Monday 23 November 2015

Openbaring#69: Openbaring 13: Wêreldryke in professie volgens Daniel


Om Openbaring 13 te verstaan, moet 'n goeie begrip verkry word van wat Daniël oor die koninkryke te sê het..

Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!

Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:

Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking

Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 3de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 4de basuin: Lees hier
Op 8: Die aankondiging van die 3 Wee: Lees hier

Op 9: Die blaas van die 5de basuin is die 1st Wee: Lees hier
Op 9: Die blaas van die 6de basuin is die 2de Wee: Lees Hier

Die gebeure tydens die middel van die Verdrukking

Op 10: Die gebeure in die middel van die Verdrukking: Lees Hier
Op 10: Openbaring 10 is 'n parentese: Lees Hier
Op 10: God is nie sonder Sy getuienis tot die wereld nie: Lees hier

Op 11: Die 3de Tempel: Lees hier
Op 11: Elia en Henog is die twee Getuies: Lees hier
Op 11: Elia en Henog se bediening, dood en opstanding: Lees hier
Op 11: Die blaas van die 7de basuin is die 3de Wee: Lees hier

Op 12: Die tyd van benoudheid vir Jakob: Lees hier
Op 12: Die vrou met die son bekleed is Israel: Lees hier
Op 12: Die manlike kind is die 144 000 Jode: Lees hier
Op 12: Die vuurrrooi draak is Satan: Lees hier

Op 13: Wêreldryke in professie volgens Daniel: Hierdie skrywe

WÊRELDRYKE IN PROFESIE


Om Openbaring 13 te verstaan, moet 'n goeie begrip verkry word van wat Daniël oor die koninkryke te sê het Daniël 2, 7, 8 en 11.

In Daniël 7, 8 en 11 word die beeld van Nebukadnésar verduidelik soos Nebukadnésar die beeld in sy droom gesien het (Daniël 2).

Daniél 2            Daniél 7               Daniél 8                Daniél 11

DIE BEELD      DIE VIER              SKAAP            KONING VAN DIE
                            DIERE              EN BOKRAM    NOORDE EN SUIDE

Die hoof          Die leeu
van goud      

Babilon             Babilon
Dan. 2:38         Dan. 7:4

Arms en         Die beer            Die skaapram
bors      
van silwer

Mede en           Mede                    Mede
Perse                en Perse               en Perse
Dan. 2:39;
5:30; 6:1          Dan. 7:5              Dan. 8:3,20

Die buik        Die luiperd      Die bokram
van koper


Griekeland     Griekeland          Griekeland
Dan. 2:39;
8:21                 Dan. 7:6               Dan. 8:21
                                                         Horing –
                                                         Alexander die Grote

                                                         4 horings = 4 generaals

                                                         Kasander – Griekeland
                                                         Lysimachus – Turkye
                                                         Seleusius – Sirië
                                                         Ptolemeus – Egipte

Bene van       Die vreeslike 
yster               dier

Romeinse        Romeinse
Ryk                   Ryk
Dan. 2:40        Dan. 7:7

Oostelike –
Konstantinopel

Westelike –
Rome

Tien tone –                                  Koning van die Suide
klei en yster

Herleefde                                      Egipte
Romeinse Ryk                             Dan. 11:36; 12:23          
                                                                                             

Tien horings                             Koning van die Noorde

Ander horinkie                           Sirië
Dan. 7:7,8,20                              Identifiseer Antichris
                                                        as koning
                                                        van die Noorde – Sirië

Hierdie ooreenkomste tussen Daniël 2, 7, 8 en 11 sal beter verstaan word as ons dit beskou in die lig van wêreldryke en diereryke.

LIG OP DIE WêRELDRYKE VANUIT: Daniël 2


Die Babiloniese Wêreldryk (607 - 538 v.C.)

GEREGEER DEUR

Nebukadnésar 607-561 v.C.
Bélsasar 556 v.C.

Regeer 17 jaar. Kleinseun van Nebukadnésar. Seun van roemryke generaal Nabonidus. Blyk teregeer het as onderkoning, verteenwoordiger van die koning.

VOORGESTEL AS
Hoof van die beeld. Goud. Daniël 2:32,37,38. Kosbaarste van alle metale aan die mens bekend. Fyn goud spreek van luister en prag van die koninkryk. Dié heidense koninkryk oortref alle ander heidense koninkryke.

Die Medies-Persiese Wêreldryk (538-330 v.C.)

GEREGEER DEUR

Darius, seun van Ahasvéros, ‘n Mediese koning oor die Chaldeërs (Dan. 9:1). Ahasvéros was meer ‘n titel as ‘n naam, die ekwiwalent van die moderne majesteit. Dit word gebruik vir minstens vier persoonlikhede in die Skrif. Dit is Persies eerder as Medies.

Kores. Die Medies-Persiese mag is onder hom gekonsolideer. Hy is profeties genoem voor sy geboorte (Jes. 44:28-45). Onder sy heerskappy het die terugkeer van die Joodse oorblyfsels na Jerusalem begin (Esra 1:1-4).

VOORGESTEL AS

Bors en arms van suiwer silwer. Minderwaardig aan die eerste koninkryk (Dan. 2:39). Verval vanaf goud na silwer. Spreek nie van n morele minderwaardigheid of groter grondgebied nie, maar van die karakter van gesag, maar meer direk geïnspireerd in Nebukadnésar as in Darius se heerskappy. Eersgenoemde het sy gesag van God ontvang. Hy het dit so aanvaar. Sy verantwoordelikheid was teenoor God en nie teenoor dié wat hy geregeer het nie, anders as Darius, wat nie eens vir Daniël uit die leeukuil kon red nie. Hy was gebind deur die wet van die Mede en Perse, wat nie verander kon word nie.

Die Griekse Wêreldryk (331-30 v.C.)

GEREGEER DEUR

Alexander die Grote. Verower Palestina in 332 v.C.

Nog vier konings (generaals)

Antiochus Epiphanus (tipe van Antichris)

VOORGESTEL AS

Buik en heupe van die beeld. Koper. Daniël 2:32, 39. Koper spreek van die verdere verval. Hy heers oor die hele aarde. Alexander word gedra deur die spiese van sy leër en moet hulle tevrede stel.

Die Romeinse Wêreldryk (30 v.C. - 327 n.C.)

GEREGEER DEUR

Julius Caesar. Eerste keiser 60 v.C. - 31 v.C. Vernaamste beelde opgerig van hom. Hy word die pontifex maximus, sodoende kon hy die gode se wil manipuleer na sy behoefte.

Augustus. Tweede keiser, 31 v.C. Stigter van die Romeinse Ryk (16 Januarie 27 v.C.).

Flaviese vorstehuis, 68 n.C. Geheime koninkryk. Trone was nie oorerflik nie; heersers is deur die leërmagte benoem, byvoorbeeld: Vespasianus, Titus en Domitianus.

Antonynse heersers; hulle erken die reg van provinsies, en het ook ‘n universele (wêreldwye) visie (universaliteit). Trajanus, Hadrianus, Antonius Pius, Marcus Aurelius.

Commodus, Diocletianus.

Konstantyn en sy seuns.

Gote en Alarikke.

Caesar en Pompejus, en so meer.

VOORGESTEL AS

Bene van yster. Minderwaardigste van alle metale (Dan. 2:33, 41). So sterk soos yster; yster breek in stukkies - onderwerp alle dinge. Tone van yster en klei. Hoof van goud na tone van yster en klei. Goud na modder! Spreek van die verval in gehalte, maar toename in krag. Dan volg die verval van die vierde koninkryk (yster en klei).

Twee bene. Agteruitgang deur verdeeldheid. Oosterse, Griekse Kerk en

Westerse, Romeinse Kerk (354 n.C.)

Tien tone. Twee bene (koninkryke) onderverdeel in tien koninkryke (tien tone) (Dan. 2:42).

Tone gedeeltelik van yster en klei. Koninkryk gedeeltelik sterk en gedeeltelik gebroke (Dan. 2:43). Die tien tone van klei en yster gemeng, maar nie vermeng nie. Dit spreek van gebrek aan eenheid. Yster gemeng met brosklei. Hulle sal nie aan mekaar kleef nie net soos wat yster nie met klei meng nie.

WÊRELDRYKE WAT MEKAAR OPVOLG VOLGENS DIE BEELD IN DANIËL 2 SOOS GESIEN IN DIE OOREENSTEMMENDE DIERERYKE IN DANIËL 7


DANIËL SE GESIG VAN DIE VIER DIERE


Hierdie gesig het Daniël gesien in die eerste jaar van Bélsasar, toe Daniël ‘n tyd lank op die politieke agtergrond was. In sy gesig sien hy dieselfde opvolging van wêreldmagte, soos verteenwoordig deur die beeld in hoofstuk 2, met die klimaks in die daarstelling van die universele Messiaanse koninkryk, wat vir ewig sou wees. Nebukadnésar het hierdie koninkryke in hul aardse skoonheid aanskou, soos voorgestel deur die mens se gedagtes, maar hier word hulle geopenbaar in hul ware karakter as wrede wilde diere (Daniël 7), gesien van die hemelse standpunt. Hierdie magte is „n produk van die aktiwiteite van die aarde en veroorsaak veranderings en onstuimighede in die politieke wêreld. Die see is ‘n tipe van die mensdom. (Sien ook Op. 17:1-5,15; Matt. 13:47-49).

DIE EERSTE DIER - BABILON


Babilon word in vers 4 voorgestel as ‘n leeu met arendsvlerke. Sy kwynende krag (sy vlerke uitgepluk) met ‘n veranderde karakter (blykbaar verwysend na Nebukadnésar se vernedering en erkenning van die lewende God) van hierdie koninkryk tot die einde daarvan. En dit van die grond opgehef en soos ’n mens op twee voete neergesit is en daarna ’n mensehart gegee is (Dan. 7:4 vergelyk Dan. 4:31-37).

DIE TWEEDE DIER - MEDE EN PERSE


Die beer (v. 5) verwys na die Mede en Perse, rustend op die een voorbeen (Mede) en regop op die ander (Perse). Die ribbes in sy mond dui op die koninkryke wat hy in sy oorwinnings verorber het – in gehalte van goud na silwer.

DIE DERDE DIER - GRIEKELAND


Die Mede en Perse word deur die oorheersing van Alexander (v. 6) gevolg. Die vier koppe van die luiperd dui hier op die verdeling van die koninkryk in vier soewereine state geregeer deur Alexander se vier generaals, nl.: Kasander, Lysimachus, Seleusius en Ptolemeus. Ptolemeus (Egipte) en Seleukië (Sirië) ontwikkel in sterk state, maar is die meeste van die tyd in oorlog gewikkel (Daniël 11).

DIE VIERDE DIER - ROMEINSE RYK


In ‘n verdere gesig sien die profeet ‘n onbeskryflike dier, sterk, wreedaardig en met tien horings waaruit daar een kom wat drie omvergooi. Die verduideliking hiervoor vind ons in vers 23 tot 25: die tien horings verteenwoordig tien konings. Pogings is al aangewend om die tien konings te identifiseer wat aan hierdie profesie voldoen. Ons kan nie anders nie as om te aanvaar dat hierdie tien koninkryke in die toekoms nog moet verrys, dat drie van hulle omvergegooi sal word deur ‘n ander een wat opgekom het (v. 20) en dat die koninkryk van God hierna opgerig sal word (v. 26-27), ingewy deur die verwoesting van hierdie koning (v. 11, 25, 26). Hierdie klein horinkie is sonder twyfel die een wat elders beskryf word as Antichris, die duiwelse een; die dier; die finale tiran van die aarde; en die laaste vervolger van Israel.

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 13: Die Antichris se ware kleure word vertoon: Lees hier

No comments: