Wednesday 4 February 2015

Openbaring#34: Openbaring 4: Gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin (Deel 1)


God gaan wat Hy vooruit beplan het, laat gebeur!!!!!


Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!


Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:

Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Hierdie skrywe

Die Oordeelstroon van God

Ná hierdie dinge


Op 4:1  Ná hierdie dinge het ek gesien kyk, ‘n geopende deur in die hemel, en die eerste stem wat ek soos ‘n basuin met my hoor spreek het, het gesê: Kom op hierheen, en Ek sal jou toon wat ná hierdie dinge moet gebeur

Na wat se dinge?


Na die verloop van all die voorafgaande! ...(Op 1 - 3)

maw:

Na die verloop van wat Johannes gesien het! ....(Op 1)

Na die verloop van die Kerk era! ....(Op 2-3)

Na die wegraping van die Kerk! ....(Op 4:1)

Dan????.......

Johannes se visioen van wat in die hemel sal volg....

Die oordeels troon van God (Op 4:2-11)

God die Vader sit op Sy troon van oordeel (Op 4:2) en Hy is in volle beheer. God staan vir Sy majesteit, in voorkoms 'n helder lig (voorkoms van Jaspis / seegroen). God sal sy oordeel uitoefen (voorkoms Sardius / bloedrooi), maar God onthou sy verbonde en bly steeds getrou daaraan self tydens sy oordeel (Reenboog van voorkoms Smarag / diepgroen). (Op 4:3)

God gaan wat Hy vooruit beplan het, laat gebeur!!!!!

Die 24 Ouderlinge verteenwoordig die weggeraapte Kerk voor die troon van God.

Hul wit klere spreek van saligheid en geregtigheid en hul krone van oorwinning. Die Ouderlinge is verteenwoordigend van die Kerk voor die troon van God en spreek dus duidelik van Kerk wat nie meer op die aarde is nie.(Op 4:4)

Die Ouderlinge sing vir die Lam 'n nuwe lied. Hierdie lied bevat en som die resultate op van die offerdood van Jesus Christus, die Lam. Sy dood was nie 'n ongeluk nie, dit was met 'n doel. Die doel was dat deur sy soendood die verhouding tussen God en die mens herstel is. Die Lam se dood het 'n unversele effek. Dit was om mense te koop uit elke stam, taal, volk en nasie. Die vrygekooptes is nou gemaak konings en priesters en daar word aan hulle heerskappye gegee. As konings sal die verlostes regeer, as priesters is hulle 'n kanaal van seen wees. (Op. 5:8 - 10)

Meer weer oor die wegraping:

Openbaring#16: Die verborgenheid van die wegrapings gebeurtenis: Lees hier
Openbaring#17: Die leerstelling van die wegraping: Lees hier
Openbaring#18: Die wegraping vs die sigbare wederkoms van Jesus Christus: Lees hier
Openbaring#19: Wanneer sal die wegraping plaasvind? Lees hier

Die Weerlig, donderslae, en die 7 Geeste, is die simboliese betekenis van God se se komende oordele. (Op 4:5)

Die 4 geskape wesens prys God vir sy heiligheid, prys Hom want Hy is die Almagtige. Hul aanbid Hom, wat op die troon sit, want Hy is tot in alle ewigheid. Die taak van die lewende wesens is om Hom wat op die troon sit, the aanbid om daardeur Sy heiligheid te bevestig. (Op 4:6-9)

Die Ouderlinge darenteen verteenwoordig 'n spesiale verhouding tussen God en Sy Kerk. Hulle aanbid Hom vir Sy skeppende krag. (Op 4:10-11)

Op 4:11  U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape. 

Die 4 geskape wesens bring die hele skepping tot vereering van God,  en bevestig daardeur Sy eer en heiligheid.

Die Ouderlinge, as verteenwoordigers van die verlostes, aanbid Hom vir wat Hy gedoen het, dat Hy hulle gered het.

Tot die Skepper God word besing die eer, heerlikheid, krag, aanbidding en danksegging!  

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

No comments: