Thursday 5 November 2015

Openbaring#44: Openbaring 7 is ʼn parentese


Openbaring 7 is ʼn parentese (die gee van meer inligting of detail) te midde van die oordele van die sewe seëls.


Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!


Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:

Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking

Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Hierdie skrywe


Openbaring 7 is 'n parentese

Openbaring 7 is ʼn parentese (die gee van meer inligting of detail) te midde van die oordele van die sewe seëls.

Tussen die oordeel van die sesde seël (Op 6:12) en die sewende seël (Op 8:1) sien ons

eerstens die gereddes uit Israel (Op 7:1-8) en

tweedens ʼn baie groter groep gereddes uit alle nasies en stamme en volke en tale (Op 7:9-17).

Ná hierdie gesig word die 7de seël oopgemaak (Op 8:1) wat die sewe engele met die sewe basuin oordele na vore bring.

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 7 Die 144 000 Jode: Lees hier

No comments: