Tuesday 22 November 2011

Wil jy 'n Koning Wees?



1Pet 2:9-10 Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig, (10) julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.


Heb 7:28 Want die wet stel as hoëpriesters aan mense met swakhede, maar die woord van die eedswering wat ná die wet gekom het, stel die Seun (Jesus Christus) aan, wat vir ewig volmaak is.


Heb 7:21-22 .......deur die Een wat aan Hom gesê het: Die Here het gesweer en dit sal Hom nie berou nie: U (Jesus Christus) is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek— (22) in sover het Jesus van ‘n beter verbond borg geword.


Open 20:6 Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle (wedergebore kinders van God) sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.


Open 19:16 En Hy (onse Here Jesus Christus) dra op sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is: Die Koning van die konings en die Here van die here.


Here Jesus Christus, lewende Here, Verlosser, ons Hoe Priester, Koning oor alle Konings. Ons gee u al die lof, die eer , die heerlikheid, krag en sterkte tot in alle ewigheid. Amen.


Hallelujah! Prys sy Naam!!!!

Monday 21 November 2011

Gestuur vir my ITISS Sel lede , maar ook vir jou wat VANDAG dit lees


Php 4:8 Verder, broeders (wedergebore kinders van GOD), alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.

Mag onse Here GOD,
ons Hoe Priester en Middelaar tot GOD; Jesus Christus
en die Gees van GOD; die Heilige Gees
jul wandel, denke en late vir die dag lei.
Amen