Friday 6 November 2015

Openbaring#52: Openbaring 8: Die blaas van die 4de basuin


Hierdie oordeel van die vierde basuin verwoes een derde van die aarde se ligvoorraad.


Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!


Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:

Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking

Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 3de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 4de basuin: Hierdie Skrywe


Openbaring 8: 12

Rev 8:6 En die sewe engele met die sewe basuine het hulle gereed gemaak om te blaas.

Die feit dat die engele hulle gereedmaak om te blaas, beteken die oordeel kom vir seker en die tyd vir die oordeel om te kom, het aangebreek.

Rev 8:12 En die vierde engel het geblaas, en ‘n derde van die son is getref en ‘n derde van die maan en ‘n derde van die sterre, sodat ‘n derde van hulle donker sou word en die dag vir sy derde deel nie lig sou gee nie, en die nag net so.

Beperkte lig vir die mens.

Hierdie oordeel van die vierde basuin verwoes een derde van die aarde se ligvoorraad.

Een derde van die lig van die son, maan en sterre word verhinder om op die aarde te skyn.

Een derde van daglig en een derde van die naglig is totaal mee weggedoen.

Die Here het deur sy profeet Amos verklaar: En in die dag, spreek die Here Here, laat Ek die son op die middag ondergaan en vir die aarde die lig duister word terwyl dit nog dag is (Amos 8:9).

Letterlik sal daar vier ure per dag minder sonlig wees en vier ure van die nag stikdonker.

Lewe op aarde word tot die uiterste ʼn beproewing vir die mense wat op die aarde leef in die dae van die Groot Verdrukking.

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard


Volgende: Openbaring 8 Die aankondiging van die 3 Wee: Lees hier


No comments: