Wednesday 2 December 2015

Openbaring#93: Openbaring 18: God se oordele is volbring


Openbaring 18 sluit dus af die 7 seëls, 7 basuine en 7 wraakskale.

Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!

Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:


Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking


Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 3de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 4de basuin: Lees hier
Op 8: Die aankondiging van die 3 Wee: Lees hier

Op 9: Die blaas van die 5de basuin is die 1st Wee: Lees hier
Op 9: Die blaas van die 6de basuin is die 2de Wee: Lees Hier

Die gebeure tydens die middel van die Verdrukking


Op 10: Die gebeure in die middel van die Verdrukking: Lees Hier
Op 10: Openbaring 10 is 'n parentese: Lees Hier
Op 10: God is nie sonder Sy getuienis tot die wereld nie: Lees hier

Op 11: Die 3de Tempel: Lees hier
Op 11: Elia en Henog is die twee Getuies: Lees hier
Op 11: Elia en Henog se bediening, dood en opstanding: Lees hier
Op 11: Die blaas van die 7de basuin is die 3de Wee: Lees hier

Op 12: Die tyd van benoudheid vir Jakob: Lees hier
Op 12: Die vrou met die son bekleed is Israel: Lees hier
Op 12: Die manlike kind is die 144 000 Jode: Lees hier
Op 12: Die vuurrrooi draak is Satan: Lees hier

Op 13: Wêreldryke in professie volgens Daniel: Lees hier
Op 13: Die Antichris se ware kleure word getoon: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldregering: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldgodsdiens: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldekonomie: Lees hier

Op 14: Is ʼn voorspel tot die 7 wraakskaal-oordele: Lees hier
Op 14: Die 144 000 (manlike kind) is in die hemel: Lees hier
Op 14: Die aankondigings in die hemel: Lees hier
Op 14: Die graanoes word ingesamel: Lees hier
Op 14: Die wynoes word ingesamel: Lees hier

Die gebeure tydens die laaste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking


Op 15: Gebeure in die hemel VOOR die uitstorting van die wraakskale: Lees hier

Op 16: God beveel die uitstorting van die wraakskale: Lees hier
Op 16: Die 1ste wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 2de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 3de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 4de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 5de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 6de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 7de wraakskaal word uitgestort: Lees hier

Op 17: Die Twee Babilons: Lees hier
Op 17: Babilon die valse wêreldgodsdiensstelsel (Die visioen): Lees hier
Op 17: Babilon die valse wêreldgodsdiensstelsel (Die uitleg): Lees hier

Op 18: Babilon die stad word geoordeel: Lees hier
Op 18: God se oordele is volbring: Hierdie skrywe

Die Groot Verdrukking


Openbaring 5:1 stel stel beken die boekrol wat met sewe seëls goed verseël is.

Die boekrol is op beide kante beskrywe.

Die boek se inhoud bevat die gebeure van die laaste dae.

Hierdie boekrol in die regterhand van Hom wat op die troon sit, het as inhoud God se bestemming vir die mensdom.

Die boek bevat die wil van God vir die mensdom.

Wat in die boek geskrywe staan, is God se uitgemete oordele oor die mensdom.

Die boekrol bevat die volle gebeure wat God vir die mensdom in gedagte het.

Al die gebeure in Openbaring 6 tot 19 sal binne die tydsbestek van sewe jaar afspeel.

Uit die volk Israel se oogpunt staan hierdie tyd as Daniël se sewentigste jaarweek bekend, soos in Daniël 9:24- 27 beskryf. ʼn Jaarweek is ʼn periode van sewe jaar (Lev. 25:3-4; Dan. 9:2).

In die Nuwe Testament word die komende jaarweek waarin die Antichris sal regeer, die Groot Verdrukking of Verdrukking genoem (Matt. 24:21,29; Op. 7:14).

Die periode van sewe jaar word in twee helftes van drie-en-ʼn-half jaar elk verdeel.

In Openbaring 11 tot 13 word daar ook na dié twee tydperke van drie-en-ʼn-half jaar as twee-en-veertig maande of een-duisend tweehonderd-en-sestig dae elk, verwys.

Die eerste helfte van die Verdrukking sal deur ʼn valse vrede vir die vereniging van die mensdom onder die leierskap van die Antichris gekenmerk word. Mense sal deur politieke, maatskaplike, ekonomiese en godsdienstige inisiatiewe van die Antichris gemanipuleer word.

Wanneer die Antichris se vredes- en eenheidspogings egter misluk, sal hy hom in die oorblywende drie-en- ʼn-half jaar van die Verdrukking tot die ongeëwenaarde gebruik van geweld wend en sodoende die bloedigste diktatuur skep wat die wêreld nóg geken het.

Die doel van die sewe jaar lange Groot Verdrukking is om die sewentigste jaarweek, die laaste van sewentig jaarweke rakende die volk Israel deur God bepaal, in vervulling te laat gaan.

Die oopmaak van die seël het deur die oopmaak van die 7de seël die 7 Basuine ingelei.

Ook met die blaas van die 7de Basuin, is die 7 Wraakskale ingelei, waarna

In Openbaring 17 die val van Babilon as ʼn vrou, ʼn hoer, ʼn valse godsdienssisteem geopenbaar is, waarna

In Openbaring 18 die oordeel en vernieteging van Babilon as ʼn stad, ʼn ekonomiese plek en politieke sisteem geopenbaar is.

Die skuld van Babilon (Op 18:24)


Rev 18:23 En die lig van ‘n lamp sal nooit meer in jou skyn nie, en die stem van bruidegom en bruid sal nooit meer in jou gehoor word nie; want jou handelaars was die grotes van die aarde; want deur jou towery is al die nasies verlei. Rev 18:24 En die bloed van profete en heiliges is in haar gevind, en van almal wat op die aarde gedood is.

Deur die eeue heen is baie onskuldige bloed van God se profete en heiliges in haar vergiet, daarom sal van Babilon rekenskap geëis word.

Een maal sal God die bloed van profete en heiliges wreek, dit sal op Babilon se rekening wees.

Babilon het opgehou om ʼn groot wêreldstad en ekonomiese mag te wees omdat God haar skuldig bevind het aan die bloed van sy diensknegte.

Openbaring 18 sluit dus af die 7 seëls, 7 basuine en 7 wraakskale.

God se oordele is volbring.


Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 19: Hemelse gebeure: Lees hier

No comments: