Wednesday 2 December 2015

Openbaring#92: Openbaring 18: Babilon die stad word geoordeel

In Openbaring 18 is Babilon ʼn stad, ʼn ekonomiese plek en politieke sisteem.

Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!

Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:


Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking


Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 3de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 4de basuin: Lees hier
Op 8: Die aankondiging van die 3 Wee: Lees hier

Op 9: Die blaas van die 5de basuin is die 1st Wee: Lees hier
Op 9: Die blaas van die 6de basuin is die 2de Wee: Lees Hier

Die gebeure tydens die middel van die Verdrukking


Op 10: Die gebeure in die middel van die Verdrukking: Lees Hier
Op 10: Openbaring 10 is 'n parentese: Lees Hier
Op 10: God is nie sonder Sy getuienis tot die wereld nie: Lees hier

Op 11: Die 3de Tempel: Lees hier
Op 11: Elia en Henog is die twee Getuies: Lees hier
Op 11: Elia en Henog se bediening, dood en opstanding: Lees hier
Op 11: Die blaas van die 7de basuin is die 3de Wee: Lees hier

Op 12: Die tyd van benoudheid vir Jakob: Lees hier
Op 12: Die vrou met die son bekleed is Israel: Lees hier
Op 12: Die manlike kind is die 144 000 Jode: Lees hier
Op 12: Die vuurrrooi draak is Satan: Lees hier

Op 13: Wêreldryke in professie volgens Daniel: Lees hier
Op 13: Die Antichris se ware kleure word getoon: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldregering: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldgodsdiens: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldekonomie: Lees hier

Op 14: Is ʼn voorspel tot die 7 wraakskaal-oordele: Lees hier
Op 14: Die 144 000 (manlike kind) is in die hemel: Lees hier
Op 14: Die aankondigings in die hemel: Lees hier
Op 14: Die graanoes word ingesamel: Lees hier
Op 14: Die wynoes word ingesamel: Lees hier

Die gebeure tydens die laaste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking


Op 15: Gebeure in die hemel VOOR die uitstorting van die wraakskale: Lees hier

Op 16: God beveel die uitstorting van die wraakskale: Lees hier
Op 16: Die 1ste wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 2de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 3de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 4de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 5de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 6de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 7de wraakskaal word uitgestort: Lees hier

Op 17: Die Twee Babilons: Lees hier
Op 17: Babilon die valse wêreldgodsdiensstelsel (Die visioen): Lees hier
Op 17: Babilon die valse wêreldgodsdiensstelsel (Die uitleg): Lees hier

Op 18: Babilon die stad word geoordeel: Hierdie skrywe

Babilon die stad (Op 18)


In Openbaring 17 is Babilon ʼn vrou, ʼn hoer, ʼn valse godsdienssisteem.

In Openbaring 18 is Babilon ʼn stad, ʼn ekonomiese plek en politieke sisteem.

Babilon moet herbou word en so die Antichris se politieke en ekonomiese hoofstad word in die dae van die Groot Verdrukking.

Die stad Babilon moet voor die wederkoms van Jesus Christus letterlik herbou word om

Bybelse profesieë te vervul, soos deur die profeet Sagaria geprofeteer (Sag. 5:5-11).

Volgens die gesig wat Johannes gesien het (Op. 16:19; 18:2-24), moet Babel weer ʼn werklike stad wees in die laaste dae.

Om die eindtydgebeure in Babilon reg te verstaan, moet dit in die lig van die stad se oorsprong en lang tradisie van rebellie en opstand teen God beskou word (Gen. 10-11).

Die gees en invloed van Babilon leef voort in die eindtyd, omdat Satan met ʼn nuwe offensief sal kom met sy strategie vir die vestiging van ʼn goddelose en arrogante wêreldleier (die Antichris), Hy wat deur die mensdom vereer, nagevolg en as God aanbid moet word (2 Thess. 2:4; Op. 13:4).

God se oordele oor dié stad is vas en seker (Jes. 13:19-22; Jer. 51:26,45,61-64; Op. 16:19; 18:2-24).

Die val van Babilon aangekondig (Op 18:1-3)


Rev 18:1 En ná hierdie dinge het ek ‘n engel sien neerdaal uit die hemel, met groot mag, en die aarde is verlig deur sy heerlikheid. Rev 18:2 En hy het met ‘n groot stem kragtig uitgeroep en gesê: Geval, geval het die groot Babilon....

Hierdie magtige stad wat simbool is van rebellie teen God en afvalligheid gehuisves het, gaan nou finaal ten gronde om nooit ooit weer gevind te word nie.

Babilon het geword ʼn woonplek van demone, bose geeste en allerhande onreine en haatlike voëls, aasvoëls en roofvoëls. Dit simboliseer boosheid, onreinheid en onheiligheid. Alles wat boos en onrein is, sal in Babilon bymekaarkom.

Die hedendaagse Irak (insluitende Sirië en Iran) gaan die middelpunt word en ʼn groot rol speel gedurende die tweede helfte van die Groot Verdrukking as die plek van uiterste boosheid, onreinheid en verleiding.

In Openbaring 18:3 word die eindtydse Babilon beskrywe as ʼn plek van oorvloedige rykdom, weelde en absolute boosheid onder die heersers van die aarde. Babilon wat in die Midde-Ooste herleef, gaan dit met weelde, mag en goddeloosheid doen.

Die handelaars verwys na die wêreldhandelstelsel, die kommersiële wêreldsisteem met ongekende boosheid (Op 18:2), en ongekende rykdom en weelde (Op 18:3), in die laaste dae.

God se volk moet Babilon ontvlug (Op 18:4-5)


Rev 18:4 En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.

Baie van God se volk sal hulle in die dae van die Groot Verdrukking as ballinge in ander lande, ook in Babel, bevind.

Net soos in die profesie van Jeremia 51:44-45 is hier ʼn oproep aan die Jode om weg te vlug van Babilon.

God waarsku sy volk net soos in die dae toe Lot oor Sodom en Gomorra gewaarsku is, en Lot van die komende oordeel moes vlug.

Die rede vir Babilon se oordeel (Op 18:6-8)


Rev 18:6 Vergeld haar soos sy ook julle vergeld het, en verdubbel dit vir haar volgens haar werke. Skink vir haar dubbel in die beker waarin sy geskink het.


Wat sy gedoen het, sal in ʼn dubbele mate op haar uitgestort word wanneer God haar oordeel, want Hy het die beker wat sy gebruik het in ʼn dubbele mate vir haar ingeskink.

Sy was ook hoogmoedig en sal vergeld word na haar sondes.

Al die strafgerigte wat vir haar bestem is, sal haar tegelyk en onverwags tref.

In een uur sal haar einde aanbreek.

Soos Sodom en Gomorra sal sy met vuur verbrand word. Hierdie is ʼn letterlike vervulling van Jesaja 47:8-15.

Babilon het haar teen die hemel gestel en nou is die Here God die sterk een wat haar oordeel, want God het haar ongeregtighede onthou.

Die Konings van die aarde hef 'n klaaglied aan (Op 18:9-10)


Rev 18:9 En die konings van die aarde wat met haar gehoereer en weelderig geleef het, sal oor haar ween en oor haar weeklaag wanneer hulle die rook van haar verbranding sien,

Ná die verwoesting van Babilon sien ons drie groepe aardbewoners wat haar beween en ʼn klaaglied aanhef.

Ten eerste, die konings van die aarde.

Dit is die politici, wêreldleiers en hooggeplaastes wat met die goddelose stad te doen gehad het.

Spesifiek is dit die 10 konings wat hulle heerskappy aan die Antichris gegee het, die koning van Babilon.

Volgens Openbaring 16:19 sal Babilon ook deur ʼn geweldige aardbewing getref word.

Al die konings wat deel gehad het aan haar en met haar handel gedryf het, sal uitroep en ween wanneer hulle haar straf aanskou.

Hulle erken dat Babilon se oordeel aangebreek het – die groot en sterk stad is verwoes in ʼn oomblik – in een uur.

Almal wat aan haar verbind was, sal alles verloor; waaraan hulle gewerk het, is in een oomblik vernietig.

Die Handelaars van die aarde hef 'n klaaglied aan (Op 18:11-16)


Rev 18:11 En die handelaars van die aarde sal ween en rou bedrywe oor haar, omdat niemand hulle koopware meer koop nie,

Die tweede groep wat Babilon beween, is die handelaars van die aarde.


Omdat Babilon ʼn ekonomiese krag en middelpunt sal wees in die dae van die Verdrukking, sal handel in veral gesogte items aan die orde van die dag wees op die hoogtepunt van haar ekonomiese welvaart.

Waaroor ween die handelaars?

Hulle beween materiële dinge, blinkende en skitterende dinge, perde en waens en slawe en mensesiele.

Die mens word gereduseer tot dieselfde vlak as diere en dinge.

Die uitbuiting van die mens kan duidelik gesien word in die beskrywing van Babilon se sug na welvaart en ekonomiese vooruitgang.

Ironies dat dit wat deur die handelaars van die aarde rakende die verwoesting van Babilon beween word, as fokus die vernietiging van rykdom en weelde het.

Die seemanne hef 'n klaaglied aan (Op 18:17-19)


Rev 18:17 En elke stuurman en die hele menigte op die skepe, en die matrose en almal wat die see bevaar, het ver weg gaan staan


Die derde groep wat Babilon se verwoesting beween, is die stuurmanne en matrose wat deur skeepvaart handel moes bevorder.

Hierdie manne het die rook van haar verbranding gesien wat sigbaar was oor die vlaktes van Sinear.

Wat hulle selfs van skepe af op die Persiese Golf gesien het, het hulle diep ontroer.

Die weelde van rykdomme, lewensmiddele en goedere wat hulle moes vervoer, is in een uur vernietig.

Die seemanne hef ʼn klaaglied aan oor soveel verwoesting.

Hulle werp stof op hul hoofde as teken van uiterste verslaenheid en droefheid (1 Sam. 4:12; Job 2:12).

Hulle roep uit: Wee, wee die groot stad.

Drie maal lees ons in Openbaring 18 “wee, wee” die stad Babilon:
  • Die konings van die aarde roep dit uit (vers 10).
  • Die handelaars van die aarde roep dit uit (vers 16).
  • Die seemanne roep dit uit (vers 19).
Die groot stad Babilon, wat tot so ʼn groot val in een uur gekom het, word beween deur diegene wat deur haar ryk en verryk geword het.

Drie maal word uitgeroep dat haar einde in een uur gekom het: vers 10, vers 16, en vers 19.

Al drie keer is die uitroep gemaak deur óf die konings van die aarde óf die handelaars van die aarde óf die seemanne.

Die hemelinge verbly hul (Op 18:20)


Die konings en handelaars van die aarde sowel as die seemanne hef ʼn klaaglied aan oor Babilon, maar in die hemel word grootliks gejuig.

Hoe ironies, diegene wat op die aarde is, treur oor die val van Babilon, terwyl hulle wat in die hemel is, juig en hulle verbly oor die oordeel wat oor Babilon gekom het.

Dit is nie die eerste maal in die Bybel dat ons lees die hemel is bly oor die val van Babilon nie.

Die profeet Jeremia spreek oor die val van Babilon: Dan ook sal oor Babel juig hemel en aarde en alles wat daarin is . . . (Jer. 51:48).

Die finale val en oordeel van Babilon gaan die spoedige wederkoms van Jesus Christus vooraf.

Die finale verwoesting van Babillon (Op 18:21-23)


Rev 18:21 En een sterk engel het ‘n klip opgetel soos ‘n groot meulsteen en dit in die see gegooi en gesê: So, met ‘n vaart, sal Babilon, die groot stad, neergegooi word en nooit meer gevind word nie.

Daar is eers ʼn simboliese aksie: ʼn Sterk engel werp ʼn klip soos ʼn groot meulsteen in die see.

Saam met hierdie handeling word verklaar: So, met ʼn vaart, sal Babilon, die groot stad, neergegooi word en nooit meer gevind word nie.

Die betekenis hiervan is:

Babilon sal onsigbaar van die aarde af verdwyn soos ʼn klip wat met ʼn vaart in die diepte van die see verdwyn om nooit weer gesien te word nie.

Die profeet Jeremia het die volgende handeling deur Serája laat uitvoer: En as jy hierdie boek klaar gelees het, moet jy ʼn klip daaraan vasmaak en dit binne-in die Eufraat gooi en sê: So sal Babel sink en nie weer opkom nie weens die onheil wat Ek oor hom bring . . . (Jer. 51:64).

Vyf keer lees ons in vers 21-23 van Openbaring 18, word dié verklaring gemaak: Nooit meer nie!

In der ewigheid sal Babilon nooit meer gevind word nie, want Babilon is nou vir ewig verdelg voor die aangesig van die Here.

Die stem van haar siterspelers, sangers, fluitspelers en basuinblasers is stil.

Geen musiek meer nie.

Haar dwelmverslawing (towery = pharmakia [Grieks] verwys na pharmacy = apteek, voorbereider vir dwelmmiddels) is tot niet.

Dwelmverslawing bereik sy hoogtepunt aan die einde van die Groot Verdrukking, maar ook daaraan sal ʼn skielike einde kom wanneer Babilon geoordeel word.

Jeremia die profeet beskrywe die finale toestand van Babel: Hoe is Sesag ingeneem en die roem van die hele aarde verower! Hoe het Babel ʼn voorwerp van verbasing geword onder die nasies! Die see het oor Babel opgerys, deur die gebruis van sy golwe is hy oordek. Sy stede het ʼn woesteny geword, ʼn dor land en ʼn wildernis; ʼn land waar niemand in woon nie, en waar geen mensekind deurtrek nie (Jer. 51:41-43).

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 18: Die einde van die Groot Verdrukking: Lees hier

No comments: