Thursday 5 November 2015

Openbaring#42: Openbaring 6: Die oopmaak van die 6de Seel


Die 6 de seel word oopgemaak en natuur rampe van groot omvang tref die aarde.


Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!


Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:

Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking

Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Hierdie skrywe


Die oopmaak van die 6de Seel (Op 6:12-17)

Die 6 de seel word oopgemaak en natuur rampe van groot omvang tref die aarde

Hierdie rampe en plae wat in die Groot Verdrukking kom, word duidelik deur die mens erken as oordele wat van God afkomstig is...

"en hul het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan? (Op 6:15-17)

Daar gaan 7 oordele oor die aarde en die oordele sal oor 7 groepe van die mensdom uitgestort word

Die 7 oordele oor die aarde en 'n geweldige invloed op die aarde en sy ommiddelike skepping

..en kyk (Op 6:12-14)

daar was ‘n groot aardbewing;

Hierdie aardbewing is die eerste van vyf wat vermeld word en in die dae van die Groot Verdrukking wat sal plaasvind. Die tweede word genoem in Openbaring 8:5; die derde in Openbaring 11:13; die vierde in Openbaring 11:19 en die vyfde in Openbaring 16:18-19.

en die son het swart geword soos ‘n harige sak, Die son verduistering sal sonlig op die aarde beperk

en die maan het geword soos bloed; maanlig sal beperk word agv die sonsverduisterring en 'n skynsel van bloed aanneem

en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ‘n vyeboom wat deur ‘n groot wind geskud word, sy navye laat afval; brandende hemelliggame val op die arrde, komete en meteorite tref die aarde met verwoestende gevolge

en die hemel het weggewyk soos ‘n boek wat toegerol word,

en al die berge is versit

en eilande is uit hulle plekke versit;

Sewe groepe onder die mensdom word vermeld tydens die oordeel van die

sesde seël, die oordeel raak almal:

(Rev 6:15) en die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge,

Die konings – regeerders;

die grotes – leiers en politici;

die rykes – geldmagnate;

die owerstes – militariste en militantes;

die magtiges – geleerdes, wetenskaplikes en geneeskundiges;

die slawe – diensknegte; en

die vrymense – gewone burgerlikes.

Wanneer hierdie natuurrampe die aarde tref, sal die mens paniekbevange raak en na die berge wegvlug.

Mense sal te bang wees om te woon in die groot stede waarin hoë geboue is wat kan omval of inmekaar stort. Daarom sal hulle vreesbevange na die berge vlug.

Daar sal ʼn oortuiging in selfs sondaars se hart wees dat net God alleen hierdie oordele oor die aarde kan bring.

Daarom sal hulle tot die berge en rotse uitroep: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit en vir die toorn van die Lam; want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?

Ongelowiges erken dat die oordele wat aangebreek het, die toorn van God is wat oor die mensdom losgebreek het (Jes. 13:9-13; Sef. 1:14-18).

Nogtans sal verreweg die meeste van hulle soos gedurende die tien plae van Egipte, hul hart verhard en hulle nie bekeer nie (Op. 9:20-21; Ex. 8:15,19).

Wat sondaars en ongelowiges die meeste vrees, is nie die dood nie, maar die geopenbaarde teenwoordigheid van God! (vers 16).

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard


Volgende: Openbaring 7 saamgevat: Lees hier

No comments: