Wednesday 4 November 2015

Openbaring#40: Openbaring 6: Die oopmaak van die Seels 1-4


Die Antichris sal homself openbaar op 'n hoogs verleidende manier. Die bekenstelling vind plaas deur middel van vier perde.


Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!


Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:

Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking

Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Hierdie skrywe

Openbaring 6 - Die oopmaak van Seels 1-4 (Op 6:1-8)

Die Antichris sal homself openbaar op 'n hoogs verleidende manier. Die bekenstelling vind plaas deur middel van vier perde.

God neem beheer van wereld gebeure en God se Goddelike doel gaan volbring word in die oordele wat gaan plaasvind!.

Wit Perd; Die Antichris sal verskyn as 'n vredemaker,

Rooi Perd; Wanneer sy skynvrede misluk, openbaar hy homself as 'n militere diktator,

Swart Perd; As gevolg van die oorloe, volg rantionering van voedsel,

Vaal Perd; Daarna volg die dood.

Deur die 4 Seels het ons die vervulling van Mattheus 24:4-8

Mat 24:4-8 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie. (5) Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei. (6) En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie. (7) Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke. (8) Maar al hierdie dinge is ‘n begin van die smarte.

en

Met die opening van die eerste seel, het ons onmiddelik te doen met die valse christus d.i. die Antichris.

Lees meer oor die Antichris: Lees hier

Seel 1 - Wit Perd; Oorwinnaar om te oorwin (Op. 6:1 -2)

'n Perd simboliseer oorlog en stryd, terwyl wit die van vrede. Vrede word hier gesimboliseer deur 'n wit perderuiter, wat niks anders is as skynvrede, want in die voetspoor van die perd volg oorlog. Die perderuiter is die Antichris en die boog is 'n aanduiding van sy trefkrag wat verrykend sal wees. Sy kroon spreek simbolies van sy oorwinning en heerskappy, gegee vir hom om te oorwin!!!

Hierdie perderuiter, die Antichris, op die wit perd se toetrede lei dan in die vreesaanjaende gebeure van die Verdrukking.

Die mensdom, sal die Antichris aanvaar omrede sy wit voorkoms wat niks anders as 'n skyn van vrede sal wees.

Seel 2 - Vuurrooi Perd; Oorlog (Op. 6:3-4)

Voorrooi simboliseer oorlog. Na die skynvrede, spreek die tweede seel van 'n algehele opbreek van alle nasies om opgeneem te word in die heerskappy van die Antichris. Oorlog en bloedvergieting volg die spore van die Antichris (volg die spore van die wit perd). 'n Groot swaard is aan die Antichris gegee wat voorspel geweldige gevolge, geweld, dood en verwoesting op groot skaal. Baie mense gaan sterf.

Die woorde van Jesus; sal dan tot vervulling gekom!!! Maar al hierdie dinge is ‘n begin van die smarte. (Matt. 24:8)

Seel 3 - Swart Perd; Hongersnood (Op. 6:5-6)

Daar sal met die aanbreek van die Verdrukking hongersnood, 'n tekort aan voedsel, wees as gevolg van die oorloe. Die prys van voedsel sal so eskaleer met die gevolg dat dat elke werkende persoon sy hele dagloon sal moet spandeer om sy kos vir die dag te kan koop. Basiese voedsel sal 8 maal eskaleer en 'n dagloon sal slegs een persoon kan voed.

Die mensdom sal egter volhard in plesier en sondes en wyn en olie sal beskikbaar bly. Olie vir genesing en die wyn vir plesier en genot. Die Antichris sal poog om voordel te trek uit die situasie om sy mag en heerskappy verder uit te brei.

Alleenlik die wat die Antichris en sy beleide ondersteun, sy naam en nommer op hul liggame sal dra, sal toegelaat word om te koop en te verkoop.(Open 13:16 - 18)

Seel 4 - Vaal Perd; Dood (Op. 6:7 - 8)

Die hongersnood het tot gevolg dat mense in hul derduisende sal sterf . Hul sal deur die oorloe en gevolglike hongersnode omkom (om dood te maak met swaard). Allerlei pessiektes sal uitbreek, daar sal nie voedsel wees nie. Ook geen reen. God se seen sal nie meer op die aarde rus nie en Here gaan die wilde diere loslaat om verwoesting en dood te bring onder die mens.

Die Antichris sal hom verheug in hierdie chaos en dood op aarde, want dit speel in sy kaarte om meer mag te verkry.

Die vaal perd is 'n simbool van dood. En hy wat daarop sit, sy naam is die dood. (Op. 6:8a)

Rev 6:8 En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n vaal perd. En hy wat daarop sit, sy naam is die dood, en die doderyk het hom gevolg. En aan hulle is mag gegee oor die vierde deel van die aarde om dood te maak met swaard en hongersnood en pes en deur die wilde diere van die aarde.

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 6 Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier

No comments: