Friday 6 November 2015

Openbaring#55: Openbaring 9 Die blaas van die 5de basuin is die 1ste Wee


Die blaas van die 5de basuin is die 1ste Wee deur die engel verkondig

Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!

Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:

Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking

Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 3de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 4de basuin: Lees hier
Op 8: Die aankondiging van die 3 Wee: Lees hier

Op 9: Die blaas van die 5de basuin is die 1st Wee: Hierdie Skrywe

Dit is 'n plaag deur pyninging (Op 9:1-11)

Rev 8:13 En ek het gesien en gehoor ‘n engel wat in die middel van die hemel vlieg, wat met ‘n groot stem sê: Wee, wee, wee hulle wat op die aarde woon, vanweë die orige geluide van die basuin van die drie engele wat nog sal blaas!

Drie maal word herhaal: wee, wee, wee; hartverskeurende verklarings.

Op 9:1 En toe die vyfde engel blaas, sien ek ‘n ster wat uit die hemel op die aarde geval het, en aan hom is die sleutel van die put van die afgrond gegee.

Die blaas van die 5de basuin is die 1st Wee deur die engel verkondig

Dit openbaar die loslating van boosheid en pyniging op die aarde onder die mens.

Hierdie is nie 'n oordele wat die natuur tref nie, maar 'n oordeel wat demonies van aard is met katastrofiese gevolge vir die mens op aarde.

Die vyfde basuin kondig 'n geweldige ramp oor die mensdom aan

Die oopmaak van die Abussos (Op 9:2)

Onder die wilsbeskikking van God word die sleutel van die put van die afgrond gegee aan ʼn ster wat uit die hemel geval het. (Op 9 :1)

Hierdie ster is ʼn gevalle engel, want persoonlikheid word aan hom toegeskryf.

Die Griekse naam vir die afgrond of bodemlose put is ABUSSOS, wat buik van die aarde beteken.

Abussos is die tydelike verblyfplek van demone en bose, onrein geeste.

Dit is die plek wat demone gevrees het Jesus hulle na toe sou stuur as hulle uit die besetene van Gádara uitgedryf word (Luk. 8:30-31).

Huidig is daar baie demone daarin opgesluit wat wag vir die oomblik om op die aarde losgelaat te word om hul verwoestingswerk te doen.

Die Abussosis is ʼn plek van pyniging, want rook soos van ʼn groot oond styg daaruit op.

Die plek is warm (oond), en rook borrel daaruit.

Dit is ʼn plek van oordeel, en so geweldig baie rook styg uit die plek op dat toe die put geopen is, het daar ʼn sonsverduistering plaasgevind. (Op 9:2)
Die loslating van die demone (Op 9: 3-4)

Saam met die rook wat uitborrel kom demoniese kreature na vore wat aan sprinkane herinner.

Hulle is vyande van die mens.

Die sprinkaan is in die Bybel altyd ʼn werktuig van oordeel (Ex. 10:1-20; Joël 2:1-10; Amos 4:9; 7:1-2; Maleagi 3:11).

Hierdie bose, demoniese magte wat in die buik van die aarde toegesluit was, word nou vrygelaat om hul verskrikkinge te pleeg.

Hierdie bose magte het die mag van skerpioene, dié se steek brand en pyn soos ʼn vuurkool; ontsettende pyn word deur die plaag veroorsaak.

Hierdie demone staan onder ʼn spesifieke bevel, hulle moet die oordeel van die vyfde basuin of eerste wee uitvoer.

Hulle mag geen skade aan die aarde aanrig nie, maar alleenlik moet hulle die mens aanval en pynig.

Werklike sprinkane is verwoesters, maar hierdie bose Satansleermag van demone pynig net diegene wat nie die seël van God op hul voorhoofde het nie.

Die 144 000 verseëldes is uitgesluit (Op. 7:3-4).

Wanneer hulle die mense op die aarde pynig, mag hulle die mense ook nie doodmaak nie, alleenlik maar mag hulle die mens pynig.

Die begeerte om te sterf sal geweldig groot wees, maar die dood sal vyf maande lank vir mense wegvlug sodat die mens nie kan sterf nie.

In die dae van die vyfde basuin sal die mens daarna verlang om te sterwe, maar nie in staat daartoe wees nie.

Die verlamming van die pyniging van die demone sal die mens grootliks verhinder om ʼn einde aan sy eie lewe te maak.

Die beskrywing van die demone (Op 9:7-10)

Die beskrywings van die demoniese kreature is skrikwekkend.

Die voorkoms van hierdie wesens is viervoudig, hulle voorkoms is ʼn kombinasie van perde (vers 7), mense (vers 7), leeus (vers 8) en skerpioene (vers 10).

Hulle voorkoms is soos perde wat vir oorlog toegerus is. Bedek met skild en pantser.

Die mens self kan niks aan hulle doen nie, behalwe om in alleryl van hulle te probeer wegvlug.

Hierdie beskrywings in verse 7-10 toon onteenseglik aan ons dat hierdie “sprinkaan-skerpioene” heeltemal anders as letterlike sprinkane of skerpioene is.

Hierdie kreature se oorsprong is uit ABUSSOS, hulle is dus demone.

Die feit dat die demoniese sprinkane krone dra wat net soos goud gelyk het, spreek daarvan dat dit geen egte goud is nie, dit is vals.

Dat hulle gesigte het, beteken hulle is herkenbaar.

Hulle is verleidelik en boos en het tande soos dié van leeus, dus sterk en verskeurend.

Die mens staan magteloos voor hierdie bose kreature, want hulle het borsharnasse van yster.

Hulle verskyning is met die gedruis van vlerke.

Hulle koms is met ʼn vreeslike geluid met die doel om oorlog teen die mensdom te maak en hulle te pynig.

Hulle angels is in hulle sterte om vyf maande lank skade aan die mens te doen.

Dit gaan angswekkend wees om hierdie onaanskoulike wesens te sien.

Die leier van die demone (9:11)

Die naam van die koning of leier van hierdie demone is in Hebreeus Abáddon en in Grieks Apóllion.

Albei beteken “verwoester” of “verderwer”.

Hierdie engel van die afgrond is ʼn gevalle engel.

Met dié twee tale (Hebreeus en Grieks) word die hele mens aangedui, Jood sowel as nie-Jood.

Rev 9:12 Die een wee het verbygegaan; hierna kom daar nog twee weë.

Die weergalose geweld, verwoesting en lyding wat hierdie 1ste Wee sal voortbring, het nog nooit vantevore sy gelyke gehad nie.

Vyf maande lank kan hulle as oordeelswerktuie hierdie plaag oor die mensdom bring.

ʼn Vreeslike pyniging wag op die aardbewoners, want hul pyniging is soos die pyniging van ʼn skerpioen wanneer hy ʼn mens steek.

Die mense wat daarna verlang om selfmoord te pleeg, sal ook nie daarin slaag nie

Jesus Christus in sy profetiese rede in Mattheüs 24 stel dit so: En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word (Matt. 24:22).

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 9 Die blaas van die 6de besuin is die 2de Wee: Lees hier

No comments: