Wednesday 25 November 2015

Openbaring#72: Openbaring 13: Die Antichris se een wêreldgodsdiens


Die valse profeet oefen sy kragtige verleiding uit deur die mens te beïnvloed om die Antichris te aanbid.

Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!

Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:

Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking

Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 3de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 4de basuin: Lees hier
Op 8: Die aankondiging van die 3 Wee: Lees hier

Op 9: Die blaas van die 5de basuin is die 1st Wee: Lees hier
Op 9: Die blaas van die 6de basuin is die 2de Wee: Lees Hier

Die gebeure tydens die middel van die Verdrukking

Op 10: Die gebeure in die middel van die Verdrukking: Lees Hier
Op 10: Openbaring 10 is 'n parentese: Lees Hier
Op 10: God is nie sonder Sy getuienis tot die wereld nie: Lees hier
Op 11: Die 3de Tempel: Lees hier
Op 11: Elia en Henog is die twee Getuies: Lees hier
Op 11: Elia en Henog se bediening, dood en opstanding: Lees hier
Op 11: Die blaas van die 7de basuin is die 3de Wee: Lees hier

Op 12: Die tyd van benoudheid vir Jakob: Lees hier
Op 12: Die vrou met die son bekleed is Israel: Lees hier
Op 12: Die manlike kind is die 144 000 Jode: Lees hier
Op 12: Die vuurrrooi draak is Satan: Lees hier

Op 13: Wêreldryke in professie volgens Daniel: Lees hier
Op 13: Die Antichris se ware kleure word getoon: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldregering: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldgodsdiens: Hierdie skrywe

Openbaring 13: 11-15


Rev 13:11 En uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos ‘n lam en het gepraat soos ‘n draak.

Nog ‘n verskrikking wat na vore tree.


‘n Tweede dier maak sy verskyning.

Dit is die valse profeet. In Openbaring 16:13, 19:20 en 20:10 word hierdie dier uit die aarde pertinent beskrywe as die valse profeet.

Uit die aarde, dus is hy nie van die hemel nie en is dus nie deur God gestuur nie, soos wat Jesus Christus wel was(Joh. 3:11-17).

Die Sataniese drieheid.


Die draak (Satan), die dier uit die see (Antichris) en die dier uit die aarde (valse profeet), (Op. 16:13) is die Sataniese drieheid.

Die Antichris staan ten opsigte van Satan soos Christus ten opsigte van God staan

Die valse profeet staan ten opsigte van die Antichris soos die Heilige Gees ten opsigte van Christus staan.

Die Gees van die waarheid getuig van Christus (Joh. 14:26) terwyl die valse profeet die leuen aangaande die Antichris sal voorhou (2 Thess. 2:4,9-11).

‘n nabootsing van die Lam van God


Soos ’n lam

is ‘n nabootsing van die Lam van God (Op. 5:6).

Hierdie valse profeet is die onegte lam.

Hy lyk baie onskuldig in sy voorkoms.

In sy lam-voorkoms sal hy aanvaar word as ‘n profeet, maar sy spraak sal sy kragtige verleiding en valsheid openbaar.

hy het twee horings.
Twee spreek van getuienis (Matt. 18:16): in hierdie geval valse getuienis, want dit is die valse profeet wat spreek.

Die beeld van die horings spreek ook van die feit dat die valse profeet gesag het.

Die afwesigheid van ʼn kroon impliseer dat sy outoriteit nie polities van aard is nie.

Ons is gewaarsku oor valse profete (Matt. 24:11,24), maar hierdie een sal die grootste van almal wees.

Praat soos ’n draak

Hy sal die “karakter” van ʼn lam openbaar, maar sy stem is soos dié van ʼn draak.

Wanneer hy praat, verklap sy spraak hom; hy is vals.

Sy spraak is duiwels geïnspireerd.

Die valse profeet se kragtige verleiding


Rev 13:12 En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is.


Die valse profeet oefen sy kragtige verleiding uit deur die mens te beïnvloed om die Antichris te aanbid.

Die apostel Paulus het ons reeds in 2 Thessalonicense 2:4 gewaarsku dat dit op die mens wag in die laaste dae.

Die valse profeet sal die een wêreldgodsdiens of sinkretisme van godsdienste in een persoon, die Antichris, bevorder.

Die valse profeet doen tekens, wonders en kragtige dade.


Rev13:13: Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense.

Die groot tekens wat hy doen, het ten doel om die mens te verlei.

Die valse profeet laat selfs vuur uit die hemel neerdaal.

God waarsku die mens in 2 Thessalonicense 1:9-11: Hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen. En met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo.

Die valse profeet, en die Antichris sal tekens, wonders en kragtige dade doen.

Dié wat God nie ken nie en hierdie dinge sien gebeur, sal die leuen glo en sal as sodanig mislei word en onder die mag van die Antichris en valse profeet val.

Baie mense word verlei


Rev 13:14 En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle ‘n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het.


Die valse profeet sal daadwerklik daarin slaag om mense, spesifiek die goddeloses en ongelowiges, te verlei.

Baie mense gaan verlei word deur die tekens en wonders.

Die valse profeet laat maak ‘n beeld vir die Antichris, net soos Nebukadnésar ‘n beeld van homself laat maak.

Die doelwitte van die Sataniese drieheid.


Rev 13:15 En dit is hom gegee om ‘n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie.


Die valse profeet laat nie net vuur uit die hemel neerdaal nie, maar ook verlei hy die bewoners van die aarde en sê dat hulle die Antichris moet aanbid. (Dan. 3:1-6).

Verder gee hy ‘n gees aan die dier se beeld en as mense die dier se beeld nie aanbid nie, word hulle doodgemaak.

Dieselfde as wat in Daniël 3 gebeur het, maar hier net een stap verder: dié beeld kan ook praat.

Twee moontlikhede lê hier voor ons: ‘n Sataniese gees wat praat in die beeld of gevorderde tegnologie wat dit moontlik maak.

Geen aanbidding tot die lewende God, die Here van hemel en aarde, en sy Seun, Jesus Christus, word toegelaat nie.

Net die draak, die Antichris en sy beeld mag aanbid word.

Diegene wat weier om die Antichris te aanbid sal met hul lewe daarvoor boet, ander met hul inkomste (v. 17).

Later in hoofstuk 17 word hierdie een wêreldgodsdiens oorboord gegooi en mag net die Antichris allen self aanbid word.

Die valse profeet saamgevat (in die boek Openbaring)


Hy is bekend as die ander dier of direk genoem by die naam, die valse profeet (Op. 16:13; 19:20).

Hy kom uit die aarde, wat dieselfde as die see van mense is.

Hy kom ná die eerste dier (Op. 13:1), en sal sy profeet wees (Op. 13:12-14).

Hy verskyn in die voorkoms van ‘n lam (onskuldige) en sal baie mense verlei (Op. 13:11).

Sy spraak sal hom ontbloot as ‘n werktuig van Satan, want hy praat soos ‘n draak (Satan) (Op. 13:11).

Hy sal maak dat mense die Antichris en sy beeld aanbid (Op. 13:12, 15).

Hy sal maak dat niemand kan koop of verkoop nie (saketransaksies van watter aard ook al) tensy die mens die 666 ontvang het (Op. 13:16-18).

Hy stuur onreine geeste (demone) uit om die mense bymekaar te maak vir die slag van Armagéddon (Op. 16:13, 16); en

Hy sal deur Jesus Christus lewendig in die poel van vuur gewerp word (Op. 19:20).

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 13: Die Antichris se een wêreldekonomie: Lees hier

No comments: