Monday 16 March 2009

My Getuienis 23 Februarie 2009

Ek het myself op Maandag oggend 23 Februarie 2009 bekeer, God as my almagtige Vader aangeneem , Jesus Christus as my Verlosser erken en ek glo daarin dat Jesus Christus deur sy bloed my van alle sondes bevry het.

Ek ervaar elke dag die werking van die Heilige Gees in my denke en dade en WEET ek kan nou 'n kind van God genoem word.

So gesommeer klink dit so onwerklik, maar tog daardeur is dit ‘n getuie van God se Gees in almal hier op aarde!

Wieger

**************************************************************

My vrou, Elsabe, 'n getroue dienaar van die Here het haar liefde vir die Here al bykans 5 jaar aan my getoon en my stiefseun Jaco (18) , het homself oorgegee aan die Here / laat doop en toon sy liefde en passie van dag tot dag;

en sedertdien

het God die afgelope maande vanaf +- November 2008 tot datum, my hart aangeraak op verskeie maniere;

Spesifiek Januarie 28 , het die aanddiens boodskap gegaan or die WIPPLANK van die geestelike lewe en daarin dan een van die vier doelwitte tot 'n beter christelike lewe nl. 'n Verbeterde Geloof; Die doelwit het ek aanvaar en het daarna 'n Christelike Dagbeplanner gekoop en die dagstukkies en bybel hoofstukke gelees soos voorgeskryf.

Hierdie spesifieke doelwit , tesame met Jaco se passie vir die Here, (en ek weet nou God ook) was die gebeure wat my op die pad van vernuwing gestuur het.

Ek het http://www.bybel.co.za op die internet opgespoor. Soek daar enige vers (keyword) en jy kry insigte en tekse wat jou aanraak ELKE KEER!

Ek het http://www.bible.org opgespoor. Soek die vers in Engels en kry ander / verbeterde insigte.

Ek luister met meer passie na Sy woord elke Sondag, na boodkappe tydens uitsendings van Radio Tygerberg ( konstant aan in die huis en ons motors).

Ek het gelees en het ervaar God se wil deur die volgende unieke geleenthede aan my geopenbaar-

Donderdag Januarie 29 (eie Bybel Studies);

Romeine 12:2 - Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

Sondag Februarie 1 (aand diens);

Romeine 11: 36 - Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid! Amen.

Woensdag Februarie 4 (Selgroep);

Jacques en Truitjie van Rooyen nooi ons uit na hul weeklikse Selgroep. Ons woon dit by en ervaar die teenwoordigheid van die Here in al die nuwe vriende daar teenwoordig. Vir my was dit 'n toets van karakter en christenskap. As nuwelinge was ons sommer gou gekonfronteer met 'n bekendstelling en ja, die vraag was gevra; Hoe staan jy in jou verhouding teenoor God?

WAT KON EK ANDERS DOEN AS OPENLIK TE ERKEN DAT EK NIE WEDERGEBORE IS NIE, DAT EK NOG NIE JESUS CHRISTUS AANGENEEM HET NIE.

Glo my, dit was erg, 'n eerste vir my na al die jare teenwoordig in talle kerke en selgroepe. Aangenaam verras was ek egter toe verder oor almal se benadering; geen vingerwysiging!

Woensdag Februarie 11 (Selgroep);

‘n week is verby en ek het nog geen eie behoefte gehad tot bekering nie. Jacques lei die groep en sy vraag aan almal , myself ingesluit, was: Het jy geloofs sekerheid?

Weerens was ek in hoek; WAT ANDERS KON EK DOEN AS OPENLIK WEEREENS ERKEN DAT EK GEEN SEKERHEID HET NIE, hoe dan anders, ek het NOG NIE JESUS CHRISTUS AANGENEEM AS MY VERLOSSER NIE!

Vrydag Februarie 13 (Getuienis);

Jacques nooi my saam na ‘n vroeg oggend byeenskoms; Balie Swart sou sy getuienis lewer. Wat ‘n onnugtering was dit nie vir my. Kan jy jouself indink dat so ‘n bul van ‘n man so klein voor God kon raak. Sy trane van aanbidding het my geraak op wyses wat ek nie kan beskryf nie.

Sondag Februarie 15 (Oggend preek; Radio Tygerberg);

Hierdie oggend het die ek begin ervaar die wysiging in my denke en my behoefde na God.!

Elsabe werk die week nagskof en ek vat toe die kans om bietjie die Sondag oggend later te slaap. Sy kom toe 7 uur by die huis en ons raak aan die slaap.

Ek droom van myself wat sien hoe “mense” “geoordeel word” en dat hul “tot die dood veroordeel” word. My beurt kom en ek “is ontsteld” en daarna raak ek wakker. (Radio Tygerberg was aan en die oggend preek was besig)

Die EERSTE woorde wat ek nagenoeg kon onthou, is die volgende; “…God red jou uit GENADE…..”

Ek sluimer in en raak weer wakker. Die TWEEDE keer as EERSTE woorde wat ek nagenoeg kon onthou : “Die Here is LANKMOEDIG………

EK sluimer WEER in en raak weer wakker. Die DERDE keer as EERSTE woorde hoor ek weer ‘n keer nagenoeg kon onthou as EERSTE woorde; “God is alles omvattende liefde….”

Ek het CD tov die diens agterna by Radio Tygerberg aangevra en die boodskap was as volg;

Elke keer as God ‘n mens uit GENADE red, kan jy seker wees dit is omdat Hy jou jammer gekry het, want jy is oppad na ‘n verlore ewigheid en jy weet dit nie”.

Die Here is LANKMOEDIG. Dit is God se oneindige geduld om te wag op ons, nie omdat ons dit verdien nie” .

Die Here is vir ons almal goed! Dit is die toonbeeld van God se alles omvattende liefde. Nie een van ons is uitgesluit nie!

Hierdie boodskap is seker al hoeveelkeer deur predikante / ander gemaak. Hoekon juis die oggend moet ek die konteks daarvan hoor? / hoekom het ek die wil om dit verder te ondersoek?.
Hoe kragtig was en is God se wil dan nie? Hoe anders kan ek nie glo dat daar ‘n God is wat jou lewe wil he nie!

Wees verseker eks werklik die oggend bewus van die mag van GOD, die maniere hoe Hy my bereik en my stadig maar seker Syne maak.

Algemeen hierna:

Gebeure hierna bring my by wat ek geidentifiseer het as ‘n “LIGSKAKELAAR”. Ek dink aan iets en ek word deur God die volgende dag daaroor ingelig (by monde , radio ens).

Sondag Februarie 15 (Slaaptyd / laat);

Ek het al intussen uit die Selgroep bywonings geleer dat bekering nie ‘n groot bang gebeurtenis is nie. Jy moet eenvoudig Jesus erken as jou Verlosser, waardeur jy vrywaring van sondes verkry, die Heilige Gees ontvang en sekerheid het van geloof. Jy het dan die ewige lewe!

Na die oggend preek het ek die heeldag deur in my gedagtes myself afgevra “wanneer dan moet ek my nou bekeer”? Is dit die regte tyd? Watter tyd is vir God reg?

Die aand laat het ek bed toe gegaan, maar kon nie slaap nie. Ek het., soos gebruiklik, ‘n CD opgesit, hierdie keer een van Danie Botha en dit geluister. Gewoonlik raak ek gou aan die slaap en hoor maar min van die musiek. Hierdie aand egter het ek rusteloos gebly en het amper die hele CD geluister. Ek het toe bietjie ingesluimer en raak toe weer wakker op ‘n later stadium. Die laaste snit van die CD het sopas begin;

“Here lei my na waters, waar daar rus is. Soos ‘n boom geplant by die waterstrome, wat vrugte gee van Jesus, op die regte tyd.

LIKSKAKELAAR!

Hoe wonderbaarlik was dit nie. Dis my eie aanname maar tog my geloof dat God my weereens geantwoord het.

Hoe dan anders ‘n antwoord aan my hele dag se denke? Die kern vir my was die laaste gedeelte “op die regte tyd”.

Ek het onmiddelik daarna aan die slaap geraak.

Maandag Februarie 16 (Radio tygerberg):

(Gedagtes uit die Woord); Bennie my stiefseun het by ons ingetrek (sonder werk) en ons moet aan hom een van ons voertuie voorsien. Dit het my gehinder ( geen Jesus liefde ) en ek het oppad werk toe die gedagte gekry om vir hom ‘n motor te koop, want dan hoef hy nie ons s’n te gebruik nie!.

Ek was besig om dit te oordink toe daar op dieselfde tydstip, ‘n 2 minute boodskap op Radio Tygerberg uitgesaai was wat gegaan het oor die pad wat ‘n Christen kan loop elke dag ( i.e “tools of the trade” / my woorde). Een van die punte het gegaan oor elke Christen se plig om mededeelsaam te wees.

SKAKELAAR!?

“Wees mededeelsaam, alles wat jy het kom van God af” was die boodskap aan my geopenbaar. Hoe dan anders as ‘n antwoord tot wat ek sopas bepeins het.

Sedertdien het ek hieroor versoening met die wil van God.

Donderdag Februarie 19 (eie bybel studie);

Ek was nog steeds besig met my eie ondersoek en het die bybel ondersoek met my behoefte aan leiding. Ek het die volgende vers as inspirasie uitgelig;

Psalms 32: 8; Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou.


Donderdag Februarie 19 (Kingdom Seekers);

Nog ‘n week is verby en ek het nog geen eie behoefte gehad tot bekering nie. Jacques lei die groep en sy vraag aan almal , myself ingesluit, was: Is jy vervul met die Heilige Gees?

WEEREENS WAS EK IN 'N HOEK; WEEREENS MOES EK ERKEN (ALHOEWEL AAN MYSELF) DAT EK NIE DIE HEILIGE GEES HET NIE, HOE DAN ANDERS, EK HET NOG NIE JESUS CHRISTUS AANGENEEM AS MY VERLOSSER NIE!

Jacques het verskeie verse as verwysiging gegee en ek het met my eie ondersoek begin. Die uiteinde daarvan is ‘n eie dertien A4 bladsy opsomming daarvan. Insiggewend vir my was die volgende verse;

“Die Woord het mens geword”

JOHANNES 1:12 Jesus was die Woord en God het die wet deur Moses gegee, genade en waardheid het deur Jesus gekom…
:12 "Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word."

“Die belofte van die Heilige Gees”

HANDELINGE 1: 8 & 9 Lukas vertel hier van Christus se bekenmaking aan sy apostels na sy opstanding. Een van sy gesprekke het gegaan oor die geleentheid wat God hul gebruik om hulle met die Heilige Gees te doop. Apostels was ongeduldig en Jesus het hul vermaan dat die tyd daarvoor deur God bepaal word.
8: "Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld."

“Lewe deur die Gees”

ROMEINE 8 : 5,6 & 14 Paulus sommeer op dat as ”jy in Christus Jesus is” het GOD jou vrygespreek van alle sondes, daar is geen veroordeling nie.

:5 "Dié wat hulle deur hulle sondige natuur laat beheers, hou hulle besig met die dinge van die sondige natuur, maar dié wat hulle deur die Gees laat beheers, hou hulle besig met die dinge van die Gees."

:6 "Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, loop uit op die dood, maar die dinge waarmee die Gees Hom besig hou, bring lewe en vrede."

:14 "Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God."

Sondag Februarie 15 (Radio Tygerberg oggend preek); Wie is Jy?

Gewoonlik, menslik, sal jy jou naam gee, jou van, wat jy doen, waar jy bly, wat jy glo ens. Dit gaan egter hier oor die grootste identiteits wysiging!!! Alhoewel die preek gerig was op wedergebore Christene, het ek dit ondervind as ‘n “eye opener” van wat ek mis!!! Saamgevat was die boodskap soos volg;

Deur te ervaar wat Jesus Christus aan die kruis vir ons gedoen het, ervaar ons dat God ‘n werklikheid is. Deur te glo aan wat Jesus Christus vir ons gedoen het, het ons die Heilige Gees ontvang. Ons het ook die ewige lewe ontvang!!! Ons het die volwasse Jesus Christus ontvang , dit is Jesus Christus se volwasse Christen vermoe en ons doel is net om te groei in kennis, ons denke te vernuwe.

Christus se woorde aan die kruis “Dit is volbring” beteken dat aan die kruis is die prys vir ons verlossing betaal, dit is ‘n werklikheid, Jesus het daardeur bedoel dat ons sy liefde en verlossing NOU SAL AANVAAR!!!!

Jesus is die Vrug, die Wingerdstok, die Volmaakte Lewenssap, in Hom is krag, lewe, hoop en liefde. ‘n Wynstok kan nie sonder lote nie; ons kan nie sonder die Wynstok, ons is sy lote wat die vrug sal dra op aarde, waar Jesus Christus aan die regterhand van God sit as tussenganger vir ons swakhede.

God se siening van Wie is Ek?; Een ligaam, een eenheid, een geloof, een Gees en een Vader!!!

Word ons identiteit dan

Bepaal deur wat ek doen is wie ek is, of
Dit wat ek doen, bepaal wie ek is?

VIND JOU IDENTITEIT IN CHRISTUS.

Niks wat ek doen kan Hom beindruk nie. Ek kan voor Hom kom net soos ek is, want Hy ken my soos wat ek regtig is! God het ons lief net soos ons is. Daar is niks anders wat die Vader kan beindruk nie. Ek is nuut gemaak in Christus. Christus ken niemand meer na die vlees nie.

AS IEMAND JOU DUS KAN ERKEN AS ‘N KIND VAN GOD, DAN HET JY ‘N IDENTITEIT IN CHRISTUS!!!

DIE EENVOUDIGE FORMULE IS AS VOLG;

EK & CHRISTUS = VOLKOMENDHEID!

JESUS IS VOLMAAK, VOLMAAKTE LIEFDE, VOLMAAKTE KRAG, VOLMAAKTE AUTORITEIT.

ONS (EK) SAL GEKEN WORD DEUR DIE GEES VAN GOD IN ONS. ONS SAL VRUGDARENDE LOTE WEES WAT IETS VIR IEMAND SAL EN KAN BETEKEN.

Sondag Februarie 22 (Na preek gebeure);

Ek het preek uitgeluister en die besluit gemaak dat dit tyd was om God aan te neem. Let wel, EK (WIEGER) het besluit. Nogmaals het ek my nie aan die roeping van God gesteur nie want saam met die besluit was dit MY(WIEGER) se besluit om dit die aand te doen, in ons kamer, ek en Elsabe alleen!!!!.

Ek was tot nou nog nie bekend met die werking van die duiwel nie, en hoe het ek my misgis met sy impak en moeite om ‘n volgeling van God te stuit nie!!

Ek en Elsabe besluit later die oggend om ‘n ent te ry en ons is daar weg, om vir ‘n rede onverklaarbare rede uit te loop op ‘n grootse struweling. Weg was die planne tot bekering! Vandag kan ek insien die duiwel se werk.

Die een (Elsabe ) met wie ek my bekering wou deel is so vinning soos nou, vervreemd van my gedagtes en die planne vir die aand.

Deur die middag heen, het ek verskeie negatiewe gedagtes gehad, maar ook verskeie kere is ek in my gedagtes gestuur na denke soos “wat sou Jesus doen?” Wonderlik was dit nie om later Elsabe te kan nader en haar om verskoning te vra vir die gebeure. Hoe maklik het God dit nie vir my gemaak nie!

Die struweling was vergete maar helaas, my lus tot bekering was nie daar nie!. Nodeloos om te se, die aand het verby gegaan sonder enige gebeure.

Maandag Februarie 23 (Oggend gebeure);

Hierdie oggend het ek weer die werking van God weer ervaar .

SKAKELAAR!?.

Ons het wakker geword en soos gebruiklik was Radio Tygerberg aan. Ons het koffie in die kombuis gedrink en terug kamer toe gekom om die bed op te maak. Die boodskap wat ek toe hoor was vir my weerens insiggewend.

2 Petrus 3: 18; "Sorg daarenteen dat julle steeds toeneem in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus, aan Hom behoort die heerlikheid, nou en tot in ewigheid."

Ek was so aangeraak daardeur en het daarna by my lessenaar gaan sit en die preek van

Sondagoggend weer vanaf my notas bestudeer. Die een teks gedeelte wat toe uitstaan was;
2 Korintiers 5: (;17) Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens; die oue is verby, die nuwe het gekom.

Soos gebruiklik probeer ek meer as net die vers lees en ek het voortgelees en die volgende verse het my weereens aangeraak:

2 Korintiers 5: (21) Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vryespreek kan wees.

2 Korintiers 6: 2;

Hy se,
Op die regte tyd
Het Ek jou gebede verhoor,
En op die dag van redding
Het Ek jou gehelp.
Kyk, nou is die regte tyd, nou is die dag van redding.

Nodeloos om te se, ek was op die tydstip wat ek die laaste sin gelees het heeltemal oorgehaal om my aanvaardiging van Jesus Christus te bely. Ek het opgestaan, my bybel gevat en vir Elsabe voorgelees God se almagtige genade vir my!!!!

Dit was 08h20 Maandag 23 Februarie 2009 GOD se oomblik van oorwinning!!!!!!!!!

1 comment:

Elsabe said...

Al die eer aan ons GOD wat in SY GROOT GENADE SY kinders toevou onder SY liefde
Dankie ABBA VADER dat U vir Wieger met U liefde toevou!
Amen