Wednesday 2 December 2015

Openbaring#91: Openbaring 17: Babilon die valse Wêreldgodsdiensstelsel (Die uitleg)

In Openbaring 17 is Babilon ʼn vrou, ʼn hoer, ʼn valse godsdienssisteem.

Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!

Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:


Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking


Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 3de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 4de basuin: Lees hier
Op 8: Die aankondiging van die 3 Wee: Lees hier

Op 9: Die blaas van die 5de basuin is die 1st Wee: Lees hier
Op 9: Die blaas van die 6de basuin is die 2de Wee: Lees Hier

Die gebeure tydens die middel van die Verdrukking


Op 10: Die gebeure in die middel van die Verdrukking: Lees Hier
Op 10: Openbaring 10 is 'n parentese: Lees Hier
Op 10: God is nie sonder Sy getuienis tot die wereld nie: Lees hier

Op 11: Die 3de Tempel: Lees hier
Op 11: Elia en Henog is die twee Getuies: Lees hier
Op 11: Elia en Henog se bediening, dood en opstanding: Lees hier
Op 11: Die blaas van die 7de basuin is die 3de Wee: Lees hier

Op 12: Die tyd van benoudheid vir Jakob: Lees hier
Op 12: Die vrou met die son bekleed is Israel: Lees hier
Op 12: Die manlike kind is die 144 000 Jode: Lees hier
Op 12: Die vuurrrooi draak is Satan: Lees hier

Op 13: Wêreldryke in professie volgens Daniel: Lees hier
Op 13: Die Antichris se ware kleure word getoon: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldregering: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldgodsdiens: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldekonomie: Lees hier

Op 14: Is ʼn voorspel tot die 7 wraakskaal-oordele: Lees hier
Op 14: Die 144 000 (manlike kind) is in die hemel: Lees hier
Op 14: Die aankondigings in die hemel: Lees hier
Op 14: Die graanoes word ingesamel: Lees hier
Op 14: Die wynoes word ingesamel: Lees hier

Die gebeure tydens die laaste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking


Op 15: Gebeure in die hemel VOOR die uitstorting van die wraakskale: Lees hier

Op 16: God beveel die uitstorting van die wraakskale: Lees hier
Op 16: Die 1ste wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 2de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 3de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 4de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 5de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 6de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 7de wraakskaal word uitgestort: Lees hier

Op 17: Die Twee Babilons: Lees hier
Op 17: Babilon die valse wêreldgodsdiensstelsel (Die visioen): Lees hier
Op 17: Babilon die valse wêreldgodsdiensstelsel (Die uitleg): Hierdie skrywe

Babilon die valse Wêreldgodsdiensstelsel 


In Openbaring 17 is Babilon ʼn vrou, ʼn hoer, ʼn valse godsdienssisteem.

In Openbaring 17 word die valse godsdienssisteem van die eerste helfte van die Verdrukking beskrywe.

Openbaring 17 kan in twee dele ingedeel word:

Die visioen – Openbaring 17:1-6.
Die uitleg – Openbaring 17:7-18.

Die uitleg van die valse Wêreldgodsdienste (Op 17:7-18) 


Rev 17:7 Toe sê die engel vir my: Waarom het jy jou verwonder? Ek sal jou die verborgenheid van die vrou vertel en van die dier met die sewe koppe en die tien horings, wat haar dra.

Hier is twee dinge ter sprake:

Die dier en die vrou.

Die engel deel Johannes mee dat hy nou vir hom die uitleg gaan gee.

Eerstens, die uitleg van die dier (vers 8- 17),

Tweedens, die uitleg van die vrou (vers 18).

Die uitleg van die dier (Op 17:8-17)


Rev 17:8 Die dier wat jy gesien het, was en is nie, en sal uit die afgrond opkom en na die verderf vaar; en die bewoners van die aarde wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe geskryf is nie, sal hulle verwonder as hulle die dier sien wat was en nie is nie, alhoewel hy is.

Die “dier” in die boek Openbaring simboliseer vier verskillende dinge:
  • ʼn mens (die Antichris) (Op. 13:5-8; 18; 16:10; 13; 19:20; 20:4,10);
  • die valse profeet (Op. 13:11);
  • die sataniese prins van abussos, die bodemlose put (Op. 11:7; 17:8); en
  • ʼn koninkryk (Op. 17:11, die agtste koninkryk).
Daar moet duidelik onderskei word tussen die genoemde vier diere, sodat die een nie met die ander verwar word nie.

ʼn Nader beskouing van die teks en konteks waarbinne die woord “dier” gebruik word, openbaar die volgende.

Die dier volgens Openbaring 17:8, was en is nie nou nie maw was en is nie in die dag van Johannes.

Die dier sal uit die eindtyd uit die afgrond opkom, dit wil sê uit abussos, die bodemlose put in die buik van die aarde, diep in die ingewande van die aarde. Abussos is die plek van pyniging vir onrein, bose geeste, dit is, demone (Op. 9:1- 2; Luk. 8:31; Matt. 8:29). Satan sal daarin gewerp word vir 1 000 jaar (Op. 20:1-3). Die engel toon aan Johannes dat hierdie put in die eindtyd oopgemaak sal word en ʼn spesifieke wese sal te voorskyn tree. Wie is hierdie dier of persoon?
Dit is ʼn gevalle engel, ʼn sataniese prins wat uit die onderwêreld (put van die afgrond) – abussos, sy verskyning maak. Lees ook Daniël 10:12-13; 20-21; Openbaring 13:2.

Die name van hulle wie die dier aanbid en volg (Op. 13:8), ontbreek in die boek van die lewe (sien Op. 21:27).

Die 7 koppe en die 7 konings (Op 17:9-11)



Rev 17:9 Hier kom die verstand wat wysheid het, te pas. Die sewe koppe is sewe berge waar die vrou op sit. Rev 17:10 En hulle is sewe konings: vyf het geval en een is; die ander een het nog nie gekom nie; en wanneer hy kom, moet hy ‘n kort tydjie bly. Rev 17:11 En die dier wat was en nie is nie, is self ook die agtste, en hy behoort by die sewe en gaan na die verderf. Rev 17:12 En die tien horings wat jy gesien het, is tien konings wat nog geen koningskap ontvang het nie, maar hulle ontvang mag soos konings een uur lank saam met die dier.


Die uitleg wat die engel gee, is dat die 7 koppe sewe konings of heerskappye voorstel. Dit is heidense heerskappye.

vyf het geval, naamlik, (i) Egipte, (ii) Assirië, (iii) Babel, (iv) Mede en Perse, en (v) Griekeland, die heidense koninkryke wat was voor Johannes se dag

en een is, dit wil sê, die een wat bestaan het op die moment van Johannes se skrywe, die sesde (vi) die Romeinse Ryk wat is gedurende Johannes se dag

die ander een het nog nie gekom nie en wanneer hy kom, moet hy 'n kort tydjie bly. Hy is dan die sewende (vii), dit is die herstelde of herleefde Romeinse Ryk met sy tien horings (heerskappye).

die agtste is die Antichris se koninkryk (die herleefde Grieke koninkryk) die een wat was en nie is nie, hy behoort by die sewe en gaan na die verderf. Die Here beperk sy regeringstyd. Sewe jaar is ʼn kort tydjie en drie-en-ʼn-half jaar nog korter.

Daniel beskryf dit as die dier-koninkryk (Dan. 7:7). Volgens se uitleg van sy droom van koning Nebukadnésar, stem die horings ooreen met die tien tone van die beeld van Daniël (Dan. 2:40-44).

Die dier (met die sewe koppe) verteenwoordig dus sewe koninkryke en die konings of vorste het die een die ander opgevolg.

Net so seker sal die 7de die 6de opvolg en die 8ste die 7de.

Die herstelde of herleefde Romeinse Ryk gaan slegs ʼn kort tydjie bly, daarna gaan hulle hul krag en mag aan die Antichris oorgee (Op 17:12-13).

Die dier wat was is die Sataniese prins wat aanvoerder van Griekeland was en nie nou is nie.

Hierdie Sataniese prins (Op 17:8) sal in die eindtyd losgelaat word sodat hy die Antichris kan ondersteun om sy magsbasis uit te brei. Hy is tans in abussos tot op die vasgestelde tyd.

Die vervulling van Openbaring 17:11 vind plaas in die dae van die Groot Verdrukking.

Dit is dan wanneer hierdie agtste koninkryk, die Antichris en sy heerskappy, Israel sal vervolg en teen haar oorlog sal voer.

Die tien horing is tien konings (Op 17:12-14)


Rev 17:12 En die tien horings wat jy gesien het, is tien konings wat nog geen koningskap ontvang het nie, maar hulle ontvang mag soos konings een uur lank saam met die dier. Rev 17:13 Hulle het een gesindheid en sal hulle krag en mag oorgee aan die dier. Rev 17:14 Hulle sal teen die Lam oorlog voer, en die Lam sal hulle oorwin want Hy is die Here van die here en die Koning van die konings en die wat saam met Hom is, geroepe en uitverkore en getrou.


Hierdie tien horings verteenwoordig konings of koninkryke wat sal herrys in die dae van die begin van die Verdrukking,

Hierdie tien horings is die Antichris se bondgenote, en dit beteken dat Noord- Afrika, die grootste deel van die Midde-Ooste en Oos- en Wes-Europa beslis sy bondgenote sal wees.

Die Romeinse Ryk in sy tienvoudige verdeeldheid as die tien tone van die beeld van Daniël sal dus herleef in die laaste dae, dit sal net vir ʼn kort tydjie wees wanneer hulle kom.

Hierdie tien konings regeer nog nie.Wat nog geen koningskap ontvang het nie. Hulle sal hul mag eers in die toekoms, dit wil sê in die eindtyd, ontvang.

Uit Openbaring 17:12-13 kan duidelik die sameswering waargeneem word van hierdie tien lande wat, hoewel hulle aanvanklik onafhanklik regeer, hulle op die vasgestelde tyd hul mag aan die Antichris sal gee (Op 17:17).

Hierdie tien lande sal vir ʼn kort tydjie ʼn magsblok vorm om die Antichris in sy doelwitte te ondersteun.

Hulle sal teen die Lam oorlog voer: Al lyk Christus Jesus in sy voorkoms soos ʼn Lam, is Hy die Here van die here, en die Koning van die konings.

Hy kan weerloos lyk, maar wanneer Hy optree, sal hierdie konings besef niemand kan voor Hom standhou nie.

Jesus Christus sal tydens sy wederkoms hierdie koninkryke verwoes en tot niet maak (Op. 19:11-21).

Diegene wat by die Lam is, deel in sy oorwinning. Hulle is sy uitverkorenes wat geroep en getrou bevind is.

Die waters stel voor die mensdom (Op 17:15-17)


Rev 17:15 En hy sê vir my: Die waters wat jy gesien het, waar die hoer op sit, is volke en menigtes en nasies en tale. Rev 17:16 En die tien horings wat jy op die dier gesien het, hulle sal die hoer haat en haar verlate maak en naak, en haar vlees eet en haar met vuur verbrand. Rev 17:17 Want God het dit in hulle harte gegee om sy bedoeling uit te voer en een bedoeling uit te voer, en hulle heerskappy aan die dier te gee totdat die woorde van God volbring is.


Vervolgens Openbaring 17:1 is die groot hoer die vrou wat op baie waters sit.

Vervolgens Openbaring 17: 15 verduidelik die engel aan Johannes dat die baie waters die mensemassas op die aarde, volke en menigtes en nasies en tale voorstel.

Die tien horings wat die konings of koninkryke verteenwoordig wat herrys het in die dae van die begin van die Verdrukking ( die eerste drie-en-'n-hsalf jaar), sal in die middel van die Verdrukking die hoer (vrou – valse wêreldgodsdienste) vernietig (haar haat).

Die 3½ jaar se voorregte wat sy aanvanklik geniet het in die koninkryk van die Antichris is nou verby.

Godsdienstige Babilon, die ontugtige vrou, se rol is uitgespeel. Die profeet Daniël sê: . . . en gedurende die helfte van die week sal hy (die Antichris) slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuels van gruwels sal daar ʼn verwoester wees (Dan. 9:27).

In hierdie dramatiese verandering in wêreldgebeure sal die Antichris, wat voorheen hierdie valse godsdiens ondersteun het, dit die rug toekeer.

Hy en sy bondgenote gaan die vrou tot niet maak.

Alle gelowe sal dan verbied en aanbiddingsplekke verwoes word.

Die Antichris het homself tot God verklaar en wil ook so aanbid word (2 Thess. 2:4).

Die valse profeet sterk sy hand hierin en geen teëstand word geduld nie (Op. 13:12-18).

Wat duidelik in Openbaring 17 uitgestippel word, is die feit dat die valse kerk of godsdiens in die dae van die Groot Verdrukking totaal korrup is – sy word voorgestel as ʼn ontugtige vrou, ʼn hoer.

Sy het die wêreld verlei (Op 17:2), ook het sy God se diensknegte vermoor (Op 17:6).

Sy het saam met die Antichristelike koninkryke geweldige opgang gemaak in die dae van die eerste helfte van die Verdrukking (Op 17:3), maar nou sien ons in Opebaring 17:16 hoe die Antichris en sy koalisies, sy bondgenote, in die laaste helfte van die Verdrukking teen die wêreldgodsdienste draai en dit vernietig (Op 17:12, 16-17).

Deur ʼn handeling van God gee hierdie konings in die dae van die Groot Verdrukking sonder dat hulle besef dat God dit alles in die hand het, hul heerskappy en mag oor aan die Antichris. (Op 17:17)

Hulle help die Antichris in sy ywer om wêreldoorheersing.

Hulle glo, omdat hulle mislei is deur die Satan en die valse profeet dat een wêreldgodsdiens (Antichris-aanbidding) en een wêreldekonomie en -regering in belang van die hele mensdom is.

Hulle gee dus al hul godsdienstige, politieke en militêre mag oor aan die Antichris totdat die woord van God volbring is, totdat die profesieë vervul is.

God is steeds in beheer en Hyis steeds oppermagtig oor al die planne en bose dade van die draak, die dier en die valse profeet.

Die vrou is die groot stad (Op 17:8)


Rev 17:17 Want God het dit in hulle harte gegee om sy bedoeling uit te voer en een bedoeling uit te voer, en hulle heerskappy aan die dier te gee totdat die woorde van God volbring is.


Openbaring 17:5 gee ons die naam van die groot stad: "Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde"

Hierdie stad Babilon is die hoofstad van die Antichris.

Babilon met al sy inherente boosheid en demoniese onrein geeste sal in die laaste dae opstaan om ʼn geweldige invloed uit te oefen in die Midde-Ooste en tien koninkryke om afvalligheid van die ware godsdiens deur te voer.

Die groot geestelike hoerery wat begin het as Babel onder Nimrod (Gen. 19:9-10), sal in die eindtyd (die dae van die Groot Verdrukking) weer Babel wees onder die tien konings (herleefde Romeinse Ryk).

Tegelyk sal die ou Babel herrys as ʼn groot wêreld- en handelstad.


Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 18: Babilon die stad word geoordeel: Lees hier

No comments: