Sunday 22 February 2015

Openbaring #36 Openbaring 6: 'n ontleding van Daniel 9:27

Al die gebeure in Openbaring 6 tot 19 sal gebeur binne die tydsbestek van 7 jaar en sal ook almal in 'n chronologies orde plaasvind.


Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!


Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.


Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:


Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking


Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Hierdie skrywe

Openbaring 6 - 'n ontleding van Daniel 9:27


Al die gebeure in Openbaring 6 tot 19 sal gebeur binne die tydsbestek van 7 jaar en sal ook almal in 'n chronologies orde plaasvind.

So ook sal daar ander gebeurtenisse terselfdetyd plaasvind gedurende die eerste helfte van die 7 jaar. Hierdie ander gebuere word ook genoem parantese gedeeletes, dit is, gedeeltes wat bykomstige inligting gee mbt die gebeure tydens die 7 jaar Groot Verdrukking ( mbt tot wat op die aarde of in die hemel gebeur).

Om die 7 jaar Groot Verdrukking te verstaan, MOET Daniel 9: 24-27 (veral vers 27) duidelik verstaan word as toekomstig en ook moet dit versatan word dat die professie van Daniel die Groot Verdrukking soos in die boek Openbaring onderskryf.

Dan 9:27  En hy sal een week lank met baie ‘n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar ‘n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word.

Daar is die volgende belangrike aspekte wat meer bespreking benodig:

En hy.....


Eerstens moet ons oplet dat "hy wat met baie 'n sterk verbond vir een week sal sluit"

is ook dieselfde hy, dieselfde persoon    "wat gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer sal laat ophou"

So wie is die hy?


Mat 24:15  Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom—laat hy wat lees, oplet—

(2Th 2:3)  Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf

(2Th 2:4)  die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.

Dan is daar ook ander name , titels en beskrywings:

Die ander horinkie (Dan 7:8)
'n Vors wat kom (Dan 9:26)
die ongeregtigde (wettelose een) (2 Thess 2:8)
die Antichris (1 Joh 2:22)
die Dier (Op 13:4, 14)

Die hy kan niks en niemand anders wees as die Antichris

Rev 13:18  Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig.

Die persoonlike naam van die Antichris sal 666 ewenaar wanneer hy geopenbaar word aan die begin van die 7 jaar Groot Verdrukking ( in Hebreeus het elke mens se naam  'n numeriese waarde)

sal een week....


'n jaar week is 'n periode van 7 jaar (Lev 25:3-4, Dan , 9:2).

Die hele periode van 70 jaarweke gaan volgens Dan 9:24 gaan uitstluitlik oor die volk (Israel) en jou heilige stad (Jerusalem)

...wat dus handel...

Oor die rus van die land (Lev 25:1-7), in besonder oor Israel se versuim om die sabbatte van die land te onderhou, daarom die oorspronklike oordeel van die 70 jare van balingskap (2 Kron 36:19-21; Jer 15:9-12; 29:10).

Dis egter dan ook deur die engel Gabriel aan Daniel bekend gemaak dat die straf tov die volk en jou heilige stad inderdaad nog 70 jaarweke ( 490 jaar ) sal wees.

Die een week dus volgens Dan 9:27  is dan die laaste van die 70 jaarweke rakende die die volk en jou heilige stad deur God bepaal om nog toekomstig in vervulling te gaan.

"een week" is dus niks anders as die 70ste week van jare (Dan 9:24-27),
wat ook bekend is as die benoudheid van Jakob (Jer 30:7),
en word ook genoem die Verdrukking of Groot Verdrukking (Mat 24:21-22, Op7:13-14).

met baie 'n sterk verbond sluit....


Dit is mos duidelik deur die letterlike betekenis van Dan 9:27 dat daar vir een week, vir 7 jaar... 'n verbond gesluit gaan word.

Die Antichris sal dus in die BEGIN van die 7 jaar Groot Verdrukkings (Op 6) as die vredevors geopenbaar word.

As 'n VALSE messias sal hy met Israel  en die Arabiese bure 'n vredesverbond skep.

Die Antichris sal deur sy VALSE vredes en eenheidspogings poog om die mensdom te verenig onder sy leierskap.

Die mensdom sal dan deur die poletieke, maatskaplike, ekonomiese en godsdienstige initiatiwe van die Antichris gemanipiuleer word.

Wereldeenheid word die wagwoord en die Antichris sal die krediet kry vir ekonomiese herstel en vrede (alhoewel VALS)

en gedurende die helfte van die week......


Die periode van 7 jaar word verdeel in twee helftes. In Op 11-13 word na die twee helftes verwys as 3.5 jaar , ook as 42 maande, en ook as 1260 dae.

sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou.......


In die middel van die Groot Verdrukking ( na die eerste helfte, na 3.5 jaar) sal die Antichris sy verbond verbreek.

Een week en die helfte van die week, is die mees gedokumenteerde periodes van tyd in die Bybel (Dan 4:16,23,25; 7:25; 9:27; 12:7; Op 11:2-3; 12:6; 13:5)

Die Antichris sal na hy sy verbond verbreek het, die herboude tempel ontheilig en die offerdienste afskaf.

en op die vleuls van gruwels....


Die verbondsverbreking in die middel van die 7 Jaar Groot Verdrukking sal gepaard gaan saam met die oprigting van die gruwel in die tempel (Mat 24:15; Op 13:14-15)

Die Antchris sal as die "gruwel" in die in die herboude tempel gaan sit (2 Thess 2),  homself tot GOD verklaar,  (Dan 9:27; 2 Thess 2:4) en ook alle vryheid van godsdiens sal hy laat vervang deur verpligte aanbidding van homself (Op 13)

sal daar n verwoester wees......


Die Antichris gaan hom as die "verwoester" dan ook tot ongeewenaarde geweld wend en sodoende die bloedigste diktatuur skep wat die wereld nog ooit geken het.

'n verskriklike vervolging van Jode sal dan plaasvind (Mat 24: 21-22)
die Antichris word alleen heerser en militere diktator
wereld ekonomie en handel word ingestel ( die 666)
ongekende sterfte syfers word deur toenemende oorloe, pessiektes en natuurrampe geeis
Die Antichris sal as die persoon geopenbaar word wat die hoof van 'n antichristelike nuwe wereldorde sal wees

en wel tot die einde.....


Tydens die ware Christus wederkoms sal die Antichris verdoem word en sy wereldorde vernietig word.

In plek daarvan sal Christus se wereldregering ( die 1000 jaar Vrederyk) gevestig word.

Dus na die 7  seels (Op 6: 1- 8:6), die 7 basuine (Op 8:7 - 16:1) en die 7 bakke (Op 16:2 - 21), dan word eers die dan wereld godsdiens vernietig (Op 17) , daarna die vernieteging van die poletieke stad Babilon wat die Antichris se hoofkwatier teen daardie tyd sal wees (Op 18)...dan eers die sigbare wederkom van Christus (Op 19:11), daarna die 1000 Vrederyk.

Wanneer sal die Antichris geopenbaar word?


2Th 2:6  En nou, julle weet wat hom ( die Antichris) teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word.

Paulus stel dit duidelik as hy skryf dat dit sal wees wanneer " hy wat nou teehou, uit die weg geruim is en dan sal die ongeregtigde geopenbaar word"

Die enigste iets wat die Antichris se openbaarmaking teenhou is die Kerk deur die werking van die Heilige Gees.

Die hy wat nou teehou is 'n verwysing na die Kerk, want die Kerk kan " 'n man" genoem word omdat die die liggaan van Christus manlik is (Eh 1:22-23; Kol 1:18)

Sodra die Kerk weggeraap is , sal die Antichris sy verskyning maak aan die BEGIN van die 7 jaar Groot Verdukking.

Derhalwe kan die Kerk nie deur die Groot Verdrukking gaan nie.

Dit kan nie die Heilige Gees wees wat die Antichris teehou nie


(Rev 7:13)  Toe het een van die ouderlinge gespreek en vir my gesê: Hulle wat bekleed is met die wit klere, wie is hulle en waarvandaan het hulle gekom?

(Rev 7:14)  En ek sê vir hom: My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam.

Openbaring 7 toon duidelik en onteenseglik aan ons dat die Heilige Gees steeds op aarde tydens die Groot Verdrukking saligheid (wedergeboorte) sal bewerkstellig onder die Jode en die heidene

Al is "hy wat wat nou teehou (die Kerk) uit die weg geruim / weggeraap (2 Thess 2:7)  en al doop die Heilige Gees nie meer in die liggaam van Christus nie (1 Kor 12:13) in die dae van die Groot Verdukking nie ( dit is slegs 'n spesifieke bediening vir die Kerk alleen), SAL die Heilige Gees steeds voortgaan in sy werk van wedergeboorte en verseeling (Joh 3:3-7; Ef 1:13-14; 2 Kor 1:22-23)

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Op 6: Die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking: Lees hier

No comments: