Monday 7 December 2015

Openbaring#104: Openbaring 20: Die opstanding van die Regverdiges


Die eerste opstanding het net op gelowiges betrekking.

Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!

Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:


Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking


Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 3de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 4de basuin: Lees hier
Op 8: Die aankondiging van die 3 Wee: Lees hier

Op 9: Die blaas van die 5de basuin is die 1st Wee: Lees hier
Op 9: Die blaas van die 6de basuin is die 2de Wee: Lees Hier

Die gebeure tydens die middel van die Verdrukking


Op 10: Die gebeure in die middel van die Verdrukking: Lees Hier
Op 10: Openbaring 10 is 'n parentese: Lees Hier
Op 10: God is nie sonder Sy getuienis tot die wereld nie: Lees hier

Op 11: Die 3de Tempel: Lees hier
Op 11: Elia en Henog is die twee Getuies: Lees hier
Op 11: Elia en Henog se bediening, dood en opstanding: Lees hier
Op 11: Die blaas van die 7de basuin is die 3de Wee: Lees hier

Op 12: Die tyd van benoudheid vir Jakob: Lees hier
Op 12: Die vrou met die son bekleed is Israel: Lees hier
Op 12: Die manlike kind is die 144 000 Jode: Lees hier
Op 12: Die vuurrrooi draak is Satan: Lees hier

Op 13: Wêreldryke in professie volgens Daniel: Lees hier
Op 13: Die Antichris se ware kleure word getoon: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldregering: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldgodsdiens: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldekonomie: Lees hier

Op 14: Is ʼn voorspel tot die 7 wraakskaal-oordele: Lees hier
Op 14: Die 144 000 (manlike kind) is in die hemel: Lees hier
Op 14: Die aankondigings in die hemel: Lees hier
Op 14: Die graanoes word ingesamel: Lees hier
Op 14: Die wynoes word ingesamel: Lees hier

Die gebeure tydens die laaste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking



Op 15: Gebeure in die hemel VOOR die uitstorting van die wraakskale: Lees hier

Op 16: God beveel die uitstorting van die wraakskale: Lees hier
Op 16: Die 1ste wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 2de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 3de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 4de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 5de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 6de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 7de wraakskaal word uitgestort: Lees hier

Op 17: Die Twee Babilons: Lees hier
Op 17: Babilon die valse wêreldgodsdiensstelsel (Die visioen): Lees hier
Op 17: Babilon die valse wêreldgodsdiensstelsel (Die uitleg): Lees hier

Op 18: Babilon die stad word geoordeel: Lees hier
Op 18: God se oordele is volbring: Lees hier

Die wederkoms van Jesus Christus 


Op 19: Die gebeure in die hemel: Lees hier
Op 19: Die sigbare wederkoms van Jesus Christus: Lees hier
Op 19: Die slag van Armagéddon: Lees hier
Op 19: Die Antichris en die valse profeet geoordel: Lees hier

Op 20: Die eerste 75 dae ná die dag van wederkoms van Jesus Christus: Lees hier
Op 20: Al die profesië van die profete van ouds word vervul: Lees hier

Die Messiaanse koninkryk 


Op 20: Die duisendjaar- vrederyk: Lees hier
Op 20: Satan word gedurende die duisendjaar- vrederyk gebind: Lees hier
Op 20: Die twee opstandings: Lees hier
Op 20: Die Opstanding van die Regverdiges: Hierdie skrywe

Die opstanding van die Regverdiges (Op 20)


Die wat deel het aan die eerste opstanding word in Lukas 20 deur Jesus beskryf:

Maar die wat waardig geag word om daardie eeu en die opstanding uit die dode te verkry, trou nie en word nie in die huwelik uitgegee nie. Want hulle kan ook nie meer sterwe nie, want hulle is soos die engele en is kinders van God, omdat hulle kinders van die opstanding is (Luk. 20:35-36).

Die kinders van die opstanding word spesifiek kinders van God genoem.

Hierdie opstanding word dan ook beskryf as die opstanding van die regverdiges (Luk. 14:14).

Die eerste opstanding, wat net op gelowiges betrekking het, word as volg in die Nuwe Testament aangehaal:

  • Die eerste opstanding (Openb. 20:6).
  • Die opstanding van die kinders van God (Luk. 20:36).
  • Die opstanding van die regverdiges (Luk. 14:14).
  • Die opstanding van die wat in Christus gesterf het (1 Thess. 4:16).
  • Die opstanding van die lewe (Joh. 5:29).
  • In Jesus die opstanding uit die dode (Hand. 4:2).
  • ’n Beter opstanding (Hebr. 11:35).

Tydens die wegrapingsgebeurtenis, staan al die regverdiges, die wat in Christus gesterf het, met verheerlikte liggame onder die ander dode op (vanuit die dode), en gaan dan met dié wat nog in die lewe is, Christus weereens in die lug tegemoet (1 Thess. 4:14-17).

Die Woord van God leer twee opstandings:

Die eerste is die van die saliges en hul opstanding lei tot heerlikheid;

Die tweede is van al die verlorenes en hul opstanding lei tot oordeel.

Dié twee opstandings word geskei deur die 1000 jaar Vrederyk periode.

Hier is nou twee dinge ter sprake te wete gelowiges.

Eerstens, Johannes verklaar: en ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit. Wie gaan op die trone sit en waaroor gaan die trone? Binne die konteks en verband van ons skrifteks gaan daar op trone gesit word deur diegene wat deel gehad het aan die eerste opstanding, wie priesters en konings van God en van Christus is.

Ons weet uit hoofde van Openbaring 2:26-27 dat sommige uit die gemeente regeringskap van Christus sal ontvang.

Die regterstoel oordeel het op hierdie stadium van die vervulling van Bybelprofesie dan reeds plaasgevind en sal diegene wie waardig bevind is om saam met Christus te regeer saam met Hom op trone sit.

ʼn Troon is ʼn aanduiding van heerskappy, en daar is ʼn belofte van Christus dat sommige eendag saam met Hom konings sal wees (Op. 1:6).

Hulle sal ook die voorreg hê om te kan oordeel (Op 20:4).

Tweedens, Johannes verklaar: en ek het die siele gesien wat die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God (Op 20:4).

Dié groep gelowiges het ook deel aan die eerste opstanding, maar het uit die Groot Verdrukking gekom; hulle is dus die na-oes.

Dit beteken hulle was nie deel van die kerk en het nie deel gehad aan die wegraping nie.

Hulle het tot bekering gekom na die wegraping.

Wel het hulle die Antichris weerstaan in die dae van die Groot Verdrukking en was hulle bereid om te sterf vir hul geloof en lojaliteit aan God en Christus.

Hulle het geweier om die dier en sy beeld te aanbid en om die merk op hul voorhoof en op hulle hand te ontvang.

Hulle het geleef en sal nou saam met Christus deel in Sy regering vir die 1000 jaar lank, as konings sal hulle regeer.

Dit dien op gelet te word dat hierdie martelare wat uit die Groot Verdrukking kom was onthoof.

Hulle het dus met hul lewe betaal omdat hulle geweier het om Christus te verloën.

Nou herleef hulle en sal hulle deel hê in die voorreg om mede-regeerders te wees gedurende die Vrederyk.

Diegene wat deel het om konings en priesters te wees in die eerste opstanding word gereken as salig en heilig.

Die tweede dood (die hel, Op 20:14) het oor hulle geen mag nie (Op 20:6).

Hierdie twee groepe van gelowiges (die kerk en die na-oes) sal deel hê aan Christus se heerlikheid en sy troon, sowel as sy heerskappy.

Johannes maak nou hierdie verklaring soos die Here dit aan hom openbaar: Die ander dode het nie herlewe totdat die duisendjaar voleindig was nie (Op 20:5).

Dit is die tweede of laaste opstanding.

ʼn Duisend jaar na die eerste opstanding sal hierdie opstanding plaasvind.

Hierdie opstanding is ʼn opstanding van veroordeling.

Die goddelose en sondaars het deel aan hierdie opstanding.

Openbaring 20:13 beskrywe dié opstanding: Die see en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was.

Hier sien ons die opstanding van die liggame van die ongelowiges sodat na die oordeel uitgespreek is, die liggaam en siel van die verlorenes kan verderwe in die poel van vuur, die hel.

Hulle opstanding sal tot die ewige verdoemenis wees.

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 20: Die Gog en Magog is die laaste opstand teen God: Lees hier

No comments: