Friday 20 November 2015

Openbaring#65: Openbaring 12: Die tyd van benoudheid vir Jakob


Hierdie hoofstuk en dié wat daarop volg, beeld die geweldige fisieke en geestelike stryd uit wat die volk Israel in die dae van die Groot Verdrukking gaan tref.

Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!

Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:

Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking

Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 3de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 4de basuin: Lees hier
Op 8: Die aankondiging van die 3 Wee: Lees hier

Op 9: Die blaas van die 5de basuin is die 1st Wee: Lees hier
Op 9: Die blaas van die 6de basuin is die 2de Wee: Lees Hier

Die gebeure tydens die middel van die Verdrukking

Op 10: Die gebeure in die middel van die Verdrukking: Lees Hier
Op 10: Openbaring 10 is 'n parentese: Lees Hier
Op 10: God is nie sonder Sy getuienis tot die wereld nie: Lees hier

Op 11: Die 3de Tempel: Lees hier
Op 11: Elia en Henog is die twee Getuies: Lees hier
Op 11: Elia en Henog se bediening, dood en opstanding: Lees hier
Op 11: Die blaas van die 7de basuin is die 3de Wee: Lees hier

Op 12: Die tyd van benoudheid vir Jakob: Hierdie skrywe

Op 12: Die tyd van benoudheid vir Jacob

Wat ons in Openbaring 12 sien, is die gebeure wat volg op die blaas van die sewende basuin of die derde wee (Op. 11:14-15).

Dit is duidelik dat Openbaring 12 ʼn belangrike verdere ontplooiing van die eeue-oue stryd tussen Israel en Satan uitbeeld

Die feit dat die Here met Abraham ʼn verbond gesluit het en dat die Christus uit die nageslag van Abraham gebore sou word, het tot gevolg dat Satan al duisende jare lank ʼn haatveldtog teen die volk Israel voer.

In die hemel gebeur die oorlog in die engelewêreld waar die draak (Satan, die ou slang) en sy gevalle engele saam met hom uit die hemel op die aarde gewerp word (Op. 12:3-4, 7-9, 12).

Op die aarde sal die Antichris gaan homself verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is (2 Thess. 2:4).

Dan sal die laaste drie-en-ʼn-half jaar aanbreek met verskriklike gevolge vir die Jode en hul tempel.

Die grootste deel van Israel sal die Antichris wat hom voorgee as GOD verwerp (2 Thess. 2:4; Op. 13:4,8) en wanneer die Antichris sy beeld in die tempel opgerig en mense dwing word om dit te aanbid (Op. 13:14-15), sal baie uit Israel inderhaas vlug (Matt. 24:15-21, Op 12: 6) en ook vervolg word (Op 12: 13-17).

Die draak gee sy mag en troon aan die Antichris vir die laaste 42 maande (3 ½ jaar) (Op. 13:2,5) en die heilige stad (Jerusalem) sal nou onder die bewind van die Antichris 42 maande lank vertrap word (Op. 11:2; Dan. 9:27).

In die middel van die Verdrukking:

Sal die Antichris sy verbond met Israel verbreek en voorgee dat hy God is
Vind de oorlog in die hemel plaas en word die Satan en sy gevalle engele uitgewerp

In die laaste 3-en-'n-half jaar

Gee Satan sy mag en troon vir die Antichris
Vlug die Jode inderhaas as hul vervolg word
Vervolg die Antichris alle oorblywende Jode en Christene vir die laaste 42 maande (3 ½ jaar) van die 7 jaar Verdrukking


Hierdie hoofstuk en dié wat daarop volg, beeld die geweldige fisieke en geestelike stryd uit wat die volk Israel in die dae van die Groot Verdrukking gaan tref. 

Hierdie weergalose tydperk staan ook in die Ou Testament bekend as 'n “tyd van benoudheid vir Jakob” (Jer. 30:4-9).

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 12: Die vrou met die son bekleed is Israel: Lees hier




No comments: