Wednesday 11 February 2015

Openbaring#35: Openbaring 5: Gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin (Deel 2)


Die boekrol bevat God se bestemming vir die mensdom, is God se uitgemete oordeel oor die mensdom en bevat dus ook die volle gebeure wat God vir die mensdom in gedagte het.


Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!


Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:

Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Hierdie skrywe

Die Lam en die boek verseel met 7 seels

Ná hierdie dinge

Op 4:1  Ná hierdie dinge het ek gesien kyk, ‘n geopende deur in die hemel, en die eerste stem wat ek soos ‘n basuin met my hoor spreek het, het gesê: Kom op hierheen, en Ek sal jou toon wat ná hierdie dinge moet gebeur



Na wat se dinge?

Na die verloop van all die voorafgaande! ...(Op 1 - 3)

maw:


Na die verloop van wat Johannes gesien het! ....(Op 1)


Na die verloop van die Kerk era! ....(Op 2-3)


Na die wegraping van die Kerk! ....(Op 4:1)



Dan????.......

Johannes se visioen van wat in die hemel sal volg....

Die Lam en die boek verseel met die 7 seels (Op 5:1-12)


Al drie reekse van oordele in Openbaring (seels, basuine en wraaksale) word voorafgegaan deur 'n inleiding in die hemel.

Die inleiding in die hemel tot die oordele in die 7 seels bevind, word in alsus in Openbaring 5 uiteengesit.


Op. 5:1  En ek het in die regterhand van Hom wat op die troon sit, ‘n boek gesien, van binne en van buite beskrywe en met sewe seëls goed verseël.


Die boekrol word beskryf en so ook die feit dat dit met 7 seels verseel is. Die boekrol is op die voor- en agterkant beskrywe, wat dus op die boekrol geskrywe is, is volkome en finaal, niks kan meer bygevoeg word nie. Die boekrol is verseel met die 7 seels wat testamentere krag aandui en dit kan slegs deur 'n gemagdigde en waardige erfgenaam geopen word.


Die boekrol bevat God se bestemming vir die mensdom, is God se uitgemete oordeel oor die mensdom en bevat dus ook die volle gebeure wat God vir die mensdom in gedagte het.


Op. 5:2-3  En ek het ‘n sterk engel gesien wat met ‘n groot stem uitroep: Wie is waardig om die boek oop te maak en sy seëls te breek?  (3)  En niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde kon die boek oopmaak of daarin kyk nie.


Die boekrol is boek van die  toekoms en die uitroep na 'n waardige een om dit oop te maak lewer niemand op wat waardig gevind word; in die hemel, die aarde, of onder die aarde (doderyk), onder geen hemelwese, engel of mens. (Op. 5:4)


Die waardige Een, die enige aangestelde erfgenaam word deur 'n ouderling aan Johannes geopenbaar. 


Dit is die Leeu uit die stam van Juda, die Wortel van Dawid. 


Dit is Jesus Christus! 


Wat Christus se mensheid betref, Hy het sy wortels in Dawid (Jes 11:1,10)


Wat sy Godheid betref, is Christus die wortel van Dawid. 


Beide die titles het sterk Joodse karaktertrekke. Hulle het albei hul oorsprong in die beskrywing van die komende Messias, en het ook in Hom hul vervulling gevind. (Op. 5:5)


Johannes sien dan die Lam wat in die middel van die troon tussen die 4 lewende wesens en die 24 ouderlinge staan. Hierdie is 'n geweldige beeld van Jesus Christus die Lam en die Leeu wat voor die troon verskyn. (Op. 5:6)


Die Lam neem die boek uit die regterhand van Hom wat op die troon sit. 


Christus is die Oorwinnaar, die enigste een waardig gevind om die boek oop te maak. 


Christus is die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Oewerste oor die konings van die aarde, die eeste en die laaste en die lewende, die een wat dood was en nou leef, tot in alle ewigheid. (Op. 5:7)


Vir die Lam word 'n nuwe lied gesing. Hierdie lied bevat en som die resultate op van die offerdood van Jesus Christus, die Lam. Sy dood was nie 'n ongeluk nie, dit was met 'n doel. Die doel was dat deur sy soendood die verhouding tussen God en die mens herstel is. Die Lam se dood het 'n unversele effek. Dit was om mense te koop uit elke stam, taal, volk en nasie. Die vrygekooptes is nou gemaak konings en priesters en daar word aan hulle heerskappye gegee. As konings sal die verlostes regeer, as priesters is hulle 'n kanaal van seen wees. (Op. 5:8 - 10)


Voor die troon is daar dan eenstemmigheid  en bevestiging dat die Lam inderdaad die Een in die skepping is; wat waardig is om die boek oop te maak, sy seels te breek em om die lof en aanbidding te ontvang. (Op. 5:11 - 13)


Op. 5:14  En die vier lewende wesens het gesê: Amen! En die vier en twintig ouderlinge het neergeval en Hom aanbid wat lewe tot in alle ewigheid.


Regte (C) 2011 Raymond D Lombard


Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Hierdie skrywe

Volgende: Openbaring 6: 'n ontleding van Daniel 9:27 Lees hier

No comments: