie, is die feit dat die Antichris teegehou sal word.

Paulus het in sy brief aan die gemeente van Thessalonika bespreek die feit dat die wederkoms van Jesus Christus voorafgegaan sal word deur die verskyning of openbaarmaking van die seun van die verderf, anders genoem die wettelose een, anders dan ook in die toekoms geopenbaar as die Antichris.

2 Thess 2:1-10

Paulus waarsku “Laat niemand julle op enige manier mislei nie……..(vers 3a)

Paulus leer ons van die ongeregtige een, die mens van sonde, die seun van die verderf, die teestander (vers 3b-4a). In die verband weet ons dat Satan alreeds besig is met sy program van onwettigheid wat uiteindelik kulmineer in die verskyning van die wettelose een, die Antichris.

Paulus leer ons wat die ongeregtige gaan doen: Hy gaan hom bo God verhef, hy gaan in die tempel van God sit en voorgee dat hy God is (vers 4b)

Paulus leer ons wanneer die ongeregtige gaan verskyn: “Want die verborgenheid van die ongergtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teehou, uit die weg geruim is, en dan sal die ongeregtige geopenbaar word. (vers 7-8a)

Die Antichris se einde is bestem deur die blote verskyning van Jesus met Sy wederkoms (vers 8)

Die Antichris se verskyning sal wees deur die Satan se werking (vers 9). Ook kom Satan se werking tot reg deur die Antichris wie sal verskyn met groot magsvertoon (kragtige dade, tekens en wonders), alles geinspireer deur die vader van die leun (Joh 8:44).

Die Antichris kom met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan (vers 10)

Die goddelike oordeel word hier voorspel vir die volgelinge van die Antichris, omdat hul die liefde vir die waarheid nie verwelkom nie (vers 11-12)

In 2 Thessalonisense word duidelik die verborgenheid van die ongeregtigheid (Satan se werking van wetteloosheid) wat alreeds aan die werk is. Dit kulmineer in die verskyning van die wettelose een, die Antichris self gedurende die Groot Verdrukking. Die Antichrist sal deur die gelowiges in die middel van die Groot Verdrukking herken word as die wettelose een ( Antichris) wanneer hy homself in die Joodse tempel  sal sit en voorgee dat hy God is.

Antichris aanbidding sal in die tweede helfte van die 7 jaar verdrukking deur die Anitchris afgedwing word. (Op 13) Baie mense op aarde gaan verlei word deur wonders, tekens en kragtige dade wat die AntiChris gaan doen. As gevolg van die dwaling gaan baie ook dan die getal van die Antichris (666) ontvang (lojaliteit aan die Antichris) (Op 14:16-18) Dit verseker en verseel egter hul plek in die poel van vuur (hel) wat brand met vuur en swawel (Op 16:9-11).

Die wat die teken 666 weier om te aanvaar sal daardeur boet met hul lewens (die Martelare).

Oor die Martelare se die Woord die volgende “En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.  (Op 20:4)

In Op 7:13-17 lees ons van die Martelare wat as bloedgewastes deur die Lam voor die troon van God staan en verder verduidelik word as “hulle wat die stroom van gestorwenes is,  ’wat aan kom is’ vanuit die Groot Verdrukking”.

Openbaring 7 (..stroom van Martelare uit die groot verdukking..) toon dus duidelik dat die Heilige Gees gedurende die Groot Verdrukking nog steeds werksaam is deur saligheid (wedergeboorte) te bewerkstellig onder die mense (Jode en heidene).

Vir die rede  kan “hy wat nou teehou” (vers 7) nie die Heilige Gees wees nie, maar slegs die KERK

Met reg dan kan verse 7-8 soos volg verstaan word:

(6) En nou, julle weet wat hom teëhou (GEMEENTE/KERK), sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word. (7) Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is (WEGGERAAP) (8) en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,

 Al is “hy wat nou teehou” (die KERK) uit die weg geruim (2 Thess 2:7), en al doop die Heilige Gees  nie meer in ligaam van Christus (1 Kor 12:13) in die dae van die Groot Verdrukking nie ( wat die spesifieke bediening is vir die Kerk alleen), sal die Heilige Gees steeds voortgaan in Sy werk van wedergeboorte en verseeling (Joh 3:3-7, Ef 1:13-14, 2 Kor 1:21-23).

Volgende:  Die verborgenheid van die wegrapings gebeurtenis Lees hier

Lees gerus 1Kor 2:6 - 3:3, 4:6 waarin Paulus afsluit met die waarskuwing vir "die geestelike mens" om te bly in die geskrewe Woord: bestudeer dit en verstaan dan dit wat God beplan vir hierdie dispensasie of eeu.


Thursday 13 November 2014

Openbaring #13: Die verborgenheid van Israel se vertroosting maw Israel se toekoms


Die boek Openbaring en die Verborgenhede in die Nuwe Testatment mbt:


Die verharding van Israel…… (Afgehandel die lesing oor Israel se verlede) nl:...
 

Israel se verwerping Rom 9:1-29 Lees hier
Wie is die Joide wat glo? Lees hier
  
Israel se verwerping verduidelik Rom 9:30 – 10:21 Lees hier


Ook afgehandel: Die verharding van Israel…… (Die lesing oor Israel se HEDE)


Israel se internationale verstrooing weens ongeloof Rom 11 : 1-15 Lees hier


Nou laastens: Israel se eindtydse herstel in hul eie land (Die lesing oor Israel se TOEKOMS)


Rom 11: 16-32
Weereens om beter te verstaan kan hierdie gedeelte in nog 2 ondeskeie onderafdelings bespreek word.


1) Rom 11:16-24: Paulus gebruik die illustrasie van die Olyfboom. Die Olyfboom is Israel se boom en bly die basis tot die Abrahamiese verbond en seeninge asook die volk Israel se toekomstige saligheid. Israel of te wel die Jode, of die Joodse volk, word dan as sulks voorgestel deur die natuurlike olyftakke, die heidene andersins as die wilde olyftakke. Die boom verteenwoordig dus die plek van geestelike seeninge waarvan beide die Joodse gelowiges en die heidense gelowiges nou deelagtig is.


Die verse handel uitsluitlik oor die nationaliteit van Jode en heidene, nie individuele saligheid nie en beide Jode of heidene kan van die plek van seeninge verwyder word.


Die boom bly uiteraard die boom van Israel en Israel sal volgens Paulus wel weer ingeent word, want God is magtig om dit te doen. Israel sal dus wel weer as ‘n volk ingeent wees en die geestelike seeninginge ontvang wat dit toekom.


2) Rom 11: 25-32: Paulus behandel die verborgenheid wat in vers 25 beskryf word. Eerstens is die verharding van Israel gedeeltelik (daar sal ‘n oorblyfsel wees). Tweedens is die verharding van Israel tydelik. (totdat die volheid van die heidene ingegaan is). Hierdie verborgenheid is nie in die Ou Testament geopenbaar nie, maar wel eers in die Nuwe Testament. Wanneer die volle getal van die heide ingegaan is (net God weet wanneer) , dan sal die die hele Israel (die oorblyfsel) gered word; daar sal verseker wel ‘n toekomstige nationale saligheid van Israel plaasvind.


Dit gebeur dan aan die einde van die Groot Verdrukking (aan die einde van die 70ste week van Daniel).


Intussen is Israel (die verharde deel) se stand een van wat die evangelie teenstaan: Israel is vyande terwille van julle ( die gelowiges van Jesus Christus).


Paulus sluit die gedeelte af met die volgende / beroemde lofsang: Rom 11:33-36


O, DIEPTE van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë! (34) Want wie het die gedagte van die Here geken, of wie was sy raadsman gewees? (35) Of wie het eers iets aan Hom gegee, dat dit hom vergeld moet word? (36) Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.


Hierdie dan nog steeds ten doel om te deel dat die KERK NIE ISRAEL VERVANG NIE

Openbaring #12: Die verborgenheid van Israel se vertroosting maw Israel se hede

Die boek Openbaring en die Verborgenhede in die Nuwe Testatment mbt:


Die verharding van Israel…… (Afgehandel die lesing oor Israel se verlede) nl:...

Israel se verwerping Rom 9:1-29 Lees hier

Wie is die Jode wat glo? Lees hier

Israel se verwerping verduidelik Rom 9:30 – 10:21 Lees hier 



Nou:


Die verharding van Israel…… (Die lesing oor Israel se HEDE)
maw. Israel se internasionale verstrooing weens ongeloof Rom 11: 1-15


Weereens om beter te verstaan kan hierdie gedeelte in 2 ondeskeie onderafdelings bespreek word.


1) Rom 11:1-10: Paulus, self ‘n Israelliet uit die nageslag van Abraham, uit die stam van Benjamin stel dit vir seker dat God Israel nie verstoot het nie. Soos daar in die dae van ELia ‘n oorblyfsel van die volk van Israel was, so sal daar in die teenswoordige tyd ook ‘n oorblyfsel van die volk van Israel wees (TERWYL die ander uit Israel verhard sal wees en bly).


2) Rom 11: 11-15: Paulus stel die doel van Israel se struikeling. Saligheid sou en het tot die heidene gekom en Israel is nou jaloers. Tans, vandag is daar slegs ‘n klein gedeelte (‘n oorblyfsel) van Israel wat GLO, in die toekoms egter sal daar ‘n internasionale saligheid van Israel wees vir die volk as geheel.


Israel se struikeling bring saligheid vir die heidene, en die saligheid van die heidene bring weer saligheid vir die Jode te voorskyn.


Volgende: Israel se toekoms nl. Israel se eindtydse herstel in die Beloofte Land Rom 11:16-24 Lees hier


Hierdie dan nog steeds ten doel om te deel dat die KERK NIE ISRAEL VERVANG NIE


Nog steeds dan Outersreg van: Raymond D Lombard (met toestemming)

Openbaring #11: Die verborgenheid van Israel se verwerping verduidelik

Die boek Openbaring en die Verborgenhede in die Nuwe Testatment mbt:


Die verharding van Israel…… (nog steeds deel van die lesing oor Israel se verlede)...


Alreeds bespreek : Israel se verwerping Rom 9:1-29 Lees hier

Wie is die Jode wat glo? Lees hier


Nou dan: Israel se verwerping verduidelik Rom 9:30 – 10:21


Weereens om beter te verstaan kan hierdie gedeelte in 4 ondeskeie onderafdelings bespreek word.


1) Rom 9:30 -33: Israel het probeer maar ook gefaal in die doel OM DEUR WERKE geregtigheid te verkry. In teenstalling daarme verduidelik Paulus dat die heidene ( nie Jode) dit verkry DEUR DIE GELOOF ( nie deur werke nie).


2) Rom 10: 1-11: Paulus bespreek hier sy begeerte dat Israel gered word. Israel bly egter in gebreke om onderskeid te maak tussen wettiese geregtigheid en geregtigheid deur die geloof. Israel is onkundig mbt “geloof in Christus” en Paulus stel dit duidelik dat die doel van die Wet nooit die wyse van saligheid was nie.


3) Rom 10:12-13: Paulus beklemtoon dat daar geen verskil is tussen Jood en nie-Jood. Die HERE is tog HERE van almal en saligheid wat dus vrylik beskikbaar is, is van toepassing op Jood en Griek. Wie ook al die naam van die Here aanroep , sal gered word.


4) Rom: 10:14-21 Die Jode is onkundig oor die universele verkondiging van die Evangelie. Om die naam van die Here aan te roep, moet jy glo. Om te kan glo moet jy die evangelie hoor. Die evangelie kan nie gehoor word sonder prediking nie. Daar moet iemand geroep word om prediking te gee.


Israel het gehoor, hoor vandag nog , maar kies om in gebreke te bly om daarop te reageer.


Die Ou Testament het dit vooruitgesien en geprofeteer dat die die boodskap na die heidene sou gaan en dat baie van die heidene sou glo en gered word.


Volgende:

Israel se verstroosting tov die hede Rom 11:1-15 Lees hier
Israel se vertroosting van Israel tov die toekoms Rom 11: 16-32  Lees hier

Hierdie dan nog steeds ten doel om te deel dat die KERK NIE ISRAEL VERVANG NIE

Openbaring #10b: Die verborgenheid van Israel se verwerping: Wie is die Jode wat GLO?

Die boek Openbaring en die verborgenhede in die Nuwe Testament mbt:


Die verharding van Israel .....vervolg...


1) Israel se verlede: Israel se roeping en vestiging in die Beloofde Land


Meer hieroor: Verwys "gelowige Jode wat GLO "


Verwys "gelowige Jode" na die Jode wat Jesus as Verlosser aanvaar?... 'n vraag gevra...


Die Antwoord..


Ons moet eerstens "gelowiges"onderskei as volg:


Heb 12:22-24 Maar julle het ’n berg Sion genader en ’n stad van die lewende God, hemelse Jerusalem, en tienduisende engele, 23 in algemene vergadering, en die gemeente van die eersgeborenes, wat in die hemele opgeskryf is, en God, die Regter van almal, en die geestelike lewens van regverdiges wat tot volmaaktheid gebring is, 24 en Jesus, die middelaar van ’n nuwe verbond, en die bloed van die besprinkeling, wat op ’n beter wyse as Abel se bloed spreek.


In die teks bo word daar na twee groepe verwys:


Die "gemeente van eersgeborenes": Dit is dan alle gelowiges wat na die kruisiging van Jesus in Hom ontslaap het (waarlik wedergeborenes), wie almal deel is van die ligaam van Christus, almal saam die bruid van Christus is, wat almal Nuwe Testamentiese gelowiges is. Hulle is die ware gemeente (Kerk) bestaande uit die totale groep verlostes wat almal na die opstanding van Jesus Christus uit die dood tot een ligaam gedoop is deur een Gees (1 Kor 12:13, Joh 20:22)


1 Kor 12:13 Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge.


Open 19:7 -9 Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak. 8 En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges. 9 Toe sê hy vir my: Skryf — salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: Dit is die waaragtige woorde van God.


Die vrou van die Lam is die Kerk, die Bruid, die ligaam van Christus


Die genooides na die bruilofsmaal van die Lam is onder andere die Ou Testamentiese Heiliges en ook die Martelare vanuit die Groot Verdrukking (later meer hieroor tydens Openbaring lesings)


Dan derdens:


Die oorblyfsel ( my verwysing dan na die fisieke geslag vanuit Israel wat GLO) is niks anders as die ware oorblyfsel van Israel, die Jode aan die einde van die Groot verdrukking wat tot redding kom, wat ook bekend is as die nasionale wedergeboorte van Israel (Lev 26:40-43, Matt 23:37-39).


Daar kom dus n nasionale belydenis van Israel se sonde en 'n smeking vir die verskyning van die Messias aan die einde van die Groot Verdrukking.


Dit lei tot die redding van die oorblyfsel van Israel, wat 'n vervulling sal wees van Rom 11:25-27 (later meer hieroor tydens Openbaring lesings)


Volgende nog steeds Israel se verwerping verduidelik (Rom 9:30-10:21) Lees hier

Openbaring #10: Die verborgenheid van Israel se verwerping

Die boek Openbaring en die verborgenhede in die Nuwe Testament mbt:


Die verharding van Israel...vervolg...


Israel se 4000 lange bestaan kan saamgevat word as


1) Israel se verlede: Israel se roeping en vestiging in die Beloofde Land


Meer hieroor. Onthou dat dit slegs opsommend is. Vra gerus vir meer detail....


Rom 9:1-29
Rom 9 word beter verstaan deur dit in die volgende drie onderafdelings te verdeel:


1) Rom 9:1-5
Paulus bespreek sy eie droefheid (sy eie gewete en die Heilige Gees dra saam getuienis), en


Dan ook die volk Israel se voorregte (aanneming tot kinders, heerlikheid, verbonde, ere dienste, die Wet, Messiaanse beloftes, aards Vaders, Abraham, Isak en Jakob, en Christus die Messias self)


2) Rom 9:6-13
Paulus bespreek Israel se verwerping van die Messias in die lig van Bybel geskiedenis


Daar is Israel as 'n geheel: Alle Jode (nageslag van Abraham, Isak en Jakob)


Dan ook die oorblyfsel: minderheid van Joodse volk (die gelowiges, die wat GLO)


Na gelang van die illustrasies: a) Ismael en Isak en (b) Jakob en Esau:


i) God se Woord faal nooit,
ii) geestelike seëninge kom slegs deur 'n fisieke geslag wat GLO
iii) geestelike seëninge kom deur die gaande en wil van God,
iv) die beloftes is vir beide die fisiese geslag en geestelike Jode (albei komponente is nodig)


Die KERK VERVANG NIE ISRAEL NIE


Die oorblyfsel van Israel het die beloftes verkry, terwyl die res van Israel dit nie ontvang nie.


Dan


3) Rom 9:14-29


Paulus bespreek die verwerping van Israel in die lig van Bybelse gebeure


i) God is en bly regverdig: God skenk genade aan wie Hy wil (Sy wil is om genade se gee aan die van Israel wat GLO)
ii) waarom verwyt God nog, want wie het Sy wil verstaan?


Duidelik is dit dat Israel se verwerping van die Messias het God nie onverhoeds betaal nie (Dis deel van God plan)


As gevolg van Israel se verwerping van die Messias, word God se genade uitgebrei na die heidene (ons), nie tot uitsluiting van die Jode, aangesien daar steeds 'n oorblyfsel gelowige Jode is.


Volgende

Wie is die Jode wat glo? Lees hier

Israel se verwerping verduidelik (Rom 9:30-10:21) Lees hier


Outeursreg: Raymond D Lombard (met toestemming)

Openbaring #9: Die verborgenheid van die verharding van Israel

Die boek Openbaring en die verborgenhede in die Nuwe Testament mbt:


Die verharding van Israel......


Israel se 4000 lange bestaan kan saamgevat word as


1) Israel se verlede: Israel se roeping en vestiging in die Beloofde Land


2) Israel se hede: Israel se internasionale verstrooing weens ongeloof


3) Israel se toekoms: Israel se Eindtyd herstel.


*[[Rom 11:25]] Afr1953* Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het;


*[[Rom 11:26]] Afr1953* en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend;


Om die verborgenheid van Israel beter te bestaan moet Romeine 9-11 in geheel bestudeer word.


Volgende dus meer in detail:


Israel se verwerping (volgende):  Rom 9:1-29 Lees hier
Wie is die Jode wat glo?  Lees hier

Israel se verwerping verduidelik (daarna):  Rom 9:30- 10:21 Lees hier

Israel se verstroosting / Israel se hede (daarna):  Rom 11:1-15 Lees hier

Israel se verstroosting / Israel se toekoms (laaste):  Rom 11:16-36 Lees hier

Hierdie dan veral ten doel om te deel dat KERK NIE ISRAEL VERVANG NIE

Openbaring #8: Wat is die verborgenhede in die Nuwe Testament geopenbaar


Die boek Openbaring en die verborgenhede in die Nuwe Testament geopenbaar...

Die woord "verborgenheid" is baie belangrik in die uitleg van die sistematiese teologie rakende Eskatologie (leer van die Eindtyd) en Esklesiologie (leer van die Kerk)...


Al die verborgenhede het aldus direk of indirek betrekking tot die Kerk leer en die twee leer stukke.


Lees gerus 1Kor 2:6 - 3:3, 4:6 waarin Paulus afsluit met die waarskuwing vir "die geestelike mens" om te bly in die geskrewe Woord: bestudeer dit en verstaan dan dit wat God beplan vir hierdie dispensasie of eeu.

Openbaring #7: Het jy 'n wederkoms verwagting?



Openbaring is 'n geopende boek waarin God sy planne en sy doel vir Sy Kerk, die gemeente openbaar.


Nadat Daniel sy professie klaar geskryf het, is hy beveel om die woorde geseël te hou en die boek te verseël....


Johannes is egter die teenoorgestelde beveel (Op20:10)


Die rede?


Die koms van Jesus Christus het die laaste dae ingelui (Heb1:1-2) en


Die tyd is op hande, naby (Óp1:3, 22:10)


Het jy 'n Wederkoms verwagting?


*[[2Ti 4:8]] Afr1953* Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in dié dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat sy verskyning liefgehad het.