Friday 6 November 2015

Openbaring#49: Openbaring 8: Die blaas van die 1ste basuin


Nou sien ons die vernietiging van een derde van die lewensmiddele, ʼn ekologiese ineenstorting op aarde met rampspoedige gevolge vir mens en dier.


Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!


Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:

Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking

Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Hierdie skrywe


Openbaring 8: 7

Rev 8:6 En die sewe engele met die sewe basuine het hulle gereed gemaak om te blaas.

Die feit dat die engele hulle gereed maak om te blaas, beteken die oordeel kom vir seker en die tyd vir die oordeel om te kom, het aangebreek.

Rev 8:7 En die eerste engel het geblaas, en daar het hael en vuur gekom met bloed gemeng, en dit is op die aarde gegooi. En ‘n derde van die bome het verbrand, en al die groen gras het verbrand.

Een derde van die aarde se droë oppervlak is vernietig deur die oordeel van die hael en vuur met bloed gemeng.

Hierdie plaag is net so werklik as toe die volk van Israel in Egipte was en daar plae oor Egipteland gekom het. En die Here het donder en hael gegee en vuur het na die aarde uitgeskiet, en die Here het hael op Egipteland laat reën. En daar was hael en onophoudelike vuur binne-in die hael . . . (Ex. 9:23-25).

ʼn Derde van die lewensmiddele op aarde (die vrugte van bome, voedsel vir mens en dier, sowel as die groen gras vir vee) word vernietig deur die plaag.

Dit was tydens die derde skeppingsdag dat God die bome, vrugte, plante, sade en groen gras voortgebring het,

Nou sien ons die vernietiging van een derde van die lewensmiddele, ʼn ekologiese ineenstorting op aarde met rampspoedige gevolge vir mens en dier.

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 8 Die blaas van die 2de basuin: Lees hier

No comments: