Tuesday 31 March 2009

L10T; Gevorderde Opleiding 10 Maart - 31 Maart 2009

La Rochelle in samewerking met Arbeidsbediening het die L10T gevorderde reeks oor 4 weke aangebied. Ek het al vier die sessies bygewoon, wat na my mening as volg verloop het;

Week 1: Hoe en waar is L10T toepaslik?

Wie is Arbeidsbediening?

Arbeidsbediening, ‘n interkerklike organisasie, vestig die gesindheid van Jesus Christus in alle werkplekke. Hulle plaas hulself tussen die kerk en besighede en het doelstellings wat oorhoofs onder andere die volgende insluit;

1. Om Christen gelowiges in die markplek te ondersteun on geloofstrou te werk en te getuig;
2. Om te werk vir die vestiging en die handhawing van Christelike waardes en deugde in die arbeidslewe en wereld;
3. Om te werk vir ‘n verenigde getuienis van die Christelike kerk in mense se werksplekke;
4. Om te werk vir die bevordering van geregtigheid en versoening van die arebeidswereld;
5. Om te werk vir die verligting van sosiale probleme, armoede en werklossheid;
6. Om ‘n finasiele volhoubare plaaslike Arbeidsbedieningaksie te ontwikkel.

Wat is Lukas 10 Transformasie?

Ons as mens is uitgeroep tot evangelisasie. Transformation Africa het die L10T model ontwikkel as hulpmiddel tot evangelisasie waardeur gewone mense in die werksplek gebruik om die weg voor te berei vir die koninkryk van God. As geroepenes moet ons as gewone mense slegs die “saadtjies” van geloof plant deur verkondiging van die Jesus evangelie. Jesus sal dan deur Sy Gees verder mense tot bekering lei.

Wat is L10T gevorderde opleiding?

Arbeidsbediening tesame met La Rochelle gemeente, wil ons belangstellendes tot gevorderde opleiding (geroepenes) gebruik deur ons eerstens te op te lei (te versamel), te inspirer (gefokus te kry), en dan finaal te bemagtig om te evangeliseer (gestuur te word).

Hoe moet ons mense bereik (evangeliseer)?

Verras mense met die liefdie van Jesus, demostreer die liefde van Jesus op een of ander manier deur diensbaar te wees, sonder voorwaardes!

Week 2: L10T Stap Een; Vra die Here se seen / vrede waar jy gaan.

Hoe vra jy die Here se seen oor ander?

GENESIS 12: 2 (God het vir Abraham gese) “Ek sal jou 'n groot nasie maak, Ek sal jou seën en jou 'n man van groot betekenis maak, en jy moet tot 'n seën wees.”

JEREMIA 29:7Bevorder die belange van die stad waarheen Ek julle in ballingskap weggevoer het, bid tot My vir daardie stad, want sy belange is ook julle belange.”

LUKAS 10: 5 “ ….As julle in ‘n huis kom, moet julle eerste woorde wees “ Vrede vir hierdie huis

I TIMOTEUS 1: 1Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, (2) vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons 'n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid."

Be a blessing!!!!; BLESS = seen die werkplek/mpy of persoon (B = body), sy dag taak by die werkplek (L=Labor), sy emosies (E=Emotions), sy verhoudings (S = Social relations), sy geloof (S= spiritual relations)

Seen / Bless!!!....Jou werkplek, mense by jou werkplek, jou gesin, ander gesinne, vreemdelinge op straat, mense in winkels ens ens.

Hoe vra jy vrede?

Is daar vrede tussen jou en God? Is jy gered?

MATTEUS 5: 6Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

JOHANNES 1:12Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.”

Is daar vrede tussen jou en ander?

MATTEUS 6: 12 ..”en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree” (14) "As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe” (15) “Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie."

As geropende moet jy dus gered wees, ‘n kind van God wees en jy moet dan ook vrede maak tussen jouself en enige ander persoon. Vra om vergifnis, spreek iemand vry van dit wat hul oor jou gedoen het, spreek jouself vry oor dit wat jy self aan ander gedoen het!

Deel jou getuienisse met ander, wees opreg daarin en gee GOD die eer!

Week 3: L10T Stap Twee; Bou verhoudings.

LUKAS 10: 7 ”….Moenie van die een huis na die ander trek nie, maar bly in dieselfde huis, eet en drink wat hulle voorhande het, want die arbeider is geregtig op sy loon. As julle in ‘n dorp kom en hulle ontvang julle, eet dan wat hulle vir julle voorsit

4% mense kom tot bekering deur direkte evangelisasie metodes en 90% van mense kom tot bekering as gevolg van verhoudings met Christene.

1 KORINTHIERS 9: 20 -21Vir die Jode het ek soos 'n Jood geword om Jode te wen. Hoewel ek self nie meer onder die wet is nie, het ek my vir dié wat onder die wet staan, onder die wet gestel om hulle te wen. Hoewel ek nie sonder die wet van God is nie, maar onder die wet van Christus, het ek vir dié wat sonder die wet is, geword soos een sonder die wet om hulle te wen.”

Bou verhoudings met ongelowiges, spandeer tyd met hulle, stel opreg belang, luister na mense se harte, moenie “offend” met jou gedrag nie, moenie teologiese taal gebruik nie.

Week 3: L10T Stap Drie; Bid en bevredig behoeftes.

MARKUS 10:51Jesus vra vir hom: "Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?"

Jesus fokus eers op die behoefte en praat dan oor dieper dinge, onvoorwaardelik!

Hoe moet ons dus verhoudings bou?

Help as jy kan, sien raak en bid vir die persoon, vra behoefde en bid later, vra behoefde en bid onmiddelik, vra altyd vir leiding vanaf die Heilige Gees! Raak vry in geloof!!!!!

Week 4: L10T Stap Vier; Vertel die storie van Jesus

LUKAS 10: 9 …” Maak die siekes gesond en se vir die mense: vir julle is die koninkryk van God baie naby

1 PETRUS 3:15 “……Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe.”

Die Heilige Gees gee elke Christen momente i.e “devine appointments”, hou dus jou ore oop en help mense om God se teenwoordigheid in hul lewens raak te sien! !!!

Hoe moet ons ons storie vertel?

2 KORINTHIERS 4: 7Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie. “

Dit gaan daaroor of jy kan nie, wees gehoorsaam aan die Heilige Gees en jy sal kan!!! Vertel dus jou storie /getuienis of hoe jy God onlangs beleef het!

Hoe moet jou store / getuienis wees?

Vertel jou storie voor jy Christus gevolg het, hoe jy by Christus uitgekom het, hoe jy vandag as Christen leef.

Hoe bid ek (vir ‘n ander)?

Besef en bid dat jy in sonde leef en jouself nie kan red nie, Dank Jesus dat Hy vir jou gesterf het en aanvaar Hom as jou Verlosser. Aanvaar God as Koning in jou lewe en vra die Heilige Gees om jou getrou te hou in jou geloof in Jesus Christus.

Week 4: L10T Stap Vier; Vat Vyf

Kies vyf persone wat Jesus nie ken nie, bid vir elkeen 1 minuut per dag, gee om vir hulle, wees gereed om te vertel en volhard vir ten minste een Jaar!!

Tuesday 17 March 2009

L10T; 14 Februarie - 8 Maart 2009

La Rochelle gemeente het die L10T reeks oor 4 weke aangebied. Ek het al vier die dienste bygewoon, wat na my mening as volg verloop het;

Week 1: Wat is die riglyne?


LUKAS 10: 1 “ ….Daarna het die Here twee en sewentig ander aangewys en hulle twee-twee voor Hom uitgestuur na elke dorp en plek waarheen Hy van plan was om te gaan.”

Die boodskap: Jesus wil gewone mense gebruik om die weg voor te berei vir Sy koninkryk. Ons moet slegs die “saadtjies” van geloof plant deur verkondiging van die Jesus evangelie. Jesus sal dan deur Sy Gees verder mense tot bekering lei i.e. Jesus will ons vry maak deur transformasie.

LUKAS 10: 2 “ ….die oes is groot, maar die arbeiders is min

Die boodskap; Daar is genoeg werk vir elke Christen en elke Christen moet help om die koninkryk van God uit te brei.

LUKAS 10: 4 “ …moenie ‘n beurs of reissak of skoene saamdra nie, en moenie langs die pad met groetery tyd verkwis nie

Die boodskap; behou fokus en prioriteit!

LUKAS 10: 5 “ ….As julle in ‘n huis kom, moet julle eerste woorde wees “ Vrede vir hierdie huis

Die Boodskap; be a blessing for other people, bid en bedien mense; seen mense!
BLESS = seen die persoon (B=Body), sy werkplek (L=Labor), sy emosies (E=emotions), sy verhoudings (S = Social relations), sy geloof (S= Spiritual relations)

LUKAS 10: 6As daar iemand woon vir wie die vrede bestem is, sal die vrede op hom bly; so nie, sal dit na julle toe terugkom

Die Boodskap; Moenie bang wees om te bless nie, doen dit ongeag, God sal jou beloon met seeninge in elk geval.

Week 2: Skep die “vibe” (Sondag 22/2)

LUKAS 10: 7 “…eet en drink wat hulle voor hande het…”

Die Boodskap; bou verhoudings!

LUKAS 10: 7 ”….Moenie van die een huis na die ander trek nie, maar bly in dieselfde huis…”

Die Boodskap; Bly in kontak, bou voortdurend verhoudings!

LUKAS 10: 7 “….want die arbeider is geregtig op sy loon

Die Boodskap; Jou doel is deur God bepaal!

LUKAS 10: 8 “ …..eet dan wat hulle vir julle voorsit

Die Boodskap; Bou respek!

EK BEKEER MYSELF DIE MAANDAG 23/2

Week 3: Spreek die behoeftes aan

LUKAS 10: 9Maak die siekes gesond en…”

Die Boodskap; Spreek die behoeftes aan deur te bid en te bedien! Dra ‘n gesindheid van vrede oor.

Week 4: Hoe spreek mens die behoeftes aan?

LUKAS 10: 9 …” en se vir die mense; vir julle is die koninkryk van God baie naby

Die Boodskap; spreek die geloofstaal, praat, leef en wys geloof, moenie praat van jouself nie, praat die koninkryk van God, bring die boodskap van bekering!

L10T samevatting;

1) raak deel van die koninkryk van God, bekeer jouself!
2) Getuig ‘n persoonlike getuienis
3) Ken die storie van Jesus
4) Rus jouself toe, kry die tools om jou te help
5) Praat Jesus, praat die evangelie!

EK BESEF DIE OOREENKOMS!

1) God lei my tot bekerng op 23 Februarie 2009.
2) Ek het ‘n GELOOFLIKE getuienis
3) God het 4+ keer aan my geopenbaar ek moet storie van Jesus leer ken
4) Besluit op gevorderde L10T opleiding
5) Ek is vervul met gedagtes oor Jesus

Monday 16 March 2009

My Getuienis 23 Februarie 2009

Ek het myself op Maandag oggend 23 Februarie 2009 bekeer, God as my almagtige Vader aangeneem , Jesus Christus as my Verlosser erken en ek glo daarin dat Jesus Christus deur sy bloed my van alle sondes bevry het.

Ek ervaar elke dag die werking van die Heilige Gees in my denke en dade en WEET ek kan nou 'n kind van God genoem word.

So gesommeer klink dit so onwerklik, maar tog daardeur is dit ‘n getuie van God se Gees in almal hier op aarde!

Wieger

**************************************************************

My vrou, Elsabe, 'n getroue dienaar van die Here het haar liefde vir die Here al bykans 5 jaar aan my getoon en my stiefseun Jaco (18) , het homself oorgegee aan die Here / laat doop en toon sy liefde en passie van dag tot dag;

en sedertdien

het God die afgelope maande vanaf +- November 2008 tot datum, my hart aangeraak op verskeie maniere;

Spesifiek Januarie 28 , het die aanddiens boodskap gegaan or die WIPPLANK van die geestelike lewe en daarin dan een van die vier doelwitte tot 'n beter christelike lewe nl. 'n Verbeterde Geloof; Die doelwit het ek aanvaar en het daarna 'n Christelike Dagbeplanner gekoop en die dagstukkies en bybel hoofstukke gelees soos voorgeskryf.

Hierdie spesifieke doelwit , tesame met Jaco se passie vir die Here, (en ek weet nou God ook) was die gebeure wat my op die pad van vernuwing gestuur het.

Ek het http://www.bybel.co.za op die internet opgespoor. Soek daar enige vers (keyword) en jy kry insigte en tekse wat jou aanraak ELKE KEER!

Ek het http://www.bible.org opgespoor. Soek die vers in Engels en kry ander / verbeterde insigte.

Ek luister met meer passie na Sy woord elke Sondag, na boodkappe tydens uitsendings van Radio Tygerberg ( konstant aan in die huis en ons motors).

Ek het gelees en het ervaar God se wil deur die volgende unieke geleenthede aan my geopenbaar-

Donderdag Januarie 29 (eie Bybel Studies);

Romeine 12:2 - Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

Sondag Februarie 1 (aand diens);

Romeine 11: 36 - Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid! Amen.

Woensdag Februarie 4 (Selgroep);

Jacques en Truitjie van Rooyen nooi ons uit na hul weeklikse Selgroep. Ons woon dit by en ervaar die teenwoordigheid van die Here in al die nuwe vriende daar teenwoordig. Vir my was dit 'n toets van karakter en christenskap. As nuwelinge was ons sommer gou gekonfronteer met 'n bekendstelling en ja, die vraag was gevra; Hoe staan jy in jou verhouding teenoor God?

WAT KON EK ANDERS DOEN AS OPENLIK TE ERKEN DAT EK NIE WEDERGEBORE IS NIE, DAT EK NOG NIE JESUS CHRISTUS AANGENEEM HET NIE.

Glo my, dit was erg, 'n eerste vir my na al die jare teenwoordig in talle kerke en selgroepe. Aangenaam verras was ek egter toe verder oor almal se benadering; geen vingerwysiging!

Woensdag Februarie 11 (Selgroep);

‘n week is verby en ek het nog geen eie behoefte gehad tot bekering nie. Jacques lei die groep en sy vraag aan almal , myself ingesluit, was: Het jy geloofs sekerheid?

Weerens was ek in hoek; WAT ANDERS KON EK DOEN AS OPENLIK WEEREENS ERKEN DAT EK GEEN SEKERHEID HET NIE, hoe dan anders, ek het NOG NIE JESUS CHRISTUS AANGENEEM AS MY VERLOSSER NIE!

Vrydag Februarie 13 (Getuienis);

Jacques nooi my saam na ‘n vroeg oggend byeenskoms; Balie Swart sou sy getuienis lewer. Wat ‘n onnugtering was dit nie vir my. Kan jy jouself indink dat so ‘n bul van ‘n man so klein voor God kon raak. Sy trane van aanbidding het my geraak op wyses wat ek nie kan beskryf nie.

Sondag Februarie 15 (Oggend preek; Radio Tygerberg);

Hierdie oggend het die ek begin ervaar die wysiging in my denke en my behoefde na God.!

Elsabe werk die week nagskof en ek vat toe die kans om bietjie die Sondag oggend later te slaap. Sy kom toe 7 uur by die huis en ons raak aan die slaap.

Ek droom van myself wat sien hoe “mense” “geoordeel word” en dat hul “tot die dood veroordeel” word. My beurt kom en ek “is ontsteld” en daarna raak ek wakker. (Radio Tygerberg was aan en die oggend preek was besig)

Die EERSTE woorde wat ek nagenoeg kon onthou, is die volgende; “…God red jou uit GENADE…..”

Ek sluimer in en raak weer wakker. Die TWEEDE keer as EERSTE woorde wat ek nagenoeg kon onthou : “Die Here is LANKMOEDIG………

EK sluimer WEER in en raak weer wakker. Die DERDE keer as EERSTE woorde hoor ek weer ‘n keer nagenoeg kon onthou as EERSTE woorde; “God is alles omvattende liefde….”

Ek het CD tov die diens agterna by Radio Tygerberg aangevra en die boodskap was as volg;

Elke keer as God ‘n mens uit GENADE red, kan jy seker wees dit is omdat Hy jou jammer gekry het, want jy is oppad na ‘n verlore ewigheid en jy weet dit nie”.

Die Here is LANKMOEDIG. Dit is God se oneindige geduld om te wag op ons, nie omdat ons dit verdien nie” .

Die Here is vir ons almal goed! Dit is die toonbeeld van God se alles omvattende liefde. Nie een van ons is uitgesluit nie!

Hierdie boodskap is seker al hoeveelkeer deur predikante / ander gemaak. Hoekon juis die oggend moet ek die konteks daarvan hoor? / hoekom het ek die wil om dit verder te ondersoek?.
Hoe kragtig was en is God se wil dan nie? Hoe anders kan ek nie glo dat daar ‘n God is wat jou lewe wil he nie!

Wees verseker eks werklik die oggend bewus van die mag van GOD, die maniere hoe Hy my bereik en my stadig maar seker Syne maak.

Algemeen hierna:

Gebeure hierna bring my by wat ek geidentifiseer het as ‘n “LIGSKAKELAAR”. Ek dink aan iets en ek word deur God die volgende dag daaroor ingelig (by monde , radio ens).

Sondag Februarie 15 (Slaaptyd / laat);

Ek het al intussen uit die Selgroep bywonings geleer dat bekering nie ‘n groot bang gebeurtenis is nie. Jy moet eenvoudig Jesus erken as jou Verlosser, waardeur jy vrywaring van sondes verkry, die Heilige Gees ontvang en sekerheid het van geloof. Jy het dan die ewige lewe!

Na die oggend preek het ek die heeldag deur in my gedagtes myself afgevra “wanneer dan moet ek my nou bekeer”? Is dit die regte tyd? Watter tyd is vir God reg?

Die aand laat het ek bed toe gegaan, maar kon nie slaap nie. Ek het., soos gebruiklik, ‘n CD opgesit, hierdie keer een van Danie Botha en dit geluister. Gewoonlik raak ek gou aan die slaap en hoor maar min van die musiek. Hierdie aand egter het ek rusteloos gebly en het amper die hele CD geluister. Ek het toe bietjie ingesluimer en raak toe weer wakker op ‘n later stadium. Die laaste snit van die CD het sopas begin;

“Here lei my na waters, waar daar rus is. Soos ‘n boom geplant by die waterstrome, wat vrugte gee van Jesus, op die regte tyd.

LIKSKAKELAAR!

Hoe wonderbaarlik was dit nie. Dis my eie aanname maar tog my geloof dat God my weereens geantwoord het.

Hoe dan anders ‘n antwoord aan my hele dag se denke? Die kern vir my was die laaste gedeelte “op die regte tyd”.

Ek het onmiddelik daarna aan die slaap geraak.

Maandag Februarie 16 (Radio tygerberg):

(Gedagtes uit die Woord); Bennie my stiefseun het by ons ingetrek (sonder werk) en ons moet aan hom een van ons voertuie voorsien. Dit het my gehinder ( geen Jesus liefde ) en ek het oppad werk toe die gedagte gekry om vir hom ‘n motor te koop, want dan hoef hy nie ons s’n te gebruik nie!.

Ek was besig om dit te oordink toe daar op dieselfde tydstip, ‘n 2 minute boodskap op Radio Tygerberg uitgesaai was wat gegaan het oor die pad wat ‘n Christen kan loop elke dag ( i.e “tools of the trade” / my woorde). Een van die punte het gegaan oor elke Christen se plig om mededeelsaam te wees.

SKAKELAAR!?

“Wees mededeelsaam, alles wat jy het kom van God af” was die boodskap aan my geopenbaar. Hoe dan anders as ‘n antwoord tot wat ek sopas bepeins het.

Sedertdien het ek hieroor versoening met die wil van God.

Donderdag Februarie 19 (eie bybel studie);

Ek was nog steeds besig met my eie ondersoek en het die bybel ondersoek met my behoefte aan leiding. Ek het die volgende vers as inspirasie uitgelig;

Psalms 32: 8; Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou.


Donderdag Februarie 19 (Kingdom Seekers);

Nog ‘n week is verby en ek het nog geen eie behoefte gehad tot bekering nie. Jacques lei die groep en sy vraag aan almal , myself ingesluit, was: Is jy vervul met die Heilige Gees?

WEEREENS WAS EK IN 'N HOEK; WEEREENS MOES EK ERKEN (ALHOEWEL AAN MYSELF) DAT EK NIE DIE HEILIGE GEES HET NIE, HOE DAN ANDERS, EK HET NOG NIE JESUS CHRISTUS AANGENEEM AS MY VERLOSSER NIE!

Jacques het verskeie verse as verwysiging gegee en ek het met my eie ondersoek begin. Die uiteinde daarvan is ‘n eie dertien A4 bladsy opsomming daarvan. Insiggewend vir my was die volgende verse;

“Die Woord het mens geword”

JOHANNES 1:12 Jesus was die Woord en God het die wet deur Moses gegee, genade en waardheid het deur Jesus gekom…
:12 "Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word."

“Die belofte van die Heilige Gees”

HANDELINGE 1: 8 & 9 Lukas vertel hier van Christus se bekenmaking aan sy apostels na sy opstanding. Een van sy gesprekke het gegaan oor die geleentheid wat God hul gebruik om hulle met die Heilige Gees te doop. Apostels was ongeduldig en Jesus het hul vermaan dat die tyd daarvoor deur God bepaal word.
8: "Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld."

“Lewe deur die Gees”

ROMEINE 8 : 5,6 & 14 Paulus sommeer op dat as ”jy in Christus Jesus is” het GOD jou vrygespreek van alle sondes, daar is geen veroordeling nie.

:5 "Dié wat hulle deur hulle sondige natuur laat beheers, hou hulle besig met die dinge van die sondige natuur, maar dié wat hulle deur die Gees laat beheers, hou hulle besig met die dinge van die Gees."

:6 "Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, loop uit op die dood, maar die dinge waarmee die Gees Hom besig hou, bring lewe en vrede."

:14 "Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God."

Sondag Februarie 15 (Radio Tygerberg oggend preek); Wie is Jy?

Gewoonlik, menslik, sal jy jou naam gee, jou van, wat jy doen, waar jy bly, wat jy glo ens. Dit gaan egter hier oor die grootste identiteits wysiging!!! Alhoewel die preek gerig was op wedergebore Christene, het ek dit ondervind as ‘n “eye opener” van wat ek mis!!! Saamgevat was die boodskap soos volg;

Deur te ervaar wat Jesus Christus aan die kruis vir ons gedoen het, ervaar ons dat God ‘n werklikheid is. Deur te glo aan wat Jesus Christus vir ons gedoen het, het ons die Heilige Gees ontvang. Ons het ook die ewige lewe ontvang!!! Ons het die volwasse Jesus Christus ontvang , dit is Jesus Christus se volwasse Christen vermoe en ons doel is net om te groei in kennis, ons denke te vernuwe.

Christus se woorde aan die kruis “Dit is volbring” beteken dat aan die kruis is die prys vir ons verlossing betaal, dit is ‘n werklikheid, Jesus het daardeur bedoel dat ons sy liefde en verlossing NOU SAL AANVAAR!!!!

Jesus is die Vrug, die Wingerdstok, die Volmaakte Lewenssap, in Hom is krag, lewe, hoop en liefde. ‘n Wynstok kan nie sonder lote nie; ons kan nie sonder die Wynstok, ons is sy lote wat die vrug sal dra op aarde, waar Jesus Christus aan die regterhand van God sit as tussenganger vir ons swakhede.

God se siening van Wie is Ek?; Een ligaam, een eenheid, een geloof, een Gees en een Vader!!!

Word ons identiteit dan

Bepaal deur wat ek doen is wie ek is, of
Dit wat ek doen, bepaal wie ek is?

VIND JOU IDENTITEIT IN CHRISTUS.

Niks wat ek doen kan Hom beindruk nie. Ek kan voor Hom kom net soos ek is, want Hy ken my soos wat ek regtig is! God het ons lief net soos ons is. Daar is niks anders wat die Vader kan beindruk nie. Ek is nuut gemaak in Christus. Christus ken niemand meer na die vlees nie.

AS IEMAND JOU DUS KAN ERKEN AS ‘N KIND VAN GOD, DAN HET JY ‘N IDENTITEIT IN CHRISTUS!!!

DIE EENVOUDIGE FORMULE IS AS VOLG;

EK & CHRISTUS = VOLKOMENDHEID!

JESUS IS VOLMAAK, VOLMAAKTE LIEFDE, VOLMAAKTE KRAG, VOLMAAKTE AUTORITEIT.

ONS (EK) SAL GEKEN WORD DEUR DIE GEES VAN GOD IN ONS. ONS SAL VRUGDARENDE LOTE WEES WAT IETS VIR IEMAND SAL EN KAN BETEKEN.

Sondag Februarie 22 (Na preek gebeure);

Ek het preek uitgeluister en die besluit gemaak dat dit tyd was om God aan te neem. Let wel, EK (WIEGER) het besluit. Nogmaals het ek my nie aan die roeping van God gesteur nie want saam met die besluit was dit MY(WIEGER) se besluit om dit die aand te doen, in ons kamer, ek en Elsabe alleen!!!!.

Ek was tot nou nog nie bekend met die werking van die duiwel nie, en hoe het ek my misgis met sy impak en moeite om ‘n volgeling van God te stuit nie!!

Ek en Elsabe besluit later die oggend om ‘n ent te ry en ons is daar weg, om vir ‘n rede onverklaarbare rede uit te loop op ‘n grootse struweling. Weg was die planne tot bekering! Vandag kan ek insien die duiwel se werk.

Die een (Elsabe ) met wie ek my bekering wou deel is so vinning soos nou, vervreemd van my gedagtes en die planne vir die aand.

Deur die middag heen, het ek verskeie negatiewe gedagtes gehad, maar ook verskeie kere is ek in my gedagtes gestuur na denke soos “wat sou Jesus doen?” Wonderlik was dit nie om later Elsabe te kan nader en haar om verskoning te vra vir die gebeure. Hoe maklik het God dit nie vir my gemaak nie!

Die struweling was vergete maar helaas, my lus tot bekering was nie daar nie!. Nodeloos om te se, die aand het verby gegaan sonder enige gebeure.

Maandag Februarie 23 (Oggend gebeure);

Hierdie oggend het ek weer die werking van God weer ervaar .

SKAKELAAR!?.

Ons het wakker geword en soos gebruiklik was Radio Tygerberg aan. Ons het koffie in die kombuis gedrink en terug kamer toe gekom om die bed op te maak. Die boodskap wat ek toe hoor was vir my weerens insiggewend.

2 Petrus 3: 18; "Sorg daarenteen dat julle steeds toeneem in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus, aan Hom behoort die heerlikheid, nou en tot in ewigheid."

Ek was so aangeraak daardeur en het daarna by my lessenaar gaan sit en die preek van

Sondagoggend weer vanaf my notas bestudeer. Die een teks gedeelte wat toe uitstaan was;
2 Korintiers 5: (;17) Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens; die oue is verby, die nuwe het gekom.

Soos gebruiklik probeer ek meer as net die vers lees en ek het voortgelees en die volgende verse het my weereens aangeraak:

2 Korintiers 5: (21) Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vryespreek kan wees.

2 Korintiers 6: 2;

Hy se,
Op die regte tyd
Het Ek jou gebede verhoor,
En op die dag van redding
Het Ek jou gehelp.
Kyk, nou is die regte tyd, nou is die dag van redding.

Nodeloos om te se, ek was op die tydstip wat ek die laaste sin gelees het heeltemal oorgehaal om my aanvaardiging van Jesus Christus te bely. Ek het opgestaan, my bybel gevat en vir Elsabe voorgelees God se almagtige genade vir my!!!!

Dit was 08h20 Maandag 23 Februarie 2009 GOD se oomblik van oorwinning!!!!!!!!!