Friday 27 November 2015

Openbaring#78: Openbaring 14: Die wynoes sal ingesamel word


Hierdie metafoor van die afsny van die druiwetrosse wat ryp geword en in die parskuip getrap word, spreek van die oordeel oor die goddelose nasies van die aarde.

Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!

Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:

Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking

Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 3de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 4de basuin: Lees hier
Op 8: Die aankondiging van die 3 Wee: Lees hier

Op 9: Die blaas van die 5de basuin is die 1st Wee: Lees hier
Op 9: Die blaas van die 6de basuin is die 2de Wee: Lees Hier

Die gebeure tydens die middel van die Verdrukking

Op 10: Die gebeure in die middel van die Verdrukking: Lees Hier
Op 10: Openbaring 10 is 'n parentese: Lees Hier
Op 10: God is nie sonder Sy getuienis tot die wereld nie: Lees hier

Op 11: Die 3de Tempel: Lees hier
Op 11: Elia en Henog is die twee Getuies: Lees hier
Op 11: Elia en Henog se bediening, dood en opstanding: Lees hier
Op 11: Die blaas van die 7de basuin is die 3de Wee: Lees hier

Op 12: Die tyd van benoudheid vir Jakob: Lees hier
Op 12: Die vrou met die son bekleed is Israel: Lees hier
Op 12: Die manlike kind is die 144 000 Jode: Lees hier
Op 12: Die vuurrrooi draak is Satan: Lees hier

Op 13: Wêreldryke in professie volgens Daniel: Lees hier
Op 13: Die Antichris se ware kleure word getoon: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldregering: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldgodsdiens: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldekonomie: Lees hier

Op 14: Is ʼn voorspel tot die 7 wraakskaal-oordele: Lees hier
Op 14: Die 144 000 (manlike kind) is in die hemel: Lees hier
Op 14: Die aankondigings in die hemel: Lees hier
Op 14: Die graanoes word ingesamel: Lees hier
Op 14: Die wynoes word ingesamel: Hierdie skrywe

Die wynoes word ingesamel (Op 14: 17-20)


(Rev 14:18) en ‘n ander engel wat mag oor die vuur gehad het, het uit die altaar uitgekom en met ‘n groot stem geroep na hom wat die skerp sekel het, en gesê: Slaan jou skerp sekel in en samel die trosse van die wingerdstok van die aarde in, want sy druiwe het ryp geword.Rev 14:19 En die engel het sy sekel oor die aarde laat gaan en die wingerdstok van die aarde afgeoes en dit gegooi in die groot parskuip van die grimmigheid van God.

Hierdie metafoor van die afsny van die druiwetrosse wat ryp geword en in die parskuip getrap word, spreek van die oordeel oor die goddelose nasies van die aarde.

Die profeet Jesaja beskrywe dit so: Ek het die pers alleen getrap, en van die volke was niemand by My nie; en Ek het hulle getrap in my toorn en hulle vertrap in my grimmigheid, sodat hulle lewensap op my klere gespat en Ek my hele gewaad bevlek het. Want die dag van wraak was in my hart, en die jaar van my verlossing het gekom. En Ek het uitgekyk, maar daar was geen helper nie; en Ek het My verbaas, maar daar was niemand wat ondersteun nie. Toe het my arm My gehelp en my grimmigheid het My ondersteun. En Ek het volke vertrap in my toorn en hulle dronk gemaak in my grimmigheid; en Ek het hulle lewensap op die aarde laat afloop (Jes. 63:3-6).

Baie volkere sal die oordeel van die 7 wraakskale wat nou gaan volg, moet deurmaak.

Nie net word die druiwe afgeoes vir die oordeel van die parskuip nie, maar saam daarmee word die wingerdstok ook afgeoes – sodat dit geen verdere vrugte kan voortbring nie.

Die nasies word hier beskryf as druiwe wat ryp geword het, en wat in die parskuip van God se toorn stukkend getrap sal word, sodat hulle bloed ʼn dik stroom in die dal van beslissing buite Jerusalem sal loop.

Die trap van die parskuip sal buite die stad Jerusalem plaasvind (vers 20).

Die Kidronvallei buite die stad Jerusalem word ook die dal van Jósafat genoem (Joël 3:12,14).

In dié dag sal die Here daarna soek om die nasies wat teen Jerusalem aankom te verdelg (Sag. 12:9).

In dié dag sal die rouklag groot wees in Jerusalem, soos die rouklag van Hadad-Rimmon in die laagte van Megiddo (Sag. 12:11).

Hierdie oordeel word ook beskrywe in Sagaria 14:1-4.

Die nasies het hulle versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word Armagéddon (Op. 16:16).

Miljoene en miljoene mense onder die mag van die Antichris sal bymekaar kom in die land Israel in die laaste dae (Op. 16:12-16).

Die bloed, die lewensap van die goddelose, Antichristelike nasies, sal in die dag 200 myl ver vloei.

En die parskuip is buitekant die stad getrap en die bloed het uit die parskuip gekom tot aan die tooms van perde, tweehonderd myl ver (vers 20).

Die bloed gaan byna drie- honderd-en-twintig kilometer ver vloei en so hoog as een-en-ʼn-half meter.

Die verskyning van Jesus Christus uit die hemel gaan ʼn geweldige oorlog ontketen (Op. 19:11-21), met die gevolg daar gaan ontsettend baie bloed vloei dáárdie dag, ʼn dag enig aan die Here bekend, wanneer die slag van Armagéddon en die nasies gaan plaasvind.

Die insameling van die trosse van die wingerdstok, en die wingerdstok, volbring die grimmigheid van God, omdat die oordeel oor die nasies volbring is.

Die groot parskuip is getrap.

Die wynoes volbring Armagéddon.

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 15: Gebeure in die hemel VOOR die uitstorting van die wraakskale: Lees hier

No comments: