Friday 6 November 2015

Openbaring#51: Openbaring 8: Die blaas van die 3de basuin


Die watervoorrade van die mens is nou op groot skaal aangetas, met katastrofiese gevolge vir die mens.


Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!


Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:

Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking

Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 3de basuin: Hierdie skrywe


Openbaring 8: 10-11


Rev 8:6 En die sewe engele met die sewe basuine het hulle gereed gemaak om te blaas.

Die feit dat die engele hulle gereedmaak om te blaas, beteken die oordeel kom vir seker en die tyd vir die oordeel om te kom, het aangebreek.

Rev 8:10 En die derde engel het geblaas, en ‘n groot ster wat soos ‘n fakkel brand, het uit die hemel geval, en dit het geval op ‘n derde van die riviere en op die waterfonteine. Rev 8:11 En die naam van die ster word genoem Alsem; en ‘n derde van die waters het als geword, en baie mense het gesterwe van die water, omdat dit bitter geword het.

Bitter water.

Hierdie oordeel van ʼn groot ster wat soos ʼn fakkel brand, het geval op ʼn derde van die riviere en op die waterfonteine.

Oombliklik toe hierdie meteoriet die riviere en waterfonteine tref, het die water als geword, dit wil sê, die water het baie bitter geword, tegelykertyd uiters giftig.

Alsem, wat eintlik ʼn geneesmiddel moet wees, maak die water nou onbruikbaar. Dit is deel van God se oordeel. Kyk, Ek gee aan hulle, aan hierdie volk, wilde-als om te eet, en Ek laat hulle gifwater drink (Jer.9:15).

Die watervoorrade van die mens is nou op groot skaal aangetas, met katastrofiese gevolge vir die mens.

Mense, baie mense wat die water drink sal sterwe.

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 8 Die blaas van die 4de basuin: Lees hier

No comments: