Monday 16 November 2015

Openbaring#62: Openbaring 11 Elia en Henog is die twee Getuies


Elia en Henog is die enigste twee profete van ouds wat nooit gesterf het nie.

Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!

Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:

Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking

Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 3de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 4de basuin: Lees hier
Op 8: Die aankondiging van die 3 Wee: Lees hier

Op 9: Die blaas van die 5de basuin is die 1st Wee: Lees hier
Op 9: Die blaas van die 6de basuin is die 2de Wee: Lees Hier

Die gebeure tydens die middel van die Verdrukking

Op 10: Die gebeure in die middel van die Verdrukking: Lees Hier
Op 10: Openbaring 10 is 'n parentese: Lees Hier
Op 10: God is nie sonder Sy getuienis tot die wereld nie: Lees hier

Op 11: Die 3de Tempel: Lees hier
Op 11: Elia en Henog is die twee Getuies: Hierdie skrywe


Elia en Henog is die twee Getuies (Op 11: 3-4)

Elke mens is bestem om eenmal te sterwe (Heb 9:27)

Elia en Henog is die enigste twee profete van ouds wat nooit gesterf het nie.

Elia moet nog terugkom aarde toe volgens Maleagi 4:5-6. Kyk, ek stuur julle die profeet Elia voordat die groot en vreeslike dag van die Here aanbreek.

Henog, wat met God gewandel het en weggeneem is om die dood nie te sien nie (Gen. 5:24).

Tans is hulle twee die twee olyfbome en die twee handelaars wat voor die God van die aarde staan (Sag. 4:3-14), ook genoem my twee getuies (Op. 11:3) of profete (Op. 11:10).

Rev 11:3 En Ek sal aan my twee getuies gee dat hulle, met sakke bekleed, duisend twee honderd en sestig dae lank sal profeteer. Rev 11:4 Hulle is die twee olyfbome en die twee kandelaars wat voor die God van die aarde staan.

Die twee getuies sal kragtig deur die Here gebruik word om die waarheid te verkondig (profeteer), en die vyande van die Here sterk aan te spreek.

Die twee getuies se getuienis staan in verband met Israel en die tempel.

Omdat hulle spesifiek profete is (Op. 11:3,6,10), sal hulle ʼn besondere profetiese bediening uitoefen om die volk Israel en die nasies te roep tot bekering na die ware God van Israel.

Hulle sal nie net profeteer nie, maar sal ook groot wonderwerke doen.

Elia en Henog, as die twee getuies, sal hul getuienis in die eerste drie-en-ʼn-half jaar uitleef.

Omdat die wêreld in geestelike duisternis gehul sal wees ná die wegraping, gaan die Here die twee besondere getuies stuur om onder Israel én die nasies ʼn oes vir sy koninkryk in te samel.

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 11: Elia en Henog se bediening, dood en opstanding: Lees hier

No comments: