Monday 30 November 2015

Openbaring#80: Openbaring 15: Gebeure in die hemel VOOR die uitstorting van die wraakskale


Hierdie 7 laaste plae, ook genoem die 7 wraakskaal-oordele, berei die wêreldtoneel voor vir Armagéddon, waar die Groot Verdrukking sy klimaks gaan bereik.

Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!

Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:


Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking


Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 3de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 4de basuin: Lees hier
Op 8: Die aankondiging van die 3 Wee: Lees hier

Op 9: Die blaas van die 5de basuin is die 1st Wee: Lees hier
Op 9: Die blaas van die 6de basuin is die 2de Wee: Lees Hier

Die gebeure tydens die middel van die Verdrukking


Op 10: Die gebeure in die middel van die Verdrukking: Lees Hier
Op 10: Openbaring 10 is 'n parentese: Lees Hier
Op 10: God is nie sonder Sy getuienis tot die wereld nie: Lees hier

Op 11: Die 3de Tempel: Lees hier
Op 11: Elia en Henog is die twee Getuies: Lees hier
Op 11: Elia en Henog se bediening, dood en opstanding: Lees hier
Op 11: Die blaas van die 7de basuin is die 3de Wee: Lees hier

Op 12: Die tyd van benoudheid vir Jakob: Lees hier
Op 12: Die vrou met die son bekleed is Israel: Lees hier
Op 12: Die manlike kind is die 144 000 Jode: Lees hier
Op 12: Die vuurrrooi draak is Satan: Lees hier

Op 13: Wêreldryke in professie volgens Daniel: Lees hier
Op 13: Die Antichris se ware kleure word getoon: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldregering: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldgodsdiens: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldekonomie: Lees hier

Op 14: Is ʼn voorspel tot die 7 wraakskaal-oordele: Lees hier
Op 14: Die 144 000 (manlike kind) is in die hemel: Lees hier
Op 14: Die aankondigings in die hemel: Lees hier
Op 14: Die graanoes word ingesamel: Lees hier
Op 14: Die wynoes word ingesamel: Lees hier

Die gebeure tydens die laaste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking


Op 15: Die gebeure in die hemel VOOR die uitstorting van die wraakskale: Hierdie skrywe


Die 7 Engele met die 7 laaste plae (Op 15:1)


Rev 15:1 En ek het ‘n ander teken in die hemel gesien, groot en wonderlik: sewe engele met die sewe laaste plae, want daarmee is die grimmigheid van God voleindig.

Die term die 7 laaste plae (Op. 15:1) is ʼn aanduiding van die laaste reeks oordele van God voordat Jesus Christus terugkeer om die goddeloses te vernietig in die slag van Armagéddon en die nasies by Petra en in die Kedronvallei (Op. 19:11-20).

Hierdie 7 laaste plae word dan ook genoem die 7 wraakskaal-oordele, wat in die laaste deel van die sewe jaar lange Verdrukking uitgegiet sal word oor die aarde en in die besonder die koninkryk van die dier (Antichris) (Op. 16:10).

Hierdie laaste plae berei die wêreldtoneel voor vir Armagéddon (Op. 16:16), waar die Groot Verdrukking sy klimaks gaan bereik.

Openbaring 15 begin met waar Openbaring 11:19 opgehou het.

Johannes sien ʼn groot en wonderlike teken van diepe betekenis is en groot is in omvangrykheid, belangrikheid en gevolge vir die mensdom: "En ek het ‘n ander teken in die hemel gesien, groot en wonderlik"

Hierdie 7 laaste oordele bevat en volbring die grimmigheid van God.

Sover dit die oordele van God op die aarde betref, het dié nou hul einde bereik wanneer hulle voltrek is.

Openbaring 16 handel oor die oordele van die sewe laaste plae, die 7 wraakskale waarmee die grimmigheid van God voleindig sal wees, waarna sal volg die verwoesting van Babilon (Op. 17 en 18), waarna Jesus Christus self verskyn (Op. 19).

Die martelare wat seëvier het. (Op 15:2)


Vers 2: En ek het gesien iets soos ’n see van glas, gemeng met vuur. En die oorwinnaars oor die dier en oor sy beeld en oor sy teken, oor die getal van sy naam, het ek by die see van glas sien staan, met siters van God.

Johannes het voorheen die see van glas gesien voor die troon van God (Op. 4:6).

Hier in Openbaring 15 aanskou hy die martelare wat gedurende die laaste helfte van die Verdrukking oor die Antichris geseëvier het.

Hulle staan nou by die see van glas, gemeng met vuur.

Die vuur reinig nie net nie, maar spreek ook van die oordeel van God in die eindgerig.

Hierdie mense sal die Antichris en sy beeld oorwin deurdat hulle geweier het om die 666 te ontvang en om die Antichris of sy beeld te aanbid.

Hulle sal sterf as martelare, maar hett oorwin in hul geestelike stryd, daarom word hulle genoem oorwinnaars oor die dier (Antichris), en sy beeld (Op. 13:14-15).

Hulle besing hul saligheidsvreugde deur hul siters te bespeel.

Hierdie martelare het ʼn wrede dood gesterf onder die Antichris – nogtans is hulle oorwinnaars.

Die feit dat hulle vir hul geloof in God gesterf het, maak hulle oorwinnaars.

Hulle het gevind hoe waar Jesus Christus se woorde is toe Hy gesê het: Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind (Matt. 16:25).

Ware oorwinning lê nie daarin om die lewe te bewaar nie, maar om in die aangesig van boosheid as dit nodig is, getrou te wees tot die dood toe.

Die lied van die oorwinnaars (Op 15:3-4)


Van twee liedere word melding gemaak: die lied van Moses en die lied van die Lam.

Die lied van Moses is dit ʼn lied van verlossing. Dit is ʼn vertelling van God se handelinge met die volk van Israel – hoe hy hul verlossing bewerkstellig het.

Só het God aan die martelare oorwinning gegee.

Die tweede lied – die lied van die Lam – se woorde is in vers 3-4 opgeteken.

Hierdie lied word gesing deur die oorwinnaars oor die Antichris.

Hierdie oorwinnaars het ook talle van God se groot en wonderlike werke, sy tekens en magtige dade op die aarde, aanskou; dit is deel van die strekking van hul lied.

Die handelinge van God is steeds in ooreenstemming met sy wese, by name sy geregtigheid, heiligheid en waarheid.

Hy alleen is heilig en aanbiddingswaardig.

Die lied vier die verlossing van God se mense uit die mag van die Antichris.

Die tempel in die hemel geopen (Op 15:5-6)


Die tent van die getuienis is ʼn bekende titel of beskrywing in die Ou Testament vir die tabernakel in die wildernis (Númeri 9:15; 17:7; 18:2).

Die tent van die getuienis het in die Allerheiligste die ark met die tien gebooie bevat, die wet van God, die twee kliptafels met die woorde van God – God se getuienis vir die mens.

Johannes sien in die hemel die tempel van die tent van die getuienis, geopen.

Uit die tempel in die hemel waarin die tent van die getuienis is, sien hy sewe engele met die sewe laaste plae uitkom.

Die sewe engele is beklee met rein, blink linne, wat van heiligheid en heerlikheid spreek (Op. 3:4; 19:8).

Hulle is omgord met goue gordels.

Die betekenis is: Wat nou gaan gebeur, is vasgestel en bepaal, vas soos ʼn gordel.

Onder Goddelike heerskappy en onder Goddelike bevel sal hierdie sewe engele met die sewe laaste plae God se opdragte uitvoer.

Die 7 wraakskale (Op 15:7)


Rev 15:7 En een van die vier lewende wesens het aan die sewe engele sewe goue skale gegee, vol van die grimmigheid van God wat leef tot in alle ewigheid.

Een van die vier lewende wesens (soë), wat in verband met die skepping staan (Op. 4:6-7; 6:1-8; 14:3), gee aan die sewe engele sewe goue skale.

Die skepping gaan nou deur hierdie oordeel-skale aangetas word.

Hierdie skale is soos bakke – ʼn breë, vlak beker of bak.

Dit bring mee dat die inhoud skielik uitgestort word, in sy geheel, dit gee te kenne die snelheid van hierdie oordele of plae.

Hierdie wraakskale is vol van die grimmigheid van God, dus vol Goddelike oordeel.

Geen genade kan nou meer van God, wat tot in alle ewigheid leef, verwag word nie.

Daar is geen manier om die oordele wat nou uitgestort word, te ontkom nie.

Die Shekinah heerlikheid vul die tempel (Op 15:8)


Rev 15:8 En die tempel het vol rook geword uit die heerlikheid van God en uit sy krag, en niemand kon ingaan in die tempel voordat die sewe plae van die sewe engele voleindig was nie.

Die oomblik tot die 7 engele die 7 skale ontvang het, is die tempel gevul met die rook van die heerlikheid (shekinah) glorie van God.

Dit bring mee die sluit van die tempel sodat niemand kon ingaan in die tempel voordat die 7 plae van die 7 engele voleindig was nie.

God laat dus niemand toe om in die tyd voor Hom te kom staan om in die bres te tree vir die mens op aarde, om God se toorn te probeer afwend nie.

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 16: God beveel die uitstorting van die wraakskale: Lees hier

Rev 16:1 En ek het ‘n groot stem uit die tempel aan die sewe engele hoor sê: Gaan gooi die skale van die grimmigheid van God op die aarde uit.

No comments: