Monday 30 November 2015

Openbaring#81: Openbaring 16: God beveel die uitstorting van die wraakskale


ʼn Groot stem beveel die sewe engele met die sewe laaste plae om hul skale wat vol van die grimmigheid van God is, op die aarde te gaan uitgooi.

Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!

Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:


Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking


Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 3de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 4de basuin: Lees hier
Op 8: Die aankondiging van die 3 Wee: Lees hier

Op 9: Die blaas van die 5de basuin is die 1st Wee: Lees hier
Op 9: Die blaas van die 6de basuin is die 2de Wee: Lees Hier

Die gebeure tydens die middel van die Verdrukking


Op 10: Die gebeure in die middel van die Verdrukking: Lees Hier
Op 10: Openbaring 10 is 'n parentese: Lees Hier
Op 10: God is nie sonder Sy getuienis tot die wereld nie: Lees hier

Op 11: Die 3de Tempel: Lees hier
Op 11: Elia en Henog is die twee Getuies: Lees hier
Op 11: Elia en Henog se bediening, dood en opstanding: Lees hier
Op 11: Die blaas van die 7de basuin is die 3de Wee: Lees hier

Op 12: Die tyd van benoudheid vir Jakob: Lees hier
Op 12: Die vrou met die son bekleed is Israel: Lees hier
Op 12: Die manlike kind is die 144 000 Jode: Lees hier
Op 12: Die vuurrrooi draak is Satan: Lees hier

Op 13: Wêreldryke in professie volgens Daniel: Lees hier
Op 13: Die Antichris se ware kleure word getoon: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldregering: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldgodsdiens: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldekonomie: Lees hier

Op 14: Is ʼn voorspel tot die 7 wraakskaal-oordele: Lees hier
Op 14: Die 144 000 (manlike kind) is in die hemel: Lees hier
Op 14: Die aankondigings in die hemel: Lees hier
Op 14: Die graanoes word ingesamel: Lees hier
Op 14: Die wynoes word ingesamel: Lees hier

Die gebeure tydens die laaste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking


Op 15: Die gebeure in die hemel: Lees hier
Op 16: God beveel die uitstorting van die wraakskale: Hierdie skrywe

Die bevel van God vanuit die tempel in die hemel (Op 16:1)


Rev 16:1 En ek het ‘n groot stem uit die tempel aan die sewe engele hoor sê: Gaan gooi die skale van die grimmigheid van God op die aarde uit.

ʼn Groot stem beveel die sewe engele met die sewe laaste plae om hul skale wat vol van die grimmigheid van God is, op die aarde te gaan uitgooi.

Hierdie bevel kom uit die tempel van God in die hemel, dus ʼn direkte bevel vanuit God se teenwoordigheid.

Die skale bevat die afgemete of afgeweegde oordele van God wat spesifiek op die aarde, die see, die riviere en waterfonteine, die son, die troon van die dier(Antichris), die groot rivier (Eufraat), die lug en die mens uitgegooi moet word.

Openbaring 16 bestaan uit die uitstorting van die sewe laaste plae (Op. 15:8-16:1), die sewe wraakskaal-oordele van God.

Hierdie skale dek ʼn kort periode aan die einde van die Groot Verdrukking voor die wederkoms van Jesus Christus.

Die wraakskaal-oordele (plae) is God se finale en volkome oordele op die aarde wat lei tot op die wederkoms van sy Seun, Jesus Christus.

Daar is baie ooreenkomste tussen die sewe wraakskaal- en die sewe basuin-oordele (Op. 8:6-11:19), maar daar is ook drie duidelike verskille.

Eerstens, hierdie skaal-oordele is in ʼn volkome mate, terwyl die basuin-oordele net gedeeltelik was.

Tweedens, onder die basuin- oordele het ongelowiges geleentheid gehad om hulle te bekeer, die wraakskaal- oordele toon aan ons dat die geleentheid tot bekering nie benut word nie (Op. 16:9,11).

Derdens, die mensdom is onregstreeks deur die basuin-oordele geraak, terwyl onder die wraakskaal-oordele die mensdom regstreeks aangeval word.

ʼn Belangrike vraag blyk te wees:

Dwing die wraakskaal-oordele (die sewe laaste plae) oor die aarde die wederkoms van Christus af?

Duidelik word in Openbaring 16 ʼn baie donker prent van God se oordele reg voor die wederkoms van Jesus Christus geskilder.

In die gebeure nét voor die slag van Armagéddon en die nasies, gaan die Antichris se aanhangers met bose swere geteister, en die natuurlike hulpbronne van die wêreld vernietig word.

In ʼn ekologiese ramp van ongekende afmetings sal alle seelewe vrek en varswaterbronne totaal besoedel en ondrinkbaar raak.

Mense, diere, bome en plante sal deur geweldige hitte geskroei word en daarna sal die lig van die hemelliggame uitgedoof word.

In die duisternis van God se oordele sal vernietigende aardbewings en verwoestende haelstene die aarde en sy oorlewende bewoners tref.

Geboue in die stede van die wêreld sal intuimel.

Berge en eilande sal onder die see verdwyn.

Te midde van hierdie apokaliptiese rampe sal soldate van baie nasies onder demoniese aanhitsing na die Midde-Ooste en die land Israel optrek in ʼn poging om die oorblyfsels van Israel te probeer verdelg.

Die antwoord blyk ʼn besliste ja te wees, veral in die lig van Openbaring 16:12-16.

Die wraakskaal-oordele (die sewe laaste plae) oor die aarde dwing wel die wederkoms van Christus af 

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 16: Die 1ste wraakskaal word uitgestort: Lees hier

No comments: