Die boek Openbaring mbt die verborgenheid van die koninkryk van die hemele.
Die koninkryk van die hemele in verborgenheid
Beide die
Ou Testament en
Nuwe Testament spreek
van die koninkryk van God. Die
basiese betekenis van die koninkryk van God is "God se heerskappy."
Dit is die sfeer van die soewereine heerskappy van God. God het die reg om te
regeer, daar is die sfeer van God se regering en die realiteit van God se
regering of heerskappy waar Hy met koninklike gesag en outoriteit heers.
In die
Evangelies word die terminologie "koninkryk
van die hemele" en "koninkryk
van God" as wisselvorme gebruik (vergelyk Mattheus 4:17 en Markus
1:15; Mattheus 8:11 en Lukas 13:28;
Mattheus 13:11 en Markus 4:11).
Omrede Mattheus sy Evangelie hoofsaaklik
aan die Jode gerig het, het hy die formule "koninkryk van God" nie
algemeen aangewend nie. Vandaar
Mattheus se gebruik
om “God” meestal met “hemele”
te vervang.
Die
koninkryksleer is in die Bybel veelvlakkig bekendgestel. In totaal is daar vyf
fasette. Vier van die vyf fasette is reeds bekend in die Ou Testament; die
vyfde faset is die verborgenbeid wat nou eers in die NuweTestament geopenbaar
is.
Kortliks
dan die vier fasette bekend in die Ou Testatment:
Universele / ewige koninkryk: Dit is God se soewereine heerskappy oor sy
ganse skepping. Als kom tot stand deur God se direkte of toegelate wil.
Geestelike koninkryk: Dit verwys na die heerskappy van God in die
hart van ‘n gelowige. Dit is saamgestel uit gelowiges deur die ganse menslike
geskiedenis. Die geestelike koninkryk sluit in alle gelowiges van die Ou
Testament. Die Kerkbedeling, sowel as gelowiges na die wegname van die Kerk.
Die teokratiese koninkryk: Dit verwys na GOD se heerskappy oor Israel.
Dit het sy begin by die berg Sinai met die wet van Moses wat dien as die
konstitusie van die teokratiese koninkryk. Dit skrifte mbt die teokratiese
koningkryk strek vanaf Exodus 19 en eindig met 2 Kronieke 26. Die skrifte bevat
in die periode al die geskiedenis van die teokratiese koninkryk.
Die Messiaanse koninkryk: Die koningkryk of anders dan die
duisendjaar-vredesryk is die letterlike, aardse koninkryk wat op aarde gevestig
sal word. Die Messias sal oor Israel en die heiden nasies regeer, vanaf die
troon van Dawid in Jerusalem. Johannes die Doper het die koninkryk verkondig
(Mat 3:1-2), Jesus Christus het die koninkryk vir Israel aangebied maar die
Joodse leiers het dit in Mattheus 12 verwerp. Die aanbieding is dus teruggeneem
van daardie geslag. Menslik gesien, is dit uitgestel, vanuit ‘n Goddelike
perpektief, is dit deel van die Goddelike plan. Hierdie koninkryk sal weer
aangebied word gedruende die dae van die Groot Verdrukking, wat die Jode dan gaan
aanvaar. Die Messiaanse koninkryk sal dan opgerig word.
Dan die
vyfde faset: Die koninkryk van die hemele in verborgenheid
Hierdie
vyfde faset van die koninkryk is die enigste van die vyf fasette wat nie in die
Ou Testament geopenbaar is nie; dit is eers as verborgenheid in die Nuwe
Testament geopenbaar.
Die bekendmaking
van die koninkryk van die hemele in verborgenheid het gekom as gevolg van die
]ode se verwerping van die Messiasskap van Christus. Daarom het Jesus 'n
voortsetting van die aanbieding van die Messiaanse koninkryk gestaak. Die volk
is in bepaalde plekke getoets, plekke soos Kapernauim, Betsaida, en so meer (Matt.11:20-24),
waar die verworpe Koning die Een word wat verwerp.
Die
verborgenhede van die koninkryk van die
hemele ontvou in die gelykenisse van Mattheus 13. Hierdie koninkryke het
begin by die verwerping van Jesus Christus as die Messias (Mattheus 12-13) en
dit eindig met die aanvaardiging van die Messiasskap van Jesus deur Israel
(Mattheus 24-25, Sagria 12). Die koninkryk in verborgenheid sluit die tydvak in
vanaf Mattheus 13 tot Johannes 20; dit sluit ook die hele Kerk-era in (Johannes
20 tot Openbaring 3), sowel as die Groot Verdrukking (Openbaring 6 tot
Openbaring 19). Die koninkryk in verborgenheid beslaan dus die totale tydperk
vanaf Mattheuis 13 tot en met die einde van die Groot Verdrukking.
'n
Gelowige in die Kerk-era is dus in die geestelike koninkryk van God sowel as in
die koninkryk in verborgenheid.
Die woord
"Christendom" beskrywe en definieer die koninkryk van die hemele in verborgenheid. Die term
"Christendom" verwys na oral in die wereld waar die geloof in Jesus
bevestig word, reg of verkeerd, hetsy ortodoks, in dwaalleer, evangelies of
Protestants.
Die
koninkryk in verborgenheid in sy huidige vorm of gestalte vind uitdrukking as
die Christendom. Hierdie term is die beskrywendste van die aard en wese van die
koninkryk soos dit nou daar uitsien.
Daarom vind ons in
die gelykenisse van
Mattheus 13: gereddes en
ongereddes, gelowiges en ongelowiges, die goeie saad en die onkruid naas
mekaar, as saambestaande, juis omdat die koninkryk
in verborge vorm is. Hierdie huidige bedeling
van die Christendom
of verborgenheid van die koninkryk
van die hemele is dan tekenend van hoe die koninkryk tans daar uitsien. Om
in die sfeer van die Christendom te wees beteken nog glad nie om gered te wees
of saligheid deelagtig te geword het nie. Die ware gelowige is die een wat deur
wedergeboorte in die geestelike
koninkryk ingegaan het en saligheid deelagtig geword het. Die ganse sfeer van
die Christelikheid, of beter beskrywend, die Christendom, is dan die koninkryk
in verborgenheid. Die koninkryk sal so voortduur tot en met die wederkoms van
Jesus Christus
Die
koninkryk in verborgenheid moet dus onderskei word van die ander vier fasette
van die koninkryk omdat:
• die koninkryk in verborgenheid nie
dieselfde is as die universele of ewige koninkryk nie. Die koninkryk in
verborgenheid is beperk in tyd, die universele koninkryk nie;
• die koninkryk in verborgenheid nie
dieselfde is as die geestelike koninkryk nie, omrede die koninkryk in
verborgenheid gelowiges sowel as ongelowiges bevat, wat nie die geval met die
geestelike koninkryk is nie;
• die koninkryk in verborgenheid nie
dieselfde is as die teokratiese koninkryk nie, want dit sluit nie God se
heerskappy oor Israel in nie;
• die koninkryk in verborgenheid nie
dieselfde is as die Messiaanse koninkryk nie, omdat Jesus nie oor die koninkryk
regeer vanuit Jerusalem nie; en
• die koninkryk in verborgenheid nie
dieselfde as die Kerk is nie. Die Kerk is wel binne-in die koninkryk in
verborgenheid, omdat daar gelowiges daarin is; die Kerk is die koring, en sluit
die skat en die perel in (sien die gelykenisse in Mattheus 13), maar dit is nie
die totaliteit daarvan nie.
Die Kerk
is dus 'n deel of aspek van die koninkryk in verborgenheid, sowel as 'n aspek
van die geestelike koninkryk, maar dit is nie die totaliteit van die koninkryk
in verborgenheid nie.
Die
probleem waarop die profete van ouds geen lig kon werp nie, is wat sou gebeur
in die tydvak tussen die verwerping van die Koning en sy wederkoms. Die
verborgenhede (geheimenisse) van die koninkryk
van die hemele (Matt. 13) bied die antwoord. Jesus Christus sou later in
Mattheus 16 nog 'n voorheen verborge doelstelling van God bekend maak: Ek sal my gemeente {Engels: Church) bou, en
die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.
Regte
(C) 2011 Raymond D Lombard (met toestemming hiermee gegee)
No comments:
Post a Comment