Tuesday 8 December 2015

Openbaring#109: Openbaring 21: Die verklarings van die Een wat op die troon sit


Alles wat die vloek van sonde in die ou orde op die aarde tot gevolg gehad het, word mee weggedoen.

Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!

Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:


Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking


Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 3de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 4de basuin: Lees hier
Op 8: Die aankondiging van die 3 Wee: Lees hier

Op 9: Die blaas van die 5de basuin is die 1st Wee: Lees hier
Op 9: Die blaas van die 6de basuin is die 2de Wee: Lees Hier

Die gebeure tydens die middel van die Verdrukking


Op 10: Die gebeure in die middel van die Verdrukking: Lees Hier
Op 10: Openbaring 10 is 'n parentese: Lees Hier
Op 10: God is nie sonder Sy getuienis tot die wereld nie: Lees hier

Op 11: Die 3de Tempel: Lees hier
Op 11: Elia en Henog is die twee Getuies: Lees hier
Op 11: Elia en Henog se bediening, dood en opstanding: Lees hier
Op 11: Die blaas van die 7de basuin is die 3de Wee: Lees hier

Op 12: Die tyd van benoudheid vir Jakob: Lees hier
Op 12: Die vrou met die son bekleed is Israel: Lees hier
Op 12: Die manlike kind is die 144 000 Jode: Lees hier
Op 12: Die vuurrrooi draak is Satan: Lees hier

Op 13: Wêreldryke in professie volgens Daniel: Lees hier
Op 13: Die Antichris se ware kleure word getoon: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldregering: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldgodsdiens: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldekonomie: Lees hier

Op 14: Is ʼn voorspel tot die 7 wraakskaal-oordele: Lees hier
Op 14: Die 144 000 (manlike kind) is in die hemel: Lees hier
Op 14: Die aankondigings in die hemel: Lees hier
Op 14: Die graanoes word ingesamel: Lees hier
Op 14: Die wynoes word ingesamel: Lees hier

Die gebeure tydens die laaste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking


Op 15: Gebeure in die hemel VOOR die uitstorting van die wraakskale: Lees hier

Op 16: God beveel die uitstorting van die wraakskale: Lees hier
Op 16: Die 1ste wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 2de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 3de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 4de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 5de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 6de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 7de wraakskaal word uitgestort: Lees hier

Op 17: Die Twee Babilons: Lees hier
Op 17: Babilon die valse wêreldgodsdiensstelsel (Die visioen): Lees hier
Op 17: Babilon die valse wêreldgodsdiensstelsel (Die uitleg): Lees hier

Op 18: Babilon die stad word geoordeel: Lees hier
Op 18: God se oordele is volbring: Lees hier

Die wederkoms van Jesus Christus 


Op 19: Die gebeure in die hemel: Lees hier
Op 19: Die sigbare wederkoms van Jesus Christus: Lees hier
Op 19: Die slag van Armagéddon: Lees hier
Op 19: Die Antichris en die valse profeet geoordel: Lees hier

Op 20: Die eerste 75 dae ná die dag van wederkoms van Jesus Christus: Lees hier
Op 20: Al die profesië van die profete van ouds word vervul: Lees hier

Die Messiaanse koninkryk 


Op 20: Die duisendjaar- vrederyk: Lees hier
Op 20: Satan word gedurende die duisendjaar- vrederyk gebind: Lees hier
Op 20: Die twee opstandings: Lees hier
Op 20: Die Opstanding van die Regverdiges: Lees hier
Op 20: Die Gog en Magog is die laaste opstand teen God: Lees hier
Op 20: Die groot wit troon oordeel: Lees hier

Die nuwe ewige orde


Op 21: Die nuwe ewige orde: Lees hier
Op 21: Die nuwe hemel, aarde en die stad Jerusalem vanuit die hemel: Lees hier
Op 21: Die verklarings van die Een wat op die troon sit: Hierdie skrywe


Die verklaring van die Een wat op die troon sit (Op 21:3-4) 


Rev 21:3 En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. Rev 21:4 En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.

In hierdie verklaring word twee dinge gestel.

Ten eerste, die woning van God is nou by die mense.

Die woord “woon” beteken letterlik “om te tabernakel.”

God kom tabernakel by die mens!

Die shekinah-heerlikheid van God woon nou vir ewig onder die mens op die nuwe aarde.

God woon by, letterlik, in die midde van, die mens, om vir ewig vir die mens God te wees en om sy heerlikheid onder die mens te laat woon.

Ten tweede word bevestig dat die gevolge van die vloek in Genesis 3:16-19 opgehef en verwyder is (Op 21:4).

Alles wat die vloek van sonde in die ou orde op die aarde tot gevolg gehad het, is nou weggedoen.

Op die nuwe aarde sal daar nooit meer dood, droefheid, geween en moeite wees nie, want die eerste dinge (ou orde) het verbygegaan.

Die tweede verklaring van die Een wat op die troon sit (Op 21:5-8)


Rev 21:5 En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar. Rev 21:6 En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet. Rev 21:7 Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees. Rev 21:8 Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.

In hierdie verklaring word vier aspekte van die werke van God beklemtoon.

Eerstens, die bevestiging dat Hy wat op die troon sit alles nuut maak.

Daar is inderdaad agt nuwe dinge waarvan ons in Openbaring lees:
  • die nuwe Jerusalem (Op. 3:12);
  • die nuwe naam vir Christus (Op. 3:12);
  • die nuwe naam vir die oorwinnaars (Op. 2:17);
  • die nuwe lied van die verlostes (Op. 5:9);
  • die nuwe lied van die 144 000 (Op. 14:3);
  • die nuwe hemel (Op. 21:1);
  • die nuwe aarde (Op. 21:1); en
  • die nuwe dinge (Op. 21:5).
Die toekomstige ewige orde is deur ʼn belofte van God verseker, want sy woorde is waaragtig en betroubaar (Op 21:5).

Tweedens, die bevestiging daar is die voorsiening van die fontein van die water van die lewe (Op 21:6).

Derdens, die erfenis van die gelowiges word bevestig, die Een op die troon gee aan hulle alles, dit wil sê die nuwe hemel, nuwe aarde, en die nuwe Jerusalem.

Vierdens word bevestig die finale einde van alle ongeredde sondaars (agt groepe word hier genoem), hulle beërwe die poel wat brand met vuur en swawel, die tweede dood (Op 21:8).

In die laaste hoofstuk van Openbaring word in Openbaring 21: 14 en 15 weereens duidelik gestel die verskillende eindbestemmings van alle mense.

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 21: Die vrou van die Lam : Lees hier

No comments: