Wednesday 21 January 2015

Openbaring #27: Openbaring 1 (Deel 3): Die groete aan die 7 Gemeentes


Openbaring 1 (Deel 3): Die groete aan die 7 Gemeentes 

(Op 1:4-8) 

Op 1:4  Johannes aan die sewe gemeentes in Asië: Genade vir julle en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste wat voor sy troon is

Die 7 gemeentes word by name genoem in Openbaring 2-3

Die getal sewe in die Skrifte dui aan volmaaktheid en volkomendheid. Sien onder andere: http://www.biblestudy.org/bibleref/meaning-of-numbers-in-bible/7.html

Die 7 gemeentes geopenbaar in die boek Openbaring is dus verteenwoordigend van die GANSE Kerk en die spesifieke gemeentes genoem verteenwoordig dus die toestand van die GANSE Kerk en ook die tydvakke wat in die GANSE Kerk geskiedenis sou volg.

Die groete vanaf die 7 Geeste dui op 'n kwalatiewe aspek en aldus op die 7 attribute van die Heilige Gees.

Jes 11:2  en op Hom sal die (1) Gees van die HERE rus, die (2) Gees van wysheid en (3) verstand, die Gees van (4) raad en (5) sterkte, die Gees van (6) kennis en van die (7) vrees van die HERE.

Jesus Christus is die Getroue Getuie,
Jesus Christus het uit die dode opgestaan,
Jesus Christus is die Prins van alle konings op aarde,
Jesus Christus is ook die Koning van alle konings,
Jesus Christus het ons lief,
Jesus Christus het ons van ons sondes gewas en
Jesus Christus het ons gemaak konings en priesters vir God.

Op 1:5-6  en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed  (6)  en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.

Dit in nou die tyd om te AMEN!!!!

GOD die Vader word genoem die Alfa en die Omega (Op 1:8; 21:6), en
Die Naam word ook gebruik en is van toepassing op die Seun van GOD, op Jesus Christus (Op 1:11; 22:13)

GOD, die Almagtige, wat instaat is tot alle dinge; wat heers oor alle dinge en wat beheer het oot die gang van die geskiedenis.........

SAL ALLES wat in die boek Openbaring geskrywe staan, tot vervulling bring.

Op 1:8  Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.



Hierdie dan 3/5 mbt Openbaring 1:

Die inleiding tot Openbaring: Lees hier
Die tema van Openbaring: Lees hier
Die groete aan die 7 Gemeentes:  Hierdie skrywe

Volgende: Johannes die Apostel verban op Patmos:  Lees hier

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

No comments: