Tuesday 31 March 2009

L10T; Gevorderde Opleiding 10 Maart - 31 Maart 2009

La Rochelle in samewerking met Arbeidsbediening het die L10T gevorderde reeks oor 4 weke aangebied. Ek het al vier die sessies bygewoon, wat na my mening as volg verloop het;

Week 1: Hoe en waar is L10T toepaslik?

Wie is Arbeidsbediening?

Arbeidsbediening, ‘n interkerklike organisasie, vestig die gesindheid van Jesus Christus in alle werkplekke. Hulle plaas hulself tussen die kerk en besighede en het doelstellings wat oorhoofs onder andere die volgende insluit;

1. Om Christen gelowiges in die markplek te ondersteun on geloofstrou te werk en te getuig;
2. Om te werk vir die vestiging en die handhawing van Christelike waardes en deugde in die arbeidslewe en wereld;
3. Om te werk vir ‘n verenigde getuienis van die Christelike kerk in mense se werksplekke;
4. Om te werk vir die bevordering van geregtigheid en versoening van die arebeidswereld;
5. Om te werk vir die verligting van sosiale probleme, armoede en werklossheid;
6. Om ‘n finasiele volhoubare plaaslike Arbeidsbedieningaksie te ontwikkel.

Wat is Lukas 10 Transformasie?

Ons as mens is uitgeroep tot evangelisasie. Transformation Africa het die L10T model ontwikkel as hulpmiddel tot evangelisasie waardeur gewone mense in die werksplek gebruik om die weg voor te berei vir die koninkryk van God. As geroepenes moet ons as gewone mense slegs die “saadtjies” van geloof plant deur verkondiging van die Jesus evangelie. Jesus sal dan deur Sy Gees verder mense tot bekering lei.

Wat is L10T gevorderde opleiding?

Arbeidsbediening tesame met La Rochelle gemeente, wil ons belangstellendes tot gevorderde opleiding (geroepenes) gebruik deur ons eerstens te op te lei (te versamel), te inspirer (gefokus te kry), en dan finaal te bemagtig om te evangeliseer (gestuur te word).

Hoe moet ons mense bereik (evangeliseer)?

Verras mense met die liefdie van Jesus, demostreer die liefde van Jesus op een of ander manier deur diensbaar te wees, sonder voorwaardes!

Week 2: L10T Stap Een; Vra die Here se seen / vrede waar jy gaan.

Hoe vra jy die Here se seen oor ander?

GENESIS 12: 2 (God het vir Abraham gese) “Ek sal jou 'n groot nasie maak, Ek sal jou seën en jou 'n man van groot betekenis maak, en jy moet tot 'n seën wees.”

JEREMIA 29:7Bevorder die belange van die stad waarheen Ek julle in ballingskap weggevoer het, bid tot My vir daardie stad, want sy belange is ook julle belange.”

LUKAS 10: 5 “ ….As julle in ‘n huis kom, moet julle eerste woorde wees “ Vrede vir hierdie huis

I TIMOTEUS 1: 1Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, (2) vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons 'n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid."

Be a blessing!!!!; BLESS = seen die werkplek/mpy of persoon (B = body), sy dag taak by die werkplek (L=Labor), sy emosies (E=Emotions), sy verhoudings (S = Social relations), sy geloof (S= spiritual relations)

Seen / Bless!!!....Jou werkplek, mense by jou werkplek, jou gesin, ander gesinne, vreemdelinge op straat, mense in winkels ens ens.

Hoe vra jy vrede?

Is daar vrede tussen jou en God? Is jy gered?

MATTEUS 5: 6Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

JOHANNES 1:12Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.”

Is daar vrede tussen jou en ander?

MATTEUS 6: 12 ..”en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree” (14) "As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe” (15) “Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie."

As geropende moet jy dus gered wees, ‘n kind van God wees en jy moet dan ook vrede maak tussen jouself en enige ander persoon. Vra om vergifnis, spreek iemand vry van dit wat hul oor jou gedoen het, spreek jouself vry oor dit wat jy self aan ander gedoen het!

Deel jou getuienisse met ander, wees opreg daarin en gee GOD die eer!

Week 3: L10T Stap Twee; Bou verhoudings.

LUKAS 10: 7 ”….Moenie van die een huis na die ander trek nie, maar bly in dieselfde huis, eet en drink wat hulle voorhande het, want die arbeider is geregtig op sy loon. As julle in ‘n dorp kom en hulle ontvang julle, eet dan wat hulle vir julle voorsit

4% mense kom tot bekering deur direkte evangelisasie metodes en 90% van mense kom tot bekering as gevolg van verhoudings met Christene.

1 KORINTHIERS 9: 20 -21Vir die Jode het ek soos 'n Jood geword om Jode te wen. Hoewel ek self nie meer onder die wet is nie, het ek my vir dié wat onder die wet staan, onder die wet gestel om hulle te wen. Hoewel ek nie sonder die wet van God is nie, maar onder die wet van Christus, het ek vir dié wat sonder die wet is, geword soos een sonder die wet om hulle te wen.”

Bou verhoudings met ongelowiges, spandeer tyd met hulle, stel opreg belang, luister na mense se harte, moenie “offend” met jou gedrag nie, moenie teologiese taal gebruik nie.

Week 3: L10T Stap Drie; Bid en bevredig behoeftes.

MARKUS 10:51Jesus vra vir hom: "Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?"

Jesus fokus eers op die behoefte en praat dan oor dieper dinge, onvoorwaardelik!

Hoe moet ons dus verhoudings bou?

Help as jy kan, sien raak en bid vir die persoon, vra behoefde en bid later, vra behoefde en bid onmiddelik, vra altyd vir leiding vanaf die Heilige Gees! Raak vry in geloof!!!!!

Week 4: L10T Stap Vier; Vertel die storie van Jesus

LUKAS 10: 9 …” Maak die siekes gesond en se vir die mense: vir julle is die koninkryk van God baie naby

1 PETRUS 3:15 “……Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe.”

Die Heilige Gees gee elke Christen momente i.e “devine appointments”, hou dus jou ore oop en help mense om God se teenwoordigheid in hul lewens raak te sien! !!!

Hoe moet ons ons storie vertel?

2 KORINTHIERS 4: 7Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie. “

Dit gaan daaroor of jy kan nie, wees gehoorsaam aan die Heilige Gees en jy sal kan!!! Vertel dus jou storie /getuienis of hoe jy God onlangs beleef het!

Hoe moet jou store / getuienis wees?

Vertel jou storie voor jy Christus gevolg het, hoe jy by Christus uitgekom het, hoe jy vandag as Christen leef.

Hoe bid ek (vir ‘n ander)?

Besef en bid dat jy in sonde leef en jouself nie kan red nie, Dank Jesus dat Hy vir jou gesterf het en aanvaar Hom as jou Verlosser. Aanvaar God as Koning in jou lewe en vra die Heilige Gees om jou getrou te hou in jou geloof in Jesus Christus.

Week 4: L10T Stap Vier; Vat Vyf

Kies vyf persone wat Jesus nie ken nie, bid vir elkeen 1 minuut per dag, gee om vir hulle, wees gereed om te vertel en volhard vir ten minste een Jaar!!

No comments: