Friday 6 November 2015

Openbaring#56: Openbaring 9 Die blaas van die 6de basuin is die 2ste Wee


Die blaas van die 6de basuin is die 2de Wee deur die engel verkondig (Op 9:12-21)

Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!

Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:

Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking

Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 3de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 4de basuin: Lees hier
Op 8: Die aankondiging van die 3 Wee: Lees hier

Op 9: Die blaas van die 5de basuin is die 1st Wee: Lees hier
Op 9: Die blaas van die 6de basuin is die 2de Wee: Hierdie Skrywe

Dit is 'n plaag deur dood (Op 9:12-15)

Rev 8:13 En ek het gesien en gehoor ‘n engel wat in die middel van die hemel vlieg, wat met ‘n groot stem sê: Wee, wee, wee hulle wat op die aarde woon, vanweë die orige geluide van die basuin van die drie engele wat nog sal blaas!

Drie maal word herhaal: wee, wee, wee; hartverskeurende verklarings.

Rev 9:13 En die sesde engel het geblaas, en ek het ‘n stem gehoor uit die vier horings van die goue altaar wat voor God is,

Die blaas van die 5de basuin is die 1ste Wee deur die engel verkondig (Op 9 1-11)

Die blaas van die 6de basuin is die 2de Wee deur die engel verkondig (Op 9:12-21)

Die 6de basuin openbaar die loslating van boosheid en pyniging EN DOOD op die aarde onder die mens.

Met die blaas van die 6de basuin word vier gevalle engele wat gebind was by die groot rivier die Eufraat losgemaak.

Hierdie vier gevalle engele is die leiers van die tweede demoniese inval.

Die tweede wee veel erger as die eerste.

Deur die loslating van die vier engele wat die sesde basuin wat geblaas het tot gevolg het, sal een derde van die oorblywende mense op die aarde gedood word.

Die perde ruiters en hul getal (Op 9:16-19)

Wat ons hier aanskou, is demoniese perderuiters wat vrygelaat word om ʼn derde van die mensdom te vernietig.

Die getal demoniese perderuiters word gegee as tweehonderd miljoen.

Hulle word gelei deur vier gevalle engele en betrek dus al vier die windrigtings van die aarde.

Hierdie tweede wee wat nou losbreek, is gereed gehou vir die uur en dag en maand en jaar (vers 15) soos deur die raad van God bepaal.

Ons sien deur hierdie plaag oorlogsgeweld onder duiwelbesetenheid.

Demone wat by miljoene, dermiljoene mense op die aarde fisiek doodmaak.

Die mens word gedood deur die vuur en rook en swawel wat uit die bekke van hierdie demoniese kreature uitgaan.

Die mensdom staan absoluut magteloos en weerloos teen hierdie demoniese inval.

Die mens is gedood deur die vuur en die verstikking van rook en swawel.

Die mens word gedood nie net deur wat uit die bekke van die wesens uitgaan nie, maar ook deur die sterte van die skepsele.

Hulle sterte is soos slange en het koppe, en daarmee rig hulle groot skade aan.

Hierdie kreature val die mens aan van agter en van voor, want hulle mag is in hulle bek en in hul sterte.

Hierdie tweede wee toon aan ons die loslating van dood en verwoesting onder die oorblywende mense op aarde in die dae van die Groot Verdrukking.

Ons weet dat een kwart van die aarde se bevolking reeds gesterf het wanneer Openbaring 6:8 volbring word, noudat een derde van die orige driekwart van die aarde se bevolking sterf, beteken dit dat die helfte van die aarde se bevolking reeds gesterf het wanneer die sesde basuin se oordeel voltrek is.

Teen die huidige wêreldbevolking beteken dit drie en ʼn half miljard (drieduisend vyfhonderd miljoen) mense sterf binne die eerste drie en ʼn half jaar van die Verdrukking!

Dit beteken byna een miljard sterftes per jaar of byna honderd miljoen sterftes per maand drie en ʼn half jaar aaneenlopend!

Die mens se weiering om te bekeer (Op 9: 20-21)

Wie nie deur hierdie plae gedood is nie weier steeds om hulle tot God te bekeer.

Duiwelaanbidding vier hoogty in dié dae.

Die mens wend hom steeds tot sy afgode van goud, silwer, koper, klip en hout.

Vier besondere kenmerke van die laaste dae en die mens se boosheid op aarde waarvan hy weier om hom bekeer, is moorde, towerye (pharmakia/pharmatikos = “pharmacy,” apteek, dus dwelms), hoerery en diefstalle.

Die mens se onbekeerbare hart gaan dan aanleiding gee tot die derde wee, die uitwerping van Satan en sy gevalle engele uit die hemelruim op die aarde (Op 12:9-11) wat tot ʼn totale chaos gaan lei. (Op 11:14 - 18:10)

Soos wat Farao sy hart verhard het toe die plae oor Egipteland uitgestort is, so sal die mens in die laaste dae weier om hom van die verharding in sonde tot die lewende God te bekeer.

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 10 Die gebeure in die middel van die Verdrukking: Lees hier

No comments: