Monday 16 November 2015

Openbaring#61: Openbaring 11 Die 3de Tempel


Daar sal binnekort ʼn tempel in Jerusalem gebou word omdat Bybel profesie dit baie duidelik stel – daar sal ʼn tempel in die eindtyd bestaan.

Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!

Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:

Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking

Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 3de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 4de basuin: Lees hier
Op 8: Die aankondiging van die 3 Wee: Lees hier

Op 9: Die blaas van die 5de basuin is die 1st Wee: Lees hier
Op 9: Die blaas van die 6de basuin is die 2de Wee: Lees Hier

Die gebeure tydens die middel van die Verdrukking

Op 10: Die gebeure in die middel van die Verdrukking: Lees Hier
Op 10: Openbaring 10 is 'n parentese: Lees Hier
Op 10: God is nie sonder Sy getuienis tot die wereld nie: Lees hier

Op 11: Die 3de Tempel: Hierdie skrywe


Die 3de Tempel (Op 11:11-2)

Watter tempel is dit?

In die geskiedenis en profesieë oor Israel word daar na die volgende vier tempels verwys:

eerstens, die tempel van Salomo, die eerste tempel (1 Kon. 8:1-66);
tweedens, die tempel van Herodus, die tweede tempel (Matt. 4:5);
derdens, die tempel in die Groot Verdrukking , die derde tempel (2 Thess. 2:3-4);
laastens, die tempel van die Messiasryk, die vierde tempel (Eseg. 40-44)

Wat betref die derde tempel, die een in die dae van die Groot Verdrukking, weet ons hierdie tempel sal in die eerste helfte van die Groot Verdrukking voltooi en in gebruik geneem word (2 Thess. 2:4; Daniël 9:27; Matt. 24:15-21).

Daar sal binnekort ʼn tempel in Jerusalem gebou word omdat Bybel profesie dit baie duidelik stel – daar sal dus ʼn tempel in die eindtyd bestaan.

Ook sal daar offers gebring word in dié tyd, wat beteken die tempeldiens sal weer ingestel word deur geestelike leiers van die volk van Israel (Dan. 9:27).

ʼn Meetstok is aan Johannes gegee met die opdrag om die tempel, die altaar en dié wat daarin aanbid te meet.

Johannes sonder drie dinge uit wat gemeet word, die heilige plek in die tempel (naos) en nie (hieron) die tempelgebou as geheel nie, word gemeet, sowel as die altaar en die aanbidders.

Wat vir God heilig is, word afsonderlik gemeet van die voorhof buitekant die heilige plek.

Die voorhof is die plek waar handel gedrywe is.

Dit is aan die heidene gegee waar hulle onder die bewind van die Antichris die heilige stad twee-en-veertig maande lank vertrap.

Hierdie tydperk is ʼn uitgemete tydperk onder Goddelike bepaling. Dit is 1 260 dae of drie-en-ʼn-half jaar (Op. 13:5, 12:6; Dan. 7:25; 12:7), ʼn tyd, tye en die helfte van ʼn tyd is presies dieselfde as die tydperk van 42 maande of drie-en-ʼn-half jaar.

Die gebeure in Openbaring 6-11 wat ons tot aanloop gehad het, bring ons tot ongeveer die middel van die Verdrukking.

Nou sal die laaste drie-en-ʼn-half jaar (die Groot Verdrukking) aanbreek met verskriklike gevolge vir die Jode en hul tempel.

Die Antichris gaan homself verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is (2 Thess. 2:4).

Die heilige stad (Jerusalem) sal nou onder die bewind van die Antichris 42 maande / drie-en-ʼn-half jaar lank vertrap word (Op. 11:2; Dan. 9:27).

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 11: Elia en Henog is die 2 Getuies: Lees hier

No comments: