Friday 6 November 2015

Openbaring#53: Openbaring 8: Die aankondiging van die 3 Wee


Die drie weë wat nou gaan volg, gaan die verskriklikste dinge denkbaar op die aarde loslaat.


Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!

Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:

Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking

Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 3de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 4de basuin: Lees hier
Op 8: Die aankondiging van die 3 Wee: Hierdie skrywe


Openbaring 8:13

Rev 8:13 En ek het gesien en gehoor ‘n engel wat in die middel van die hemel vlieg, wat met ‘n groot stem sê: Wee, wee, wee hulle wat op die aarde woon, vanweë die orige geluide van die basuin van die drie engele wat nog sal blaas!

Die engel wat in die middel van die hemel vlieg en met ʼn groot stem verklaar: Wee, wee, wee hulle wat op die aarde woon . . .

..toon met hierdie drie verklarings die skrikwekkende toename in die erns en die vreeslike gevolge wat die orige oordele van God vir die mens op die aarde inhou.

Drie maal word herhaal: wee, wee, wee; hartverskeurende verklarings.

Want die drie weë wat nou gaan volg, gaan die verskriklikste dinge denkbaar op die aarde loslaat.

Daar gaan 'n skrikwekkende toename in die erns en die vreeslike gevolge wat die orige oordele van God vir die mens op die aarde inhou.

Vier basuine het alreeds geblaas

Die oorblywende 3 basuine word dan nou deur 'n engel uit die hemel aangekondig

Al drie die wee-oordele bevat demoniese en gevalle engele se invalle op die mensdom, wat die loslating van boosheid, pyniging en dood op die aarde sal bring soos daar nog nooit was vandat die mens op die aarde is nie.

Hierdie drie weë of oordele bring drie gebeurtenisse op die aarde na vore, naamlik:

Eerste wee (5de basuin) bring die demoniese sprinkane uit die bodemlose put abussos, vyf maande van pyniging op die mensdom (Op. 9:1-11).

Tweede wee (6de basuin) bring die demoniese perderuiters uit die bodemlose put wat dood en verwoesting saai onder die mensdom (Op. 9:13-21).

Die derde wee (7de basuin) bring die finale uitwerping van Satan met al sy gevalle engele uit die hemel, hulle word op die aarde neergewerp om hul bose verwoestingswerk deur die Antichris, valse profeet en derglike te bewerkstellig (Op. 11:15-13:18).

Die weergalose geweld, dood en verwoesting en lyding wat hierdie drie weë sal voortbring, het nog nooit vantevore sy gelyke gehad nie.

Jesus Christus in sy profetiese rede in Mattheüs 24 stel dit so: En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word (Matt. 24:22).

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 9 Die blaas van die 5de besuin: Lees hier

No comments: