Monday 23 November 2015

Openbaring#70: Openbaring 13: Die Antichris se ware kleure word getoon.


Die Antichris se gedaanteverwisseling in die middel van die Verdrukking sal só dramaties en vreesaanjaend wees dat hy die hele mensdom aan sy magspel en wreedhede sal onderwerp.

Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!

Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:

Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking

Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 3de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 4de basuin: Lees hier
Op 8: Die aankondiging van die 3 Wee: Lees hier

Op 9: Die blaas van die 5de basuin is die 1st Wee: Lees hier
Op 9: Die blaas van die 6de basuin is die 2de Wee: Lees Hier

Die gebeure tydens die middel van die Verdrukking

Op 10: Die gebeure in die middel van die Verdrukking: Lees Hier
Op 10: Openbaring 10 is 'n parentese: Lees Hier
Op 10: God is nie sonder Sy getuienis tot die wereld nie: Lees hier

Op 11: Die 3de Tempel: Lees hier
Op 11: Elia en Henog is die twee Getuies: Lees hier
Op 11: Elia en Henog se bediening, dood en opstanding: Lees hier
Op 11: Die blaas van die 7de basuin is die 3de Wee: Lees hier

Op 12: Die tyd van benoudheid vir Jakob: Lees hier
Op 12: Die vrou met die son bekleed is Israel: Lees hier
Op 12: Die manlike kind is die 144 000 Jode: Lees hier
Op 12: Die vuurrrooi draak is Satan: Lees hier

Op 13: Wêreldryke in professie volgens Daniel: Lees hier
Op 13: Die Antichris se ware kleure word getoon: Hierdie skrywe

Openbaring 13

Openbaring 13 openbaar die mag en die inspirasie van Satan (die draak) in die persoon van die Antichris en die valse profeet. met betrekking tot die politieke, geestelike en ekonomiese strukture van hierdie wêreld gedurende die 3de Wee (7de basuin).

Om Openbaring 13 te verstaan, moet 'n goeie begrip verkry word van wat Daniël te sê het oor die koninkryke (Daniël 2, 7, 8 en 11).

Lees hier meer oor die Wêreldryke in professie volgens Daniel

Die Antichris se gedaanteverwisseling in die middel van die Verdrukking sal só dramaties en vreesaanjaend wees dat hy die hele mensdom aan sy magspel en wreedhede sal onderwerp.

Hy sal ʼn diktatuur instel wat op politieke, godsdienstige en ekonomiese magsbasisse berus.

Op elk van hierdie terreine sal totalitêre beheer uitgeoefen word.

Mense sal geen politieke regte, godsdiensvryheid óf ekonomiese selfbeskikkingsreg buite die Antichristelike strukture van sy nuwe wêreldorde hê nie.

Die dier uit die see stel aardse koninkryke voor soos verduidelik in vers 2.

Rev 13:2 En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag.

Uit hulle sal die Antichris te voorskyn tree op die wêreldtoneel (vers 4-8).

Rev 13:1 En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering.

Hierdie tien koninkryke sal teen die tyd alreeds moet verrys, en dan sal drie van hulle omvergegooi word deur ‘n ander een wat opgekom het (Daniel 11:20) en dat die koninkryk van God hierna opgerig sal word (v. 26-27), ingewy deur die verwoesting van hierdie koning (Daniel 11:11, 25, 26). Hierdie klein horinkie is sonder twyfel die een wat elders beskryf word as Antichris, die duiwelse een; die dier; die finale tiran van die aarde; en die laaste vervolger van Israel.

Openbaring 13: 1 is 'n direkte verwysing na die Antichris.


Die benaming Antichris slegs verskyn in die sendbriewe van Johannes (1 Joh. 2:18, 22; 1 Joh. 4:3).

Die Antichris het baie ander beskrywende titels in die Skrif, byvoorbeeld ander horinkie (Dan. 7:8); koning (Dan. 8:23); verwoester (Dan. 9:27); mens van sonde (2 Thess. 2:3); seun van die verderf (2 Thess. 2:3), die teëstander (2 Thess. 2:4), ensovoorts.

Die Antichris se ware kleure word nou getoon.

Hy ontheilig die herboude tempel, skaf die offerdiens af en verklaar homself tot God (Dan. 9:27; 2 Thess. 2:4).

Vryheid van godsdiens word vernietig en vervang deur die verpligte aanbidding van die Antichris (Op. 13).

Gruwelike vervolging word teen Jode en Christene ingestel wat weier om die Antichris as God te aanbid.

Die Antichris word alleen heerser en militêre diktator.


Die 666 word ingestel in die wêreldhandel en ekonomie.

ʼn Ongekende sterftesyfer word deur toenemende oorloë, pessiektes en natuurrampe geëis.

Daar vind ʼn groot mobilisasie plaas vir die slag van Armagéddon in die land van Israel.

Die Antichris gaan as ʼn persoon geopenbaar word wat die hoof van ʼn antichristelike, nuwe wêreldorde sal wees.

Die Antichris gaan dus nou poog met die daarstelling van:

een wêreldregering: Openbaring 13:1-10;

een wêreldgodsdiens: Openbaring 13:11-15; en

een wêreldekonomie: Openbaring 13:16-18.

Die Antichris sal egter drie-en-half jaar later tydens die ware Christus se wederkoms verdoem word en sy wêreldorde vernietig word.

In die plek daarvan sal Christus se wêreldregering gevestig word. (Op 21).

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 13: Die Antichris se een wêreldregering: Lees hier

No comments: