Tuesday 3 February 2015

Openbaring #32: Openbaring 2-3 (Deel 2): Die 7 Gemeentes opgesom


Die 7 gemeentes, of kandelare, weergee lig, waarheid en insig in die wereld (die gemeentes is die getuies van Jesus).

Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!

Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:



Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul : Lees hier

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan: Hierdie skrywe

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word. Later

Op 2-3 Die 7 Gemeentes: 'n inleiding: Lees hier
Op 2-3 Die 7 Gemeentes: opgesom; Hierdie skrywe

Openbaring 2-3: Die 7 Gemeentes opgesom 

"Ek ken jou werke"

Op 1:20  die verborgenheid van die sewe sterre wat jy in my regterhand gesien het, en die sewe goue kandelaars: die sewe sterre is die engele van die sewe gemeentes, en die sewe kandelaars wat jy gesien het, is die sewe gemeentes. 

Die 7 gemeentes, of kandelare, weergee lig, waarheid en insig in die wereld (die gemeentes is die getuies van Jesus).

Jesus is midde-in die gemeentes, en as Hoe Priester versorg Hy die kandelare.

Jesus is dus teenwoordig in enige gemeente vandag, om soedoende Sy wil en Sy weg te bevorder.

(Mat 18:20)  Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.

Jesus lig aldus elke gemeente se unieke probleem uit en gee dan aanbevelings hoe dit opgelos kan word (Openbaring 2-3)

Efese (Op 2: 1 -7) 

Op 2:4  Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het....

Efese, jy het nie meer daardie vuur in jou wat jy voorheen gehad het nie. Daardie eerste liefde wat jy vir My gehad het, is nie meer daar nie. Jou eerste liefde is nie meer vir jou van belang nie. Jou passie vir My, jou geestelike karakter en hartstog vir My, is nie meer vir jou die belangrikste in jou lewe nie!

Onthou dus jou eerste liefde ( passie vir My) , bekeer jou ( verander jou  gedagtes en optredes ) en doen weer jou eerste werke ( wy jouself weer toe tot My).

Doen dit, of Ek verwyder jou kandelaar ( Jy sal nie meer die lig, waarheid en insig vir die wereld meer wees nie).

Het jou gemeente (jy) jul liefde vir Jesus verloor? Het jul jul passie vir Jesus verloor?
Bekeer jul!

Smirna (Op 2: 8-11) 

Op 2:10  Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word; en julle sal tien dae lank verdrukking hê. Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee. 

Smirna, Ek ken jou werke, jou verdrukking en jou armoede. Moenie bevrees wees oor enige van die dinge wat jou gaan oorkom nie. Wees getrou tot die dood toe, en Ek belowe jou My martelare, dat julle nooit weg van die aangesig van God sal wees nie. Jy sal ontvang die kroon van die lewe, dit is; Die martelaarskroon vir diegene wat bereid was om hul lewe vir vir Jesus Christus af te le.

Gegewe die wereld gebeure vandag: Sal jou gemeente (jy) jul man staan? Sal jul Jesus verloen, of sal jul (jy) bereid wees om die pad van 'n martelaar volg?
Wees getrou!

Pergamus (Op 2:12 -17) 

Op 2:14-15 AOV  Maar Ek het enkele dinge teen jou: dat jy daar mense het wat vashou aan die leer van Bíleam wat Balak geleer het om ‘n struikelblok voor die kinders van Israel te werp, naamlik om afgodsoffers te eet en te hoereer.  (15)  So het jy ook mense wat vashou aan die leer van die Nikolaïete, wat Ek haat.

Pergamus, jy leer ontrouheid aan God (leer van Bileam) en Ek haat enige valse lering (leer van die Nikolaiete). Bekeer jou of my oordeel sal jou ongehoorsaanheid volg.

Bevorder jy (jou gemeente) ontrouheid aan God? Verkondig jul valse leering?
Bekeer jul!

Thiatire (Op 2:18-29) 

Op 2:20  Maar Ek het enkele dinge teen jou; dat jy die vrou Isébel, wat haarself ‘n profetes noem, toelaat om te leer en my diensknegte te verlei om te hoereer en afgodsoffers te eet. 

Tiatire, Ek weet van alles, Ek is die een wat die gedagtes en hart ondersoek. Sommige van julle het toegelaat en ook laat aanvaar valse lering tot op die punt van aanvaarding van sondes (leer van Isebel ). Jy glo jy aanbid God, maar jy is inderdaad besig met aanbidding van beelde. As jy jou nie bekeer nie, sal jy gestraf word. Diegene wat nie aan die leer toegegee het nie, wees getrou aan My waarheid en jy sal nie verder belas word nie.

Bevorder jy (jou gemeente) valse leering? Beoefen jul valse aanbidding?
Bekeer jul!

Sardis (Op 3:1 - 6) 

Op 3:2  Wees wakker en versterk die wat oorbly, wat op die punt staan om te sterwe, want Ek het jou werke nie volkome voor God gevind nie. 

Sardis, jy is oorgegee aan rituele en vorms en het 'n kleed van godsaligheid, maar jy is geestelik dood. Ek roep jou om jou uit jou geestelike slaap wakker te word. Onthou wat jy ontvang en gehoor het en bekeer jou. Ek wil nie onverwags julle afkom nie. Herlewe, reining en heilig jouself om gereed te wees.

Is jy(jou gemeente) geestelik dood?
Heilig jul!

Filadelfia (Open 3:7 - 13) 

Op 3:8  Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou ‘n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en jy het my woord bewaar en my Naam nie verloën nie. 

Filadelfia, jy is geestlik lewenskragtig en Ek gee aan jou 'n geopende deur om verlossing te verkondig. Ek sal jou bewaar van alle toekomstige beproewinge.

Is jy(jou gemeente) geestelik lewenkragtig? Bevorder jul evengelisasie?
Bly getrou!

Laodicense (Op 3:14- 22) 

Op 3:16  Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug.

Laodecense, jy is selfgenoegd en trots (geestelik lou) en ook onbewus van jou ware toestand.  Jy het 'n wereldsgesind en 'n materalistiese gemeente geword waarin die regte en heerskappy van mense bo die heerskappy van God gestel is. Jy word geidentifiseer deur die ingesteldheid en wil van die mens en nie deur die wil en siening van God nie. Ek wil he jy moet My uitnodiging aanvaar sodat ek weer met jou gemeenskap kan he. Ek staan buite die deur en Ek klop, soekend na die geleentheid om in te kom. Bekeer, en enigeen wat die deur oopmaak, sal Ek met jul saam maaltyd hou.

Is jy (in die gemeente) koud(ongered)? Lou(slegs uiterlik vir Jesus / nog nie wedergebore)? of is jy warm (wedergebore)? 
Bekeer Jou!

Op 3:22  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. 

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard 

Volgende Op 4: Gebeure in die Hemel  wat VOOR die Verdrukking begin (Deel 1): Lees hier

No comments: