Thursday 5 November 2015

Openbaring#41: Openbaring 6: Die oopmaak van die 5de Seel

Die martelare wat gedood word (letterlik geslag word) sal in die hemel aankom vanaf die begin van die Groot Verdrukking (direk na die Wegraping) en ook regdeur die 7 jaar tot die einde van die Groot Verdukking.


Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!


Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:

Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking

Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Hierdie skrywe

Die oopmaak van die 5de Seel (Op 6:9-11)

In die gedeelte van Johannes se visioen sien ons die martelare in die hemel.

Rev 6:9 En toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek onder die altaar die siele van die wat gedood is ter wille van die woord van God en die getuienis wat hulle gehad het.

Na die Wegraping gaan baie mense uit alle nasies en stamme en volke en tale (Op 7:9) gedood word (letterlik geslag word) vir hul geloof in die Woord van God en die getuienis wat hulle gehad het (Op 6:9).

Hulle sal duur betaal met hul lewens vir hul geloofsbeleidenis in Jesus Christus as hul Saligmaker.

In Openbaring 7: 14 was daar aan Johannes vertel dat die martelare "hulle is wat uit die groot verdrukking kom"

Dit beteken letterlik dat die martelare op 'n voordurende basis in die hemel sal aankom.

Die martelare wat gedood word (letterlik geslag word) sal in die hemel aankom vanaf die begin van die Groot Verdrukking (direk na die Wegraping) en ook regdeur die 7 jaar tot die einde van die Groot Verdukking.

Die martelare ontvang wit klere, wat spreek van hul saligheid (Op 7:14)

Die martelare roep nie uit na 'n oordeel van hul vervolgers nie, eerder vra hulle wanneer dit sal gebeur

Rev 6:10 En hulle het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê: Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie?
Die martelare soek nie wraak nie, hul begeer eerder dat die regverdiging van God se heiligheid en geregtigheid op aarde.

Hul vra wanneer dit sal gebeur.

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 6 Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

No comments: