Friday 20 November 2015

Openbaring#67: Openbaring 12: Die manlike man is die 144 000 Jode


Die manlike kind verteenwoordig ʼn groep (die 144 000 uit Israel).

Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!

Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:

Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking

Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 3de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 4de basuin: Lees hier
Op 8: Die aankondiging van die 3 Wee: Lees hier

Op 9: Die blaas van die 5de basuin is die 1st Wee: Lees hier
Op 9: Die blaas van die 6de basuin is die 2de Wee: Lees Hier

Die gebeure tydens die middel van die Verdrukking

Op 10: Die gebeure in die middel van die Verdrukking: Lees Hier
Op 10: Openbaring 10 is 'n parentese: Lees Hier
Op 10: God is nie sonder Sy getuienis tot die wereld nie: Lees hier

Op 11: Die 3de Tempel: Lees hier
Op 11: Elia en Henog is die twee Getuies: Lees hier
Op 11: Elia en Henog se bediening, dood en opstanding: Lees hier
Op 11: Die blaas van die 7de basuin is die 3de Wee: Lees hier

Op 12: Die tyd van benoudheid vir Jakob: Lees hier
Op 12: Die vrou met die son bekleed is Israel: Lees hier
Op 12: Die manlike kind is die 144 000 Jode: Hierdie skrywe

Die manlike kind is die 144 000 Jode (Op 12:5)


Rev 12:5 En sy het ‘n manlike kind gebaar, wat al die nasies met ‘n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk na God en sy troon.

Die vrou verteenwoordig ʼn groep (Israel): Lees hier

Net so verteenwoordig die manlike kind ook ʼn groep (die 144 000 uit Israel).

Wat die vrou baar, kan tog net uit Israel wees.

Die septer spreek van regering oor die nasies, volke en tale van die mensdom (Gen. 49:10; Num. 24:17; Heb. 1:8).

Hierdie manlike kind (die 144 000 Jode) wat al die nasies met ʼn ystersepter sou regeer, is weggeruk na God en sy troon in die hemel.

Die manlike kind is die 144 000 Jode!!!

ʼn Baie belangrike gebeurtenis wat aan die begin van die Groot Verdrukking net ná die openbaring van die Antichris sal plaasvind, is die redding van die 144 000 Jode, en hul afsondering vir die diens van die Here.

Die 144 000 is die eerste groep wat deel van die geestelike herstel van die volk van Israel sal uitmaak in die dae van die Verdrukking.

Die bediening van die 144 000 sal plaasvind regdeur die hele eerste helfte van die Groot Verdrukking.

Meer oor Openbaring 7: Die 144 000 Jode : Lees hier

Die 144 000 Jode word verseël omdat hulle aan God behoort en ook onder ʼn spesifieke opdrag staan.

Hierdie 144 000 word verseël op hul voorhoof.

In dié geval sien ons die verseëling is gedoen om twee redes – dienswerk en beskerming.

Hierdie verseëldes word beskerm sodat hulle nie deur die oordele wat in die eerste helfte van die Groot Verdrukking uitgestort word, fisiek sal skade ly nie, soos wat ons sien gebeur tydens die vervolging van die martelare.

Verseël vir hul beskerming en dienswerk sal die 144 000 die evangelie van Jesus Christus onbevrees verkondig gedurende die eerste helfte van die Verdrukking.

Die manlike kind (144 000) sal al die nasies met ʼn ystersepter regeer gedurende die eerste helfte van die Verdrukking.

Dan ook in die middel van die Verdrukking, voor die uitstorting van die wraakskale word die 144 000 Jode weggeraap na God toe.

In Openbaring 14 is die vier lewende wesens teenwoordig wanneer die 144 000 vrygekooptes van die Lam ʼn nuwe lied sing, hul saligheidsvreugde besing (Op. 14:1-3).

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 12: Die vuurrooi draak is Satan: Lees hier

No comments: