Wednesday 25 November 2015

Openbaring#71: Openbaring 13: Die Antichris se een wêreldregering


Die dier is 'n direkte verwysing na die Antichris

Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!

Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:

Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking

Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 3de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 4de basuin: Lees hier
Op 8: Die aankondiging van die 3 Wee: Lees hier

Op 9: Die blaas van die 5de basuin is die 1st Wee: Lees hier
Op 9: Die blaas van die 6de basuin is die 2de Wee: Lees Hier

Die gebeure tydens die middel van die Verdrukking

Op 10: Die gebeure in die middel van die Verdrukking: Lees Hier
Op 10: Openbaring 10 is 'n parentese: Lees Hier
Op 10: God is nie sonder Sy getuienis tot die wereld nie: Lees hier
Op 11: Die 3de Tempel: Lees hier
Op 11: Elia en Henog is die twee Getuies: Lees hier
Op 11: Elia en Henog se bediening, dood en opstanding: Lees hier
Op 11: Die blaas van die 7de basuin is die 3de Wee: Lees hier

Op 12: Die tyd van benoudheid vir Jakob: Lees hier
Op 12: Die vrou met die son bekleed is Israel: Lees hier
Op 12: Die manlike kind is die 144 000 Jode: Lees hier
Op 12: Die vuurrrooi draak is Satan: Lees hier

Op 13: Wêreldryke in professie volgens Daniel: Lees hier
Op 13: Die Antichris se ware kleure word getoon: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldregering: Hierdie skrywe

Openbaring 13: 1-10

Rev 13:1 En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering. Rev 13:2 En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag.

Die dier is 'n direkte verwysing na die Antichris. Lees hier

Hierdie dier (Antichris) is ‘n man, volgens Openbaring 13:18: Laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ’n mens en sy getal is 666.

Waarom word die Antichris “die dier” genoem?


Dr. Auberlen het gesê: “Sonder diviniteit (goddelikheid) sink die humaniteit (menslikheid) tot bestialiteit (dierlikheid).”

Dit geld in die algemeen vir die mensheid, maar in die besonder vir die Antichris.

Nebukadnésar is, toe hy hom teen God verhef het, ‘n dierehart gegee (Dan. 4:31- 33).

Hoeveel te meer sal die Antichris dierlik wees?

Die Antichris kom om te heers en te regeer.


Die dier (wat) uit die see opkom

In Openbaring 17:13 is die groot hoer wat op die water sit, die see van die mensdom - vergelyk Daniël 7:2-3.

In Openbaring 17:15 word verduidelik dat die see die wêreld se volke, nasies en tale voorstel.

Die Antichris kom uit die see van die mensdom volgens Openbaring 13:1; Openbaring 17:15; Daniël 7:2, 3 en Daniël 9:26, 27.

Die sewe koppe beeld sewe wêreldregerings uit die geskiedenis van Israel uit soos ons later sal sien in Openbaring 17.

Die tien krone is ‘n aanduiding van heerskappy. Hier is ‘n aanduiding dat die tien nasies uit die ou Romeinse Ryk nou onder sy heerskappy en mag gekom het. Dit kom ooreen met die tien tone van Daniël.

Die Antichris sal dus beheer hê oor die tien koninkryke in die ou Romeinse Ryk (tien tone van die beeld van Daniël) wat ten tyde van die middel van die Groot Verdrukking in der waarheid die herleefde Romeinse Ryk sal wees

Hier is dus niks anders as die opkoms van ‘n politieke wêreld-eenheid in sy ou verskyning, die Romeinse Ryk, besig om ‘n nuwe vorm aan te neem: die herleefde of herstelde Romeinse Ryk.

Daar sal ook samewerking wees tussen al die ou Romeinse koninkryke wat hulle kragte met die Antichris saamsnoer (Op 17:12-13).

Die karaktertrekke van die vier diere


Rev 13:2 En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag.

Die Antichris wat in die wêreld gaan opstaan, sal die nasies bymekaar maak in opstand teen God.

Vanuit God se oogpunt het die mense soos wilde diere geword wat oor die aarde regeer.

Die eerste dier is ’n leeu (Dan. 7:4; Op. 13:1) en verteenwoordig die hoof van goud van die beeld van Nebukadnésar.

Die tweede dier wat volg, is die beer (Dan. 7:5; Op. 13:2), wat Mede en Perse voorstel, en die borskas en arms daarvan was van silwer.

Ná hierdie twee kom die derde dier, die luiperd (Dan. 7:6; Op. 13:2), wat Griekeland uitbeeld. Dié het vinnig beweeg en het baie in die bestek van ‘n kort tydjie vermag.

Die volgende dier, die vierde, was iets vreesaanjaends en verskrikliks. Hy het ystertande gehad wat alles verskeur en vermorsel het, en dan die oorskot met sy pote vertrap het. Hierdie dier het tien horings gehad.

Hier in Openbaring 13:2 sien ons die luiperd, wat die Griekse Ryk voorstel, en die beer, wat Medo-Persië voorstel, en dan die leeu, wat die koninkryk van Nebukadnésar, Babilon, voorstel.

Ons weet dat hierdie spesifieke koninkryke is waarna verwys word en van waar die Antichris gaan kom, en waar sy mag gekonsentreer gaan wees.

Wat ons in dié twee verse (Op. 13:1,2) sien, is die diere in Daniël 7:2-8 saamgevat as een dier met al die eienskappe en karaktertrekke van al vier diere.

Die krag van die draak


En die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag.

Die Antichris se krag, troon en mag is aan hom gegee deur Satan self (vergelyk Op. 12:9; 20:2).

Wat ons hier aanskou, is een Antichristelike wêreldheerskappy onder die mag van Satan wat nou op die aarde neergewerp is.

Ons sien hier die troonsbestyging van die Antichris op aarde.

Die kop dodelik gewond


Rev 13:3 En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.

Een van die koppe van die dier, oftewel een van hierdie wêreldryke, is in ‘n groot mate herstel.

Daar word nie vir ons gesê spesifiek watter wêreldryk dit is nie.

Openbaring 17:8-11 werp meer lig hierop. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aangegaan:

Hier het ‘n skielike herstel van een van hierdie wêreldryke gekom en almal is verwonderd en niemand kon verstaan hoe dit gebeur het nie.

Ons weet dat Satan grotendeels hiervoor verantwoordelik is.

Duiwelaanbidding vier hoogty


Rev 13:4 En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?

Duiwelaanbidding vier hoogty in die eindtyd sowel as die aanbidding gerig tot die dier, die Antichris.

Satan wou nog altyd aanbid word en het selfs die Here Jesus daartoe versoek (Matt. 4:8-10). Jesus het hom juis hieroor bestraf.

Satan is ‘n godslasteraar omdat hy self God wil wees.

Sy werktuig, die Antichris, kry sy krag en sy mag van Satan (Op. 13:2).

Die Antichris sal ‘n uitnemende politikus sal wees


Rev 13:5 En ‘n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee en veertig maande lank te doen.

En ’n mond is aan hom gegee.

Dit identifiseer hom as dieselfde persoon as van 2 Thessalonicense 2:3-10.

Net onder die toelatende wil van God word dit verdra.

Hierdie is ook ‘n aanduiding dat die Antichris ‘n uitnemende politikus sal wees - ‘n besliste politieke figuur.

Hierdie taak sal hy met groot onderskeiding vervul en sy hoofadviseur is die duiwel self.

Wat groot woorde en godslasteringe uitspreek:

Met sy mond en gladheid van tong sal die Antichris deur slimmigheid en sluheid baie mense mislei.

Terselfdertyd sal hy hom aanmatig om lasterlike uitsprake te maak en homself te verhef.

Hier kan ons duidelik die lastering van hierdie persoon sien.

Twee-en- veertig maande lank.

Sy mag duur net 42 maande lank (3½ jaar).

‘n Uitgemete tyd wat die Here toegelaat het - vergelyk Daniël 7:25; 12:7; Op. 11:2, 3.

Ook voer hy oorlog teen Christene en Jode, dié twee groepe onder die mensdom wat hy met ‘n wrewel haat.

Die Antichris sal teen die God van die hemel optree


Rev 13:6 En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster.

Die Antichris het sy loopbaan begin as ʼn vredemaker (Op. 6:2) en self daarin geslaag het om die Israelies-Arabiese probleem “op te los” deur ʼn pakket van ‘n sewejaar-verbond saam te stel wat die Jode se belange sou beskerm (Dan. 9:27).

Hierdie beskerming sal die nasie in staat stel om die tempel te herbou en die godsdiens-rituele weer in te stel (Dan. 9:27; Op. 11:1).

In die middel van die periode van sewe jaar (Openbaring 10–13) sal die Antichris sy verbond verbreek, die offers in die tempel tot niet maak en homself as god verhef in die tempel (Dan. 9:27; 2 Thess. 2:3-4).

Hier sien ons die Antichris teen die God van die hemel optree.

Die Antichris sal teen die God van die hemel en almal daarin laster en vloeke uitspreek.

Die Antichris word toegelaat om oorlog te voer.


Rev 13:7 Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie.

Dit geskied onder die beskikking van God.

Die Antichris word toegelaat om teen die heiliges (Jode) oorlog te voer.

Sy mag sal uitkring met geweldige omvang.

Hy sal mag gegee word om teen die heiliges te veg en hulle te oorwin. Dit is Satan se krag wat die Antichris sterk maak.

Die Antichris gaan dit regkry om buitengewone kwaad aan te rig en voorspoedig te wees in wat hy doen.

Die Antichris ontaard in die wreedste militêre diktator denkbaar wat die wêreld tot nog toe gesien het.

Sy rol verskuif nou van politikus na ʼn militêre leier wat oorlog aanblaas.

Die omvangrykheid van die heerskappy van die Antichris word hier aangedui.

Baie volke en tale sal onder sy magsbewind kom terwyl hy wêreldoorheersing nastreef.

In dié strewe sal hy nie slaag nie, doodeenvoudig omdat God dit nie sal toelaat nie.

Daniël 11:41 dui aan dat daar selfs lande in die Midde-Ooste is wat nie onder sy mag sal staan nie:
Edom, Moab en Ammon, die teenswoordige Jordanië.

Sedert 1948 het baie Jode na Israel teruggekeer, en dit neem steeds toe.

Daar is tans tussen 14 en 15 miljoen Jode oor die wêreld versprei en baie keer in groot getalle na hul land terug.

‘n Plofbare situasie is aan die ontwikkel omdat daar byna sewe miljoen Jode in die land Israel woon terwyl daar bykans 2 miljoen Palestyne binne Israel se landsgrense woon wat hulle op ‘n Palestynse staat beroep.

Dit word ‘n onmoontlike situasie vir vrede in Israel wat uiteindelik gaan uitloop op ‘n finale konfrontasie tussen Israel en sy bure in die Midde-Ooste.

Gedurende die Groot Verdrukking sal die donkerste uur vir Israel aanbreek omdat twee derdes van alle Jode in Israel binne 3½ jaar doodgemaak sal word (Sag. 13:8-9).

Antichris-aanbidding in die laaste dae


Rev 13:8 En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie.

Hier sien ons weer eens dié Antichris-aanbidding in die laaste dae.

Die mense wat Christus verwerp het, sal hierdie bedrieër aanneem en hom aanbid.

Diegene wat die Here Jesus as hul persoonlike Saligmaker leer ken het, sal weier om die Antichris te aanbid en sal eerder sterf as om die Here Jesus Christus te verloën (Op. 20:4).

Die Antichris sal oorlogsugtug raak


Rev 13:9 As iemand ‘n oor het, laat hom hoor. Rev 13:10 As iemand krygsgevangenes maak, gaan hy in krygsgevangenskap; as iemand met die swaard doodmaak, moet hy met die swaard doodgemaak word. Hier is die lydsaamheid en die geloof van die heiliges.

Hier is ‘n vervulling van Jeremia 15:2: En as hulle jou vra: Waar moet ons heengaan? Sê dan vir hulle: So spreek die Here: Wie vir die pes bestem is, na die pes; en wie vir die swaard, na die swaard; en wie vir die hongersnood, na die hongersnood; en wie vir die gevangenskap, na die gevangenskap.

Hier sien ons wat die Antichris met die volk van Israel gaan doen, hy gaan hulle verdryf met gevangenskap en met die swaard (oorlog).

Ons kom dan uit bogenoemde verse tot die slotsom dat die Antichris ‘n besliste, politieke rol in sy regeringskap sal uitoefen met behulp van Satan.

Die rol wat hy vervul, sal so oortuigend wees dat baie (miljoene der miljoene) mense deur hom mislei sal word (Dan. 8:13-25; Op. 13:8).

Wanneer hy sy sewe jaar lange verbond met Israel verbreek in die middel van die Groot Verdrukking (Dan. 9:27; 7:24-25) en teen Israel draai (Dan. 7:25; Op. 13:6-10), verander sy rol meer in dié van ‘n militêre leier wat oorlogsugtig raak in sy strewe na wêreldoorheersing.

Hy sal nie daarin slaag om die hele mensdom onder een wêreldregering te verenig nie (Dan. 7:26-27).

Eienskappe en karakter van die Antichris

Die openbaring van die Antichris speel af in die hele tydperk soos in Openbaring 6-19 beskrywe.

Die totale tydsbestek in Openbaring 6-19 duur slegs sewe jaar.

Uit Israel se oogpunt staan hierdie tyd as die “sewentigste jaarweek” bekend, soos in Daniël 9:24-27 beskryf is.

In die Nuwe Testament word dit die Verdrukking en die Groot Verdrukking genoem (Matt. 24:21,29; Op. 7:14).

Hierdie sewe jaar word in twee helftes van drie-en-ʼn-half jaar (42 maande of 1 260 dae) elk verdeel, soos onder meer uit Daniël 9:27, Openbaring 11:2-3; 12:6 en 13:5 blyk.

Die eerste helfte van die Verdrukking sal deur ʼn valse vrede, asook deur politieke, maatskaplike,   ekonomiese en godsdienstige inisiatiewe vir die vereniging van die mensdom onder die leierskap van die Antichris gekenmerk word.

Wanneer sy vredes- en eenheidspogings egter misluk, sal hy hom in die oorblywende 3½ jaar tot die ongeëwenaarde gebruik van geweld wend en sodoende die bloedigste diktatuur instel wat die wêreld nog geken het (Matt. 24:21-22).

Die honderde miljoene slagoffers wat sy bewind van terreur sal eis sal daarvan die grootste menseslagting van alle tye maak.

Die twee helftes van die verdrukking kan van mekaar onderskei word deur daarna as die tyd van “valse vrede” (eerste helfte) en die “Groot Verdrukking” (tweede helfte) te verwys.

Dit is verkieslik om van die hele sewe jaar slegs as die “Verdrukking” te praat, omdat in werklikheid net die laaste 3½ jaar daarvan die “Groot Verdrukking” is.

In die eerste 3½ jaar sal die mense op aarde deur die Antichris en die valse profeet geestelik en polities verslaaf en geïntimideer word, maar in die laaste 3½ jaar fisiek verdruk en verdelg word.

Die bewind van die Antichris se regering breek ná die wegraping aan en sal sewe jaar lank duur.

Let wel, in hierdie eerste drie-en-ʼn-half jaar word die magsbasies van die Antichris gevorm (Dan. 7:8,20-25).

Valse vrede (eerste 3½ jaar). Die Antichris word as vredevors geopenbaar en sluit as valse messias ʼn verbond met Israel en sy Arabiese bure. Pogings word aangewend om ʼn nuwe wêreldorde te vestig. Die tempel in Jerusalem word of is reeds in dié tyd gebou. Valse eenheidsbande word in dié tyd gesmee terwyl daar geywer word vir ʼn wêreldvredesmag en wêreldgodsdiens. Wêreldeenheid word die wagwoord. Tydelike ekonomiese herstel en ʼn valse vrede tree in, die Antichris kry krediet hiervoor.

Groot Verdrukking (tweede 3½ jaar). Die Antichris se ware kleure word nou getoon. Hy ontheilig die herboude tempel, skaf die offerdiens af en verklaar homself tot God (Dan. 9:27; 2 Thess. 2:4). Vryheid van godsdiens word vernietig en vervang deur die verpligte aanbidding van die Antichris (Op. 13). Gruwelike vervolging word teen Jode en Christene ingestel wat weier om die Antichris as God te aanbid. Die Antichris word alleen heerser en militêre diktator. Die 666 word ingestel in die wêreldhandel en ekonomie. ʼn Ongekende sterftesyfer word deur toenemende oorloë, pessiektes en natuurrampe geëis. Daar vind ʼn groot mobilisasie plaas vir die slag van Armagéddon in die land van Israel. Die Antichris gaan as ʼn persoon geopenbaar word wat die hoof van ʼn antichristelike, nuwe wêreldorde sal wees. Tydens die ware Christus se wederkoms sal die Antichris verdoem en sy wêreldorde vernietig word. In die plek daarvan sal Christus se wêreldregering gevestig word.
Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 13: Die Antichris se een wêreldgodsdiens: Lees hier

No comments: