Monday 7 December 2015

Openbaring#103: Openbaring 20: Die twee opstandings


Dit is duidelik uit die Skrif dat daar nie net een algemene opstanding gaan plaasvind nie

Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!

Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:


Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking


Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 3de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 4de basuin: Lees hier
Op 8: Die aankondiging van die 3 Wee: Lees hier

Op 9: Die blaas van die 5de basuin is die 1st Wee: Lees hier
Op 9: Die blaas van die 6de basuin is die 2de Wee: Lees Hier

Die gebeure tydens die middel van die Verdrukking


Op 10: Die gebeure in die middel van die Verdrukking: Lees Hier
Op 10: Openbaring 10 is 'n parentese: Lees Hier
Op 10: God is nie sonder Sy getuienis tot die wereld nie: Lees hier

Op 11: Die 3de Tempel: Lees hier
Op 11: Elia en Henog is die twee Getuies: Lees hier
Op 11: Elia en Henog se bediening, dood en opstanding: Lees hier
Op 11: Die blaas van die 7de basuin is die 3de Wee: Lees hier

Op 12: Die tyd van benoudheid vir Jakob: Lees hier
Op 12: Die vrou met die son bekleed is Israel: Lees hier
Op 12: Die manlike kind is die 144 000 Jode: Lees hier
Op 12: Die vuurrrooi draak is Satan: Lees hier

Op 13: Wêreldryke in professie volgens Daniel: Lees hier
Op 13: Die Antichris se ware kleure word getoon: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldregering: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldgodsdiens: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldekonomie: Lees hier

Op 14: Is ʼn voorspel tot die 7 wraakskaal-oordele: Lees hier
Op 14: Die 144 000 (manlike kind) is in die hemel: Lees hier
Op 14: Die aankondigings in die hemel: Lees hier
Op 14: Die graanoes word ingesamel: Lees hier
Op 14: Die wynoes word ingesamel: Lees hier

Die gebeure tydens die laaste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking



Op 15: Gebeure in die hemel VOOR die uitstorting van die wraakskale: Lees hier

Op 16: God beveel die uitstorting van die wraakskale: Lees hier
Op 16: Die 1ste wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 2de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 3de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 4de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 5de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 6de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 7de wraakskaal word uitgestort: Lees hier

Op 17: Die Twee Babilons: Lees hier
Op 17: Babilon die valse wêreldgodsdiensstelsel (Die visioen): Lees hier
Op 17: Babilon die valse wêreldgodsdiensstelsel (Die uitleg): Lees hier

Op 18: Babilon die stad word geoordeel: Lees hier
Op 18: God se oordele is volbring: Lees hier

Die wederkoms van Jesus Christus 


Op 19: Die gebeure in die hemel: Lees hier
Op 19: Die sigbare wederkoms van Jesus Christus: Lees hier
Op 19: Die slag van Armagéddon: Lees hier
Op 19: Die Antichris en die valse profeet geoordel: Lees hier

Op 20: Die eerste 75 dae ná die dag van wederkoms van Jesus Christus: Lees hier
Op 20: Al die profesië van die profete van ouds word vervul: Lees hier

Die Messiaanse koninkryk 


Op 20: Die duisendjaar- vrederyk: Lees hier
Op 20: Satan word gedurende die duisendjaar- vrederyk gebind: Lees hier
Op 20: Die twee opstandings: Hierdie skrywe

Die twee opstandings (Op 20:4-6)


Rev 20:4 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank. Rev 20:5 En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding. Rev 20:6 Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.

Dit is nie toevallig nie dat die eerste drie hoofstukke van die Bybel (Genesis 1–3) oor die skepping van die hemel, die aarde en die mens handel, en die laaste drie hoofstukke van die Bybel (Openbaring 20–22) oor die her-skepping van die hemel, die aarde en die opstanding van die mens.

Die verbondsteologie leer dat daar net een algemene opstanding van beide die gelowige en die ongelowige sal plaasvind met Christus se wederkoms na die aarde.

Die eerste opstanding


Die bedelingsleer maak egter 'n onderskeid tussen die opstanding van gelowiges en ongelowiges, en wel om die volgende redes.

Dit is duidelik uit die Skrif dat daar nie net een algemene opstanding gaan plaasvind nie, maar wel:

Die opstanding van die lewe en die opstanding van die veroordeling (Joh. 5:29).

Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding en die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie (Op 20:6,5).

maar die wat waardig geag word om daardie eeu en die opstanding uit die dode te verkry (Luk. 20:35). Let daarop dat Jesus hier leer van die opstanding uit die dode, en nie van al die dode nie.

… of ek miskien die opstanding uit die dode kan bereik (Fil. 3:11). Let daarop dat Paulus in die oorspronklike teks letterlik sê: … of ek miskien die opstanding van tussen die dode uit kan bereik.

Dat daar 'n besliste en definitiewe onderskeid in die Bybel tussen die eerste en tweede opstanding bestaan, is 'n voldonge feit.

Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. Daarna kom die einde … (1 Kor. 15:22-24). 

Die woord "orde" wat in hierdie vers gebruik word, is die Griekse woord tagma, wat op afdelings of divisies dui. 

Wat die opstanding uit die dode betref, sien ons die orde:

  • As eersteling Christus (Eerstelingsgerf).
  • Daarna die wat aan Christus behoort (Oes en Na-oes).
  • Daarna kom die einde.
Die opstanding sal dus in verskillende stadiums plaasvind.

Die gedagte van die opstanding en die oes wat op die land is wat afgeoes word, is dieselfde.

Daar is 'n eerstelingsgerf, dan die groot oes en dan die na-oes.

Die drie fases van die eerste opstanding


Wat die eerste opstanding, wat reeds plaasgevind het, betref, is Jesus Christus die eerstelingsgerf (1 Kor. 15:20).

Die tweede fase van die eerste opstanding is, die wat aan Christus behoort by sy koms (1 Kor. 15:23). Dié groot oes sal dus tydens die wegraping ingesamel word. Dié oes bestaan uit die wat reeds in Christus ontslaap het (1 Thess. 4:13-14), sowel as die wat in die lewe oorgebly het tydens sy koms (1 Thess. 4:16-17; 1 Kor. 15:51-53).

Die derde fase van die eerste opstanding is die na-oes wat ingesamel moet word. Dit kan eers geskied aan die einde van die sewe jaar Groot Verdrukking (Openb. 7:9, 13-14; 20:4).

Die eerste opstanding geskied dus in drie fases.

Let daarop dat daar twee ander groepe is wat ook gedurende die dae van die Groot Verdrukking 'n hemelvaart sal beleef: die twee getuies (Openb. 11:3-12), en die honderd-vier-en- veertigduisend (Openb. 14:1-5).

Die tweede opstanding


Die tweede of laaste opstanding 'n duisend jaar ná die laaste fase van die eerste opstanding sal die tweede of laaste opstanding wees, daarna kom die einde (1 Kor. 15:24).

Hierdie tweede of laaste opstanding is 'n opstanding van veroordeling.

Die goddelose en sondaars het deel aan hierdie opstanding (Openb. 20:5, 11-14).

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 20: Die opstanding van die regverdiges: Lees hier

No comments: