Friday 20 November 2015

Openbaring#66: Openbaring 12: Die vrou met die son bekleed is Israel


Dit is so dat die volk Israel in die Ou Testament as die vrou van God geskilder is

Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!

Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:

Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking

Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 3de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 4de basuin: Lees hier
Op 8: Die aankondiging van die 3 Wee: Lees hier

Op 9: Die blaas van die 5de basuin is die 1st Wee: Lees hier
Op 9: Die blaas van die 6de basuin is die 2de Wee: Lees Hier

Die gebeure tydens die middel van die Verdrukking

Op 10: Die gebeure in die middel van die Verdrukking: Lees Hier
Op 10: Openbaring 10 is 'n parentese: Lees Hier
Op 10: God is nie sonder Sy getuienis tot die wereld nie: Lees hier

Op 11: Die 3de Tempel: Lees hier
Op 11: Elia en Henog is die twee Getuies: Lees hier
Op 11: Elia en Henog se bediening, dood en opstanding: Lees hier
Op 11: Die blaas van die 7de basuin is die 3de Wee: Lees hier

Op 12: Die tyd van benoudheid vir Jakob: Lees hier
Op 12: Die vrou met die son bekleed is Israel: Hierdie skrywe

Die vrou met die son bekleed is Israel (Op 12:1-2)


Rev 12:1 En ‘n groot teken het in die hemel verskyn: ‘n vrou wat met die son bekleed was, en die maan was onder haar voete, en op haar hoof ‘n kroon van twaalf sterre; Rev 12:2 en sy was swanger en het uitgeroep in haar weë en barensnood.

Johannes sien ʼn vrou, op haar hoof ʼn kroon van twaalf sterre.

Die twaalf sterre op haar kop dui op die twaalf stamme van Israel.

Dat sy met die son bekleed was en die maan onder haar voete, dit verwys na Jakob en Ragel, die stamvader en stammoeder van die volk Israel.

Hierdie simboliek blyk duidelik uit ʼn droom wat Josef gehad het:

Kyk, ek het ʼn droom gehad – die son en die maan en elf sterre het hulle voor my neergebuig. Toe hy dit aan sy vader en sy broers vertel, het sy vader hom hard bestraf en aan hom gesê: Wat is dit vir ʼn droom wat jy gehad het? Moet ons werklik kom, ek en jou moeder en jou broers, om ons voor jou na die aarde neer te buig? (Gen. 37:9-10; Gen. 42:5-9).

Inderwaarheid word Jakob en Ragel die vader en moeder van Israel genoem (Jer. 31:11, 15).

Dit is ook korrek dat die volk Israel in die Ou Testament as die vrou van God geskilder is (Jes. 54:1-6; Jer. 3:1-14; Hos. 2:14-23)

Die vrou met die son bekleed is Israel!

Voorts sien Johannes hierdie vrou (Israel) in die dae van die Groot Verdrukking swanger en in weë van barensnood.

In die Ou Testament is Israel telkemale vergelyk met ʼn vrou en selfs met ʼn vrou in barensbood (Jes. 54:4-6; 66:7-8; Miga 4:9-10).

Die vrou is dus niks anders die beeld van die volk van Israel wat 'in die dae van die Grooot Verdrukking (die laaste drie-en-'n-half jaar) 'n geweldige fisieke en geestelike stryd sal ervaar.

Hierdie weergalose tydperk staan ook in die Ou Testament bekend as 'n “tyd van benoudheid vir Jakob” (Jer. 30:4-9) vir Israel!

Israel word vervolg maar ontvlug die Antichris (Op 12: 6, 13-16)


Rev 12:6 En die vrou het na die woestyn gevlug waar sy ‘n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhou duisend twee honderd en sestig dae lank.

Die vlug van Israel na die plek Petra in die woestyn Negev suid van die Dooie See in Jordanië, sal met groot haas geskied.

Dit sal wees pas nadat die Antichris homself tot God verklaar het in die tempel en verreweg die grootste deel van Israel hom op grond daarvan sal verwerp (2 Thess. 2:4; Op. 13:4,8).

Wanneer sy beeld egter in die tempel opgerig word en mense gedwing word om dit te aanbid (Op. 13:14-15), sal baie uit Israel inderhaas vlug (Matt. 24:15-21).

Die tydperk ter sprake, ʼn tyd en tye en ʼn halwe tyd, is een en dieselfde as Daniël 7:25; 12:7. Dit is gelykstaande aan drie-en-ʼn-half jaar of 1 260 dae of twee-en-veertig maande (Op. 11:2,3; 12:6; 13:5).

Israel vlug met arendsvlerke, dus onder die beskermende hand van God (Ex. 19:4).

Die beeld van ʼn arend vir Israel is ʼn beeld wat herhaaldelik in die Ou Testament gebruik word.

Nie net in Exodus 19 nie, maar ook in Deuteronomium 32:11-12. Ook in Jesaja 40:31 word die terugkerende Jode vanuit Babilon met die vleuels van arende verbind.

Hier sien ons dat die beeld van die arend nogeens gebruik word in die dae van die Groot Verdrukking met betrekking tot Israel se vlug weg van die Antichris se magte.

Toe Israel uit Egipte voor Farao uitgevlug het, het die see Israel gehelp deur die leërs van Farao in te sluk (Ex. 14:26-31).

In dié geval bewerk God ʼn aardbewing om die Antichristelike magte wat soos ʼn rivier oprys (Jer. 46:7-9), in te sluk (Op 12:16).

Satan maak oorlog teen die oorblyfsel (Op 12:17-18)


Satan sal egter faal in sy uiterste poging om Israel finaal te verdelg.

Satan se planne met Israel misluk en hy ontbrand in verhoogde woede teenoor Israel se oorblyfsel.

Daarom poog hy om die ander Jode wat nie betyds na Petra vlug nie, te vervolg en te verdelg.

Baie miljoene Jode sal in dié tyd met hul lewe boet.

Die wat vervolg word, is diegene wat die gebooie van God bewaar (die Woord van God), en die getuienis van Jesus Christus hou (saligheid deur die kruis van Christus bely).

Ons sien dat Jode en Christene in dié tyd tot die uiterste vervolg, vermoor en uitgedelg word.

Johannes het toe op die sand van die see gaan staan. (Op 12:18)


Daar sou hy in ʼn gesig sien hoe die Antichris en valse profeet hul aanslag op die mensdom doen na gelang van hul onderskeie beskrywings soos in Openbaring 13 opgeteken.

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 12: Die manlike man is die 144 000 Jode: Lees hier

No comments: