Monday 16 November 2015

Openbaring#63: Openbaring 11 Elia en Henog se bediening, dood en opstanding


Elia en Henog, as die twee getuies, sal hul getuienis in die eerste drie-en-ʼn-half jaar uitleef.

Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!

Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:

Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking

Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 3de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 4de basuin: Lees hier
Op 8: Die aankondiging van die 3 Wee: Lees hier

Op 9: Die blaas van die 5de basuin is die 1st Wee: Lees hier
Op 9: Die blaas van die 6de basuin is die 2de Wee: Lees Hier

Die gebeure tydens die middel van die Verdrukking

Op 10: Die gebeure in die middel van die Verdrukking: Lees Hier
Op 10: Openbaring 10 is 'n parentese: Lees Hier
Op 10: God is nie sonder Sy getuienis tot die wereld nie: Lees hier

Op 11: Die 3de Tempel: Lees hier
Op 11: Elia en Henog is die twee Getuies: Lees hier
Op 11: Elia en Henog se bediening, dood en opstanding: Hierdie skrywe


Elia en Henog se bediening, dood en opstanding (Op 11: 5-13)

Omdat die wêreld in geestelike duisternis gehul sal wees ná die wegraping, gaan die Here die twee besondere getuies stuur om onder Israel én die nasies ʼn oes vir sy koninkryk in te samel. Meer hieroor: Lees hier

Elia en Henog se bediening (Op 11:5-6)

Elia en Henog, as die twee getuies, sal hul getuienis in die eerste drie-en-ʼn-half jaar uitleef.

In Openbaring 11 word die karakter van die bediening en die gesag waaroor die twee getuies in die dae van die Verdrukking beskik bekend gemaak.

Hulle het mag oor vuur, reën, bloed en allerhande plae.

Al vier hierdie tekens is simbole van oordeel.

Elia het by verskeie geleenthede vuur uit die hemel neergebid (1 Kon. 18; 2 Kon. 1)

Elia het ook gebid dat dit nie moet reën nie (Jak. 5:17-18).

Elia en Henog sal ook mag oor verskillende plae hê om die aarde na willekeur daarmee te tref.

Hierdie tekens dien om hul getuienis te bevestig net soos in die dae van Moses voor Farao (Exodus 7-11).

Elia en Henog se dood (Op 11:7-10)

Elke mens is bestem om eenmaal te sterwe (Heb 9:27)

Elia en Henog is die enigste twee profete van ouds wat nooit gesterf het nie.

Die Antichris self staan onmagtig teenoor hierdie twee getuies.

Maar hy sal gehelp word deur die dier wat uit die afgrond opkom en teen die twee getuies sal oorlog voer.

Die dier wat uit die afgrond opkom (abussos – die bodemlose put, Op. 9:2,17; 17:8; 20:1-3), is ʼn prins onder die gevalle engele.

Hy sal die twee getuies doodmaak.

Die tyd volgens die bepaling van God, 1 260 dae vir die twee getuies, sal tot ʼn einde kom (Op. 11:2,7), ook aan hul getuienis moet daar ʼn einde kom.

Elia en Henog sal dus einde ten laaste ook ʼn fisieke dood sterwe, sodra hulle hul getuienis voleindig het.

Hulle lyke sal lê in die strate van Jerusalem, waar ook onse Here gekruisig is.

Die twee se lyke sal in die strate lê, hulle sal dus nie begrawe word nie.

Die wêreld wil oortuig wees dat hulle dood is.

Daar sal groot blydskap wees onder die mense wanneer die twee profete gedood
is, omrede hulle die bewoners van die aarde gepynig het.


Die goddelose op die aarde sal hulle verheug oor die twee se dood en sal vir mekaar geskenke stuur.

Elia en Henog se opstanding (Op 11: 11-13)

Na drie-en-ʼn-half dae gaan die twee profete ten aanskoue van almal uit die dood uit opgewek word deur ʼn daad van God.

Voor die oë van baie mense sal dié twee in ʼn wolk opvaar na die hemel.

Groot vrees sal kom oor die mense wat dit aanskou.

Jerusalem, die stad waar die twee getuies doodgemaak is en hulle weer lewend geword het, sal geoordeel word.

ʼn Aardbewing tref die stad Jerusalem, een tiende van die hele stad stort totaal in duie, baie mense het gesterwe deur hierdie oordeel.

Ander sal bevrees word en aan die God van die hemel heerlikheid toebring.

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 11: Die blaas van die 7de basuin is die 3de Wee: Lees hier

No comments: