Tuesday 8 December 2015

Openbaring#111: Openbaring 21: Die nuwe Jerusalem is die Godstad


Die stad gaan die kenmerke van die heerlikheid (shekinah) van God, wat nog altyd vir ons oë verborge was, blootlê.

Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!

Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:


Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking


Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 3de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 4de basuin: Lees hier
Op 8: Die aankondiging van die 3 Wee: Lees hier

Op 9: Die blaas van die 5de basuin is die 1st Wee: Lees hier
Op 9: Die blaas van die 6de basuin is die 2de Wee: Lees Hier

Die gebeure tydens die middel van die Verdrukking


Op 10: Die gebeure in die middel van die Verdrukking: Lees Hier
Op 10: Openbaring 10 is 'n parentese: Lees Hier
Op 10: God is nie sonder Sy getuienis tot die wereld nie: Lees hier

Op 11: Die 3de Tempel: Lees hier
Op 11: Elia en Henog is die twee Getuies: Lees hier
Op 11: Elia en Henog se bediening, dood en opstanding: Lees hier
Op 11: Die blaas van die 7de basuin is die 3de Wee: Lees hier

Op 12: Die tyd van benoudheid vir Jakob: Lees hier
Op 12: Die vrou met die son bekleed is Israel: Lees hier
Op 12: Die manlike kind is die 144 000 Jode: Lees hier
Op 12: Die vuurrrooi draak is Satan: Lees hier

Op 13: Wêreldryke in professie volgens Daniel: Lees hier
Op 13: Die Antichris se ware kleure word getoon: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldregering: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldgodsdiens: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldekonomie: Lees hier

Op 14: Is ʼn voorspel tot die 7 wraakskaal-oordele: Lees hier
Op 14: Die 144 000 (manlike kind) is in die hemel: Lees hier
Op 14: Die aankondigings in die hemel: Lees hier
Op 14: Die graanoes word ingesamel: Lees hier
Op 14: Die wynoes word ingesamel: Lees hier

Die gebeure tydens die laaste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking


Op 15: Gebeure in die hemel VOOR die uitstorting van die wraakskale: Lees hier

Op 16: God beveel die uitstorting van die wraakskale: Lees hier
Op 16: Die 1ste wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 2de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 3de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 4de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 5de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 6de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 7de wraakskaal word uitgestort: Lees hier

Op 17: Die Twee Babilons: Lees hier
Op 17: Babilon die valse wêreldgodsdiensstelsel (Die visioen): Lees hier
Op 17: Babilon die valse wêreldgodsdiensstelsel (Die uitleg): Lees hier

Op 18: Babilon die stad word geoordeel: Lees hier
Op 18: God se oordele is volbring: Lees hier

Die wederkoms van Jesus Christus 


Op 19: Die gebeure in die hemel: Lees hier
Op 19: Die sigbare wederkoms van Jesus Christus: Lees hier
Op 19: Die slag van Armagéddon: Lees hier
Op 19: Die Antichris en die valse profeet geoordel: Lees hier

Op 20: Die eerste 75 dae ná die dag van wederkoms van Jesus Christus: Lees hier
Op 20: Al die profesië van die profete van ouds word vervul: Lees hier

Die Messiaanse koninkryk 


Op 20: Die duisendjaar- vrederyk: Lees hier
Op 20: Satan word gedurende die duisendjaar- vrederyk gebind: Lees hier
Op 20: Die twee opstandings: Lees hier
Op 20: Die Opstanding van die Regverdiges: Lees hier
Op 20: Die Gog en Magog is die laaste opstand teen God: Lees hier
Op 20: Die groot wit troon oordeel: Lees hier

Op 21: Die nuwe ewige orde: Lees hier
Op 21: Die nuwe hemel, aarde en die stad Jerusalem vanuit die hemel: Lees hier
Op 21: Die verklarings van die Een wat op die troon sit: Lees hier
Op 21: Die vrou van die Lam: Lees hier
Op 21: Die nuwe Jerusalem is die Godstad: Hierdie skrywe


Die beskrywing van die nuwe Jerusalem (Op 21:11-22)


Rev 21:10 En hy het my in die gees weggevoer op ‘n groot en hoë berg en my die groot stad getoon, die heilige Jerusalem, wat uit die hemel van God neerdaal;

Die stad gaan die kenmerke van die heerlikheid (shekinah) van God, wat nog altyd vir ons oë verborge was, blootlê.

Dié heerlikheid van God verlig die stad (Op 21:23).

Met elke asemteug gaan die inwoners van hierdie stad die heerlikheid van God inasem.

Die lig was soos dié van ʼn kristalhelder jaspissteen, dié het ʼn seegroen skynsel.

Die stad se beskrywing volg die patroon van stede: fondamente, mure, poorte en strate.

Die beskrywing van die stadsmuur vind ons in Openbaring 21:12-13.

Die hoë muur en poorte spreek van beskerming, almal daarbinne is veilig.

Die boustof van die muur was van jaspis (Op 21:18).

Die muur was hoog, baie hoog, ongeveer 100 meter hoog (Op 21:17).

Ook het die muur rondom twaalf poorte gehad, drie na elke windrigting, noord, oos, suid en wes.

Die poorte spreek nie net van beskerming nie, maar ook van toeganklikheid.

Op elke poort is name daarop geskrywe, naamlik dié van die twaalf stamme van Israel.

Die betekenis is dat tot in alle ewigheid sal die name van die twaalf Joodse stamme in herinnering geroep word, dit sal nooit vergeet word nie.

Elke poort was uit een pêrel (Op 21:21).

Twaalf engele, een by elke poort, sal gesag hê as bewakers van die Godstad (Op 21:12).

Hierdie hoë muur het twaalf fondamente gehad.

Die fondamente spreek van permanensie en twaalf van Goddelike regering.

Op die fondamente was die name geskrywe van die twaalf apostels van die Lam.

Hulle sal onthou word tot in alle ewigheid.

Die fondamente was met allerhande edelgesteentes (Op 21:19-20) versier.

  • Die eerste fondament – jaspis (seegroen).
  • Die tweede fondament – saffier (blou skynsel – donkerblou).
  • Die derde fondament – chalcedoon (glansgroen).
  • Die vierde fondament – smarag (diepgroen).
  • Die vyfde fondament – sardoniks (wit en rooi).
  • Die sesde fondament – sardius (bloedrooi).
  • Die sewende fondament – chrisoliet (goudgeel).
  • Die agtste fondament – topaas (geelgroen).
  • Die negende fondament – beril (blougroen).
  • Die tiende fondament – chrisopraas (blougeel).
  • Die elfde fondament – hiasint (skitterblou).
  • Die twaalfde fondament – ametis (violetblou).

ʼn Noukeurige beskouing van die edelgesteentes se kleure sal toon die twaalf fondamente is twee-twee volgens kleur in pare gerangskik.

Die stad en sy strate is van suiwer goud (Op 21:18, 21).

Die stad sowel as sy strate is van suiwer deurskynende goud soos deurskynende glas of suiwer glas.

Die bedoeling is dat dit so suiwer is dat dit die lig laat deurstraal.

Johannes sien ʼn goue meetroede waarmee die stad, sy poorte en sy muur gemeet word (Op 21:15).

Die feit dat dit ʼn goue meetroede is, dui op die heerlikheid van die Godstad wat nou uitgemeet word.

Die stad lê vierkantig, 2 400 kilometer alkante toe lank, breed en hoog.

Dit blyk dat die stad in ʼn kubusvorm gebou is.

Sommige Skrifgeleerdes meen dat die stad op sy hoogste punt 2 400 kilometer hoog is, dit wil sê, dat die stad aan die binnekant van sy muur algaande 2 400 kilometer ver in die lug in gebou is (ʼn prisma).

Die inwoners van die stad sal 2 400 kilometer ver kan stap op strate van deurskynende goud om die stad van noord na suid of oos na wes te deurkruis.

Hierdie Godstad is groot genoeg om almal wat die saligheid deur die eeue heen beërwe het, te huisves.

Die nuwe Jerusalem, die heilige Jerusalem wat uit die hemel van God neerdaal, sal deur God die Vader en die Lam geregeer word.

Twaalf is die getal van die regeringskap van God, daarom sien ons duidelik in hierdie stad die getal twaalf ingebou:

  • twaalf poorte (Op 21:12);
  • twaalf engele (Op 21:12);
  • twaalf stamme van Israel (Op 21:12);
  • twaalf fondamente (Op 21:14);
  • twaalf apostels van die Lam (Op 21:14);
  • twaalf maal twaalf – die hoogte van die muur (Op 21:17);
  • twaalf edelgesteentes (Op 21:19-20); en
  • twaalf pêrels (Op 21:21).

Wat Johannes nie in die stad gesien het nie (Op 21:22-23)


Rev 21:22 En ‘n tempel het ek nie daarin gesien nie, want die Here God, die Almagtige, is sy tempel, en die Lam. Rev 21:23 En die stad het die son of die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp.

Wat in die stad ontbreek, vergroot en verhoog net die heerlikheid van die Godstad.

Daar sal geen tempel daarin wees nie, aangesien die hele stad die tasbare teenwoordigheid van God bevat.

Die Almagtige en die Lam is die stad se tempel. Sonlig en die lig wat die maan weerkaats, is in dié stad afwesig omdat die heerlikheid van God self die stad verlig en die Lam sy lamp is (Jes. 60:19).

Die heerlikheid van God is soveel groter as geskape lig, daarom sal geen sonstrale op die nuwe stad skyn nie.

Die toegang to die nuwe Jerusalem (Op 21: 24-26)


Rev 21:24 En die nasies van die wat gered word, sal in die lig daarvan wandel, en die konings van die aarde bring hulle heerlikheid en eer daarin.

Ons weet uit die voorafgaande dat die stadsmuur twaalf poorte het wat toegang verleen, elke poort word deur ʼn engel bewaak.

Die nasies van dié wat gered word, sal die stad mag binnegaan, sowel as die konings van die aarde, omdat die poorte nooit gesluit word nie.

In die nuwe orde op die nuwe aarde sal daar steeds nasies op die aarde wees – hulle wat gered is in die duisendjarige vrederyk.

Dit blyk uit die konteks dat hierdie mense nie verheerlikte liggame het nie (Op. 22:2).

Hierdie saliges sal die voorreg hê om die nuwe Jerusalem ongehinderd in te gaan om hul heerlikheid en eer daarin te bring.

Die boek van die Lewe (Op 21:27)


Rev 21:27 En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam.

Slegs hulle wie se name in die boek van die lewe van die Lam geskrywe is, het toegang tot die stad.

Dit is die Lam wat die weg na die ewige lewe geopen het (Joh. 6:47; 14:6; 1 Pet. 1:18-20); daarom is dit dan ook die boek van die Lam.

Vir die eerste keer in die ganse Skrif word in die nuwe orde verwys na die boek van die lewe as synde die boek van die lewe van die Lam.

Al die regverdiges wie se name in die boek opgeskrywe is, het die reg, nie net van toegang tot die nuwe Jerusalem nie, maar ook tot die boom van die lewe (Op. 22:2; 14).

Openbaring 21 eindig met ʼn waarskuwing – in die stad sal nie inkom iets wat verontreinig, gruwelikheid en leuens doen nie, omdat dit alles in die poel van vuur hul deel het (Op 21:8).

Ons het die versekering dat net wat heilig, regverdig en waarheid is in die nuwe orde in die ewige stad, die heilige Jerusalem, toegelaat sal word.

God se heilige engele by die poorte van die stad sal toesien dat net dié wie se name in die boek van die lewe van die Lam geskrywe is, dié Godstad mag binnegaan.

Hierdie boek van die lewe is God se persoonlike besit en name kan uit die boek verwyder word.

Johannes meld dat die boek van die lewe tydens die groot wit troon oordeel geopen sal word, wie se name nie in die boek opgeskryf is nie, sal in die poel van vuur gewerp word (Op 20:12,15).
Laastens waarsku Johannes dat God sal diegene wat wegneem uit die boek Openbaring se name wegneem uit die boek van die lewe.

Die feit dat die boek van die lewe by die laaste oordeel geopen gaan word en die name van selfs hulle wat verlore gaan in die boek gesoek sal word, toon dat alle mense wat ooit geleef het, se name in die boek van die lewe opgeskryf word.

Anders sou dit sinloos wees om almal se name daarin te gaan soek.

Hierdie standpunt word bevestig deur die feit dat Dawid bid dat sy ongelowige vyande se name uit die boek van die lewe uitgedelg moet word (Ps. 69:28-29).

Dit is eers wanneer mense Jesus Christus, die Lam van God, as Saligmaker aanneem en hulle kinders van God word, dat hulle name permanent in die boek van die lewe is.

So nie word hulle name aan die einde van hulle aardse bestaan uit die boek uitgevee (Op. 3:5).

Wie die Seun ongehoorsaam is en nie glo nie, sal die lewe nie sien nie (Joh. 3:36).

Die verlore mens is self die oorsaak waarom sy naam uit die boek van die lewe uitgedelg is.

Diegene wat deur die bloed van die Lam, Jesus Christus, gereinig is, se name sal nooit uit die boek van die lewe van die Lam uitgewis word nie (Op. 3:5), maar het verewig toegang tot die heerlike nuwe Jerusalem.

Die rivier van die lewe (Op 22:1)


Rev 22:1 En hy het my getoon ‘n suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom uit die troon van God en van die Lam.

Die eerste vyf verse van hoofstuk 22 vorm deel van die vorige hoofstuk. In hierdie verse vind ons ʼn duidelike beeld van saligheid, vertroosting, vrede en geen voedsel- of watertekort nie.

Binne die stad is daar ʼn lieflike rivier, ʼn kristalhelder stroom van lewende water.

Die suiwer rivier van die water van die lewe vloei uit die troon van God en van die Lam.

Die oorsprong en bron van die rivier is God en die Lam.

Hierdie rivier is so helder soos kristal en vloei deur die nuwe Jerusalem, dit is ʼn standhoudende rivier wat vloei tot in alle ewigheid.

Die water van die lewe is ook ʼn simbool van die ewige lewe (Joh. 4:7-14).

Hierdie water wat van die troon van God uitvloei, is beskikbaar vir al die saliges en verlostes, verniet (Op. 22:17).

Die boom van die Lewe (Op 22:2)


Rev 22:2 In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is tot genesing van die nasies.

Die boom van die lewe wat eens in die tuin van Eden bestaan het (Gen. 2:9; 3:22, 24), en eens in die paradys was (Op 2:7), sien ons nou in die nuwe Jerusalem.

Die boom van die lewe groei weerskante van die rivier van die lewe.

Die boom dra vrugte, twaalf soorte, twaalf keer per jaar.

Hoewel daar nie dag én nag in die stad Jerusalem sal wees om datums te bereken nie, sien ons tog ʼn vorm van datering in die ewigheid.

Hierdie boom is dieselfde boom wat God in die tuin van Eden geplant het, en wat die mens ná die sondeval verbied was om van te eet (Genesis 3).

Die boom se vrugte en blare is in die nuwe orde beskikbaar vir alle saliges om van te geniet.

Hierdie boom spreek ook van die instandhouding van lewe, sowel as voortdurende versorging vir die mens.

Die blare van die boom is tot genesing van die nasies.

Dit beteken nie mense word siek nie, omdat in die nuwe orde mense nie siek kan word nie (Op. 21:4).

Dit gaan hier wel oor die onderhouding van die ewige lewe.

Die doel van die blare is nie om bestaande siektes te genees nie, eerder sal dit lewegewend wees in dié sin dat dit genesing-gewend vir die nasies sal wees.

Daar sal dus in die ewige orde geen siektes onder die nasies wees nie juis as gevolg van die blare van die boom van die lewe.

Die boom van die lewe verseker voedsel en genesig.

Daar kan dus nie verhongering of siekte wees op die nuwe aarde nie, want daar sal ewigdurende voorsiening en genesing wees.

Die rivier van die lewe en die boom van die lewe verseker oorvloedige lewe in die nuwe heerlike Godstad vir al die saliges.

Die troon van God en van die Lam (Op 22:3-5)


Rev 22:3 En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van God en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte sal Hom dien. Rev 22:4 En hulle sal sy aangesig sien, en sy Naam sal op hulle voorhoofde wees. Rev 22:5 En nag sal daar nie wees nie; en hulle het geen lamp of sonlig nodig nie, omdat die Here God hulle verlig; en hulle sal as konings regeer tot in alle ewigheid.

Daar is ʼn totale afwesigheid van die vloek in die nuwe orde.

Die vloek van Genesis 3:17 is vir ewig opgehef.

Die skepping is vry!

Alles in die ganse skepping is vry van die vloek van verwoesting van die sonde (Rom. 8:18-23; Sag. 14:11).

In die middel van die stad sal die troon van God en van die Lam wees.

Die inwoners van die stad Jerusalem sluit die Here God, die Lam, en al die verlostes van alle eeue in; hulle sal die Naam van Jesus Christus, die Lam, op hul voorhoofde hê.

Vry van die vervloeking en alles wat die mens vasgehou het, sal dié verlostes nie net diensknegte wees nie, maar sal hulle as konings regeer tot in alle ewigheid.

Oor wie gaan die verheerlikte heiliges regeer?

Johannes deel ons mee dat daar wel nasies op die nuwe aarde sal wees (Op. 21:24).

Hierdie nasies kan net hulle wees wat gedurende die Millennium gered is (Sag. 8:13; Miga 5:6; Jes. 66:19).

Die vraag van belang hier is of dié nasies met verheerliking aangedaan sal wees of nie.

Dit wil egter voorkom of hulle nie verheerliking deelagtig geword het nie, omdat hulle nie deel aan die eerste opstanding gehad het nie, en dus as natuurlike mense sal leef om steeds te kan aanwas.

Met ander woorde, alles wat God oorspronklik met Adam en Eva voor die sondeval bedoel het, sal nou voortgesit word - Adam en Eva vóór die val was sondeloos en onskuldig.

In hierdie toestand was hulle in die vermoë om ewig te kon leef en voort te plant (Gen. 1:28).

As sodanig sou hulle ook nie meer oud kon word en sterwe nie.

Dit was ongetwyfeld God se doel met die mens in die begin.

Dat daar ewige geslagte van natuurlike (nie-verheerlikte) mense sal wees, is Skriftuurlik verantwoordbaar (Gen. 9:12; 13:15; Jes. 51:8; 66:22; Joël 3:20).

Ons kom dan tot die gevolgtrekking dat daar wel natuurlike mense op die nuwe aarde sal woon wat nooit meer in staat sal wees om te sondig nie; nooit meer kan oud word en sterf nie, maar vir ewig jonk en vrugbaar sal wees om voort te plant tot in ewigheid soos God dit oorspronklik met Adam en Eva bedoel het.

Dit is oor hulle oor wie die Kerk, die verheerliktes, sal regeer.



Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 21: Die geloofwaardigheid van die boek Openbaring : Lees hier

No comments: