Monday 16 November 2015

Openbaring#64: Openbaring 11 Die blaas van die 7de basuin is die 3de Wee


Die 7de basuin wat blaas, bring dan ook die gebeure in spel wat in die 2de helfte van die Verdrukking plaasvind, dit is die 3de weë.

Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!

Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:

Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking

Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 3de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 4de basuin: Lees hier
Op 8: Die aankondiging van die 3 Wee: Lees hier

Op 9: Die blaas van die 5de basuin is die 1st Wee: Lees hier
Op 9: Die blaas van die 6de basuin is die 2de Wee: Lees Hier

Die gebeure tydens die middel van die Verdrukking

Op 10: Die gebeure in die middel van die Verdrukking: Lees Hier
Op 10: Openbaring 10 is 'n parentese: Lees Hier
Op 10: God is nie sonder Sy getuienis tot die wereld nie: Lees hier

Op 11: Die 3de Tempel: Lees hier
Op 11: Elia en Henog is die twee Getuies: Lees hier
Op 11: Elia en Henog se bediening, dood en opstanding: Lees hier
Op 11: Die blaas van die 7de basuin is die 3de wee: Hierdie skrywe

Op 11: 14-19

Rev 11:14 Die tweede wee het verbygegaan; kyk, die derde kom gou.

Die tekens van die 2de basuin het ten einde geloop met Openbaring 11:13 en wat gaan volg soos uitgesit vanaf Openbaring 12 - 18 is die laaste en 7de basuin.

Die laaste drie-en- ʼn-half jaar of 1 260 dae voor die wederkoms van Jesus Christus sal aanbreek.

Die 7de basuin wat blaas, bring dan ook die gebeure in spel wat in die 2de helfte van die Verdrukking plaasvind, dit is die 3de weë.

Openbaring 11 sluit dus met twee verklarings af in die middel van die Groot Verdrukking.

Eerstens – Christus is gereed om die koninkryk in besit te neem. Dit vind eers plaas aan die einde van die Groot Verdrukking (Dan. 7:13-14; Op. 19:11-20). Die hemelinge juig en buig voor God in aanbidding hieroor.

Tweedens – Wat God betref, het die tyd aangebreek om die finale oordele te voltrek. Die dode moet geoordeel word, die diensknegte van God moet hul loon ontvang en die verderwers van die aarde sal nou verdelg word.

Rev 11:19 En die tempel van God het in die hemel oopgegaan, en sy verbondsark is in sy tempel gesien, en daar was weerligte en stemme en donderslae en aardbewing en groot hael.

In die hemel wat oopgaan sal gesien word die verbondsark in die tempel van God.

Vanuit die teenwoordigheid van God in die hemel sal die mens dus sy verbondstrou sien.

Selfs te midde van die vreeslike oordele van die 3de wee sal die Here God hom hou aan sy verbonde en beloftes en die mens herinner aan God se teenwoordigheid en sy getrouheid in sy beloftes.

Hierdie gesig in die dae van die middel van die Verdrukking sal ʼn groot aanmoediging wees vir die mense van God wat geweldige lyding sal deurmaak.

Wat die aarde betref, sien ons weerligte, stemme, donderslae, aardbewing en groot hael.

Weereens, die oordele van God.

Die 2de wee was swaarder as die 1ste, en die 3de wat nou gaan kom nog swaarder, omdat daarmee die einde intree.

Hierdie 3de wee wat gaan aanbreek, het verskriklike gevolge vir die mens en die aarde.

Die 7de basuin sal insluit alle gebeure vanaf Openbaring 11:14 tot Openbaring 18: 24.

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 11: Die vrou, die manlike kind en die draak: Later

No comments: