Monday 16 November 2015

Openbaring#60: Openbaring 10 God is nie sonder Sy getuienis tot die wereld nie


Wat dus nou gaan gebeur, het verreikende gevolge

Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!

Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:

Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking

Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 3de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 4de basuin: Lees hier
Op 8: Die aankondiging van die 3 Wee: Lees hier

Op 9: Die blaas van die 5de basuin is die 1st Wee: Lees hier
Op 9: Die blaas van die 6de basuin is die 2de Wee: Lees Hier

Die gebeure tydens die middel van die Verdrukking

Op 10: Die gebeure in die middel van die Verdrukking: Lees Hier
Op 10: Openbaring 10 is 'n parentese: Lees Hier
Op 10: God is nie sonder Sy getuienis tot die wereld nie: Hierdie skrywe


God is nie sonder Sy getuienis tot die wereld nie

In hierdie 10de hoofstuk, wat ons ʼn “parentese” noem, sien ons sekere gebeure wat nie die inhoud van die seëls, basuine of wraakskale geopenbaar is nie, maar wat wel gebeure is wat tot vervulling kom tegelyk met die hoofgebeure in die Verdrukking.

Die gebeure vind plaas tussen die 6de en die 7de basuin of tussen die 2de en die 3de wee.

Die 6de basuin het het reeds geblaas; maar die 7de blaas nie voor Openbaring 11:15 nie.

Tussen die twee basuine verneem ons van vreeslike dinge wat gebeur (10:1-11:14).


In Openbaring 11:14 word verklaar: Die 2de weë het verbygegaan; kyk, die 3de kom gou.

Onmiddellik ná die verklaring blaas die 7de basuin, wat dan ook die laaste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking gaan inlui.

Die sterk Engel

Die sterk engel wat uit die hemel neerdaal kom om te spreek met goddelike gesag.

Dat die engel bekleed was met ʼn wolk en ʼn reënboog was oor sy hoof, sy aangesig was soos die son en sy voete soos pilare van vuur, al hierdie dinge spreek van die goddelike gesag van hierdie persoon.

Die engel hou in sy hand ʼn geopende boekie of boekrol. Die Engel word dan ook deur 'n stem uit die hemel beveel om die boekie aan Johannes te gee.

Die engel staan met sy linkervoet op die land en sy regtervoet op die see sit, wat beteken dat die hele skepping betrek, nie maar net ʼn sekere deel daarvan nie.

Die Engel se stem was soos ʼn leeu wat brul (Op. 5:5).

Dié gebrul is kragtig en onheilspellend

Wat dus nou gaan gebeur, het verreikende gevolge

Die Engel se eedswering

(Rev 10:5) En die engel wat ek op die see en op die land sien staan het, het sy hand na die hemel opgehef, (Rev 10:6) en hy het gesweer by Hom wat tot in alle ewigheid lewe, wat die hemel geskape het en wat daarin is, en die aarde en wat daarin is, en die see en wat daarin is, dat daar geen tyd meer sal wees nie;

Die engel wat die aankondiging doen, bevestig dit met eedswering.

Hy sweer by Hom wat tot in alle ewigheid lewe

Wat dus by Hom gesweer is, staan altyd vas – tot in alle ewigheid.

Deel van die eed is dat die tyd verby is, daar sal geen tyd meer wees nie.

Die bedoeling is dat daar geen oponthoud meer sal wees nie.

Niks van wat God gesê het, gaan meer uitgestel word nie.

Die finale profesieë sal nou in vervulling gaan.

God het ʼn tyd vir alle dinge bepaal, en die tyd het nou aangebreek dat die oordele voltrek word.

Wat God gespreek het, SAL nou in vervulling gaan.

Johannes moet profeteer

Rev 10:9 En ek het na die engel gegaan en aan hom gesê: Gee my die boekie. Toe sê hy vir my: Neem en eet dit op, en dit sal jou maag bitter maak, maar in jou mond sal dit soet wees soos heuning.

Dit was nie genoeg vir Johannes om die boekie te sien en te weet wat daarin staan nie, hy moes dit ook in sy binneste ontvang.

God se Woord word gelykgestel aan voedsel Toe sê hy vir my: Neem en eet dit op, en dit sal jou maag bitter maak, maar in jou mond sal dit soet wees soos heuning.

God se Woord bevat soet beloftes, maar ook is daar bitter waarskuwings en profesieë van oordeel.

Johannes het baie om te sê aangaande die nasies van die wêreld soos hy die res van die profesie van die boek bekendstel.

Dit is die woorde wat vir ons opgeteken is in die oorblywende deel van die boek Openbaring.

Johannes as profeet moet nou God se boodskap verkondig. Dit is soet in sy mond, maar met bitter nagevolge vir die mens.

Johannes moet die oordele van God hard en duidelik aan ʼn sondige wêreld verkondig.

Na dié woorde moet die onregverdige en die regverdige luister (Op. 22:10-11).

Niemand mag enigsins iets byvoeg of wegneem by die woorde van die profesie van die boek nie (Op. 22:18-19).

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 11: Die 3de Tempel: Lees hier

No comments: