Sunday 1 February 2015

Openbaring #31: Openbaring 2-3 (Deel 1): Die 7 Gemeentes - 'n inleiding

Openbaring is inderdaad van 'n profetiese aard en as sulks is die profetiese toekoms van die gemeentes deurlopend geopenbaar.


Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;



Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:

wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word. 

Openbaring 2-3: Die 7 Gemeentes - 'n inleiding

Hoekom spesifiek die 7 gemeentes van Asie?

Efese; Die teruggevalle gemeente (70AD - 170AD)
Smirna; Die verdrukte gemeente (170Ad - 312AD)
Pergamus; Die losbandige gemeente (312AD - 606AD)
Thiatire; Die gemeente wat verslap het (606AD - 1520AD)
Sardis; Die dooie gemeente (1520AD - 1755AD)
Filadelfia; Broederliefde gemeente (1755AD - 1900AD)
Laodicense; Die materialistiese gemeente (1900AD - Datum)

Wat vir die gemeentes gese is, het God ook progressief gese vir all die gemeentes tot datum.

Die karaktertrekke en omstandighede uitgewys deur Jesus het dus hulself herhaal in die gemeentes deur die eeue heen tot vandag toe.

Openbaring is inderdaad van 'n profetiese aard en as sulks is die profetiese toekoms van die gemeentes deurlopend geopenbaar.

Wat dus gese is van die 7 gemeentes is progressief die afgelope 2000 jaar vervul en sal ook so aanhou om vervul te word tot en met die wederkoms van Jesus Christus.

Die Here se gemeentes is Sy lig draers (kandelare) van hierdie openbaring en is as sulks die getuies van Jesus Christus.

Wat geopenbaar is raak die fisiese gemeentes eerder dan die geestelike (onsienlike) Kerk wat ook andersins bekend is as die ligaam van Christus, wat dan ook net bestaan uit slegs gelowiges.

Daarteenoor bestaan die fisiese (sigbare) gemeentes uit beide gelowiges en ongelowiges.

Eph 5:23  Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam. 

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard 

Volgende Op2-3:  Die 7 Gemeentes opgesom: Lees hier

No comments: