Friday 27 November 2015

Openbaring#75: Openbaring 14: Die 144 000 (manlike kind) is in die hemel


Jesus Christus gaan sy eerstelinge, sy aardse erfdeel uit Israel, die 144 000 Jode, die manlike kind, versamel

Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!

Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:

Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking

Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 3de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 4de basuin: Lees hier
Op 8: Die aankondiging van die 3 Wee: Lees hier

Op 9: Die blaas van die 5de basuin is die 1st Wee: Lees hier
Op 9: Die blaas van die 6de basuin is die 2de Wee: Lees Hier

Die gebeure tydens die middel van die Verdrukking

Op 10: Die gebeure in die middel van die Verdrukking: Lees Hier
Op 10: Openbaring 10 is 'n parentese: Lees Hier
Op 10: God is nie sonder Sy getuienis tot die wereld nie: Lees hier

Op 11: Die 3de Tempel: Lees hier
Op 11: Elia en Henog is die twee Getuies: Lees hier
Op 11: Elia en Henog se bediening, dood en opstanding: Lees hier
Op 11: Die blaas van die 7de basuin is die 3de Wee: Lees hier

Op 12: Die tyd van benoudheid vir Jakob: Lees hier
Op 12: Die vrou met die son bekleed is Israel: Lees hier
Op 12: Die manlike kind is die 144 000 Jode: Lees hier
Op 12: Die vuurrrooi draak is Satan: Lees hier

Op 13: Wêreldryke in professie volgens Daniel: Lees hier
Op 13: Die Antichris se ware kleure word getoon: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldregering: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldgodsdiens: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldekonomie: Lees hier

Op 14: Is ʼn voorspel tot die 7 wraakskaal-oordele: Lees hier
Op 14: Die 144 000 (manlike kind) is in die hemel: Hierdie skrywe

Openbaring 14: 1-5 


Ons het eerstens gehad die wegraping van die liggaam van Christus, die Kerk: VOOR die aanvang van die Verdrukking (Op 4:1): Lees hier

Ook het die Twee Getuies MET die aanvang van die Verdrukking as profete verskyn om hul besondese profetiese bediening uit te oefen om die volk Israel en die nasies te roep tot bekering na die ware God van Israel (Op 11): Lees hier

Dan was daar ook die 144 000 Jode as die eerste groep wat deel van die geestelike herstel van die volk van Israel uitgemaak MET die aanvang van die Verdrukking (Op 7): lees hier

Die Twee getuies het na die eerste drie-en-half jaar van die Verdrukking 'n hemelvaart beleef nadat hul gedood was en na drie-en-ʼn-half dae ten aanskoue van almal uit die dood uit opgewek word deur ʼn daad van God. (Op 11): Lees hier

En nou hier in Openbaring 14, en wel voor dié geweldige fisieke en geestelike stryd wat die volk Israel nou verder in die Verdrukking gaan tref (Op 15-16), HET ons die hemelvaart van die 144 000 Jode.

Jesus Christus gaan sy eerstelinge, sy aardse erfdeel uit Israel, die 144 000 Jode, die manlike kind, versamel

Rev 14:1 En ek het gesien, en kyk, die Lam staan op die berg Sion, en saam met Hom honderd vier en veertig duisend met sy Naam en die Naam van sy Vader op hulle voorhoofde geskrywe.

Hierdie eerste vers toon aan ons die 144 000 Jode (Op. 7:3-4) wat op die berg Sion staan saam met die Lam.

Daar is ʼn hemelse Sion (Heb. 12:22-24), net soos daar ook ʼn aardse Sion is (2 Sam. 5:7).

Hierdie Sion in vers 1 is die hemelse Sion, omdat die troon van God daar is (vers 3) en diegene wat daar aanbid hemelinge is, die vier lewende wesens en die ouderlinge (Op. 4:2-10).

Op die voorhoofde van die 144 000 is die beskermende seël van God (Op. 7:3), en nou verneem ons dat die Naam van die Lam en die Naam van die Vader op hul voorhoofde geskrywe is.

Johannes het dié twee Name prominent op die 144 000 se voorhoofde gesien.

Die nuwe lied van die 144 000 (Op 14:2-3)


Vers 2-3: En ek het ’n geluid uit die hemel gehoor soos die geluid van baie waters en soos die geluid van ’n harde donderslag, en ek het die geluid gehoor van

siterspelers wat speel op hulle siters. En hulle het ’n nuwe lied gesing voor

die troon en voor die vier lewende wesens en die ouderlinge; en niemand kon die lied leer nie, behalwe die honderd-vier-en-veertigduisend wat van die aarde vrygekoop is.

Johannes hoor verder die geluid van baie waters, ʼn harde donderslag en toe die geluid van siterspelers wat speel op hul siters en hy hoor ʼn nuwe lied wat gesing word voor die troon van God.

Nie net staan die 144 000 voor die troon nie, maar hulle sing ook ʼn nuwe lied!

Die gérubs, altyd teenwoordig by God se troon (Eseg. 1:24-26; 10:20), is waarnemers van die saligheidsvreugde van hierdie vrygekooptes van die Lam.

Ook die vier lewende wesens en die ouderlinge hoor die woorde van hierdie nuwe lied wat deur die 144 000 gesing word.

Net die 144 000 ken die woorde van hierdie lied omdat net hulle alleen die ondervinding gehad het wat hulle gehad het, en daarom kan net hulle dié lied sing.

Die hemelinge teenwoordig kan dus net in groot eerbied na die lied luister, maar kan dit nie saamsing nie.

Die eerstelinge van die Lam (Op 14:4-5)


Rev 14:4 Dit is hulle wat hulself met vroue nie besoedel het nie, want hulle is maagdelik rein; dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam. Rev 14:5 En in hulle mond is daar geen bedrog gevind nie; want hulle is sonder gebrek voor die troon van God.

Dat hulle eerstelinge vir God en die Lam is, beteken dat hulle die eerste is van baie wat gaan volg.

Die feit dat die 144 000 die eerstelinge uit Israel is, beteken dat baie meer Jode uit die Groot Verdrukking sal volg, daar kom dus nog ʼn oes!

Eerstelinge verwys na die handeling van toewyding om die eerste deel van die oes aan God te wy as heilig, die 144 000 is heilig aan God. Hierdie eerstelinge uit Israel (144 000) is maagdelik rein.

Dit kan net een van twee dinge beteken:

1) Hulle het as gevolg van hul roeping tot wêreldevangelisasie in die begin van die Groot Verdrukking verkies om manlike maagde te bly.

2) Of dat hulle hul totaal weerhou het van enige afgodery en geestelike besoedeling (Jer. 3:8-9; Op. 2:20).

In hul mond is geen bedrog gevind nie.

Hulle karakter is onbesproke, geen leun of bedrog is by hulle te vinde nie, hulle het nie gedeel in die leuen van die Antichris nie (2 Thess. 2:9-12).

Hulle is geestelik rein en het getrou gebly aan die Lam.

In Openbaring 14:1-5 sien ons die 144 000 (manlike kind) wat 'n hemelvaart beleef.

NA die eerste drie-en-half-jaar,
GEDURENDE die middel van die Verdrukking,
en VOOR die aanvang van die laaste drie-en-half-jaar van die Verdrukking (Die Groot verdrukking)

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 14: Die Aankondigings vanuit die hemel: Lees hier



No comments: