Tuesday 8 December 2015

Openbaring#113: Openbaring 22: Die vermanings en beloftes


Elkeen moet ʼn duidelike keuse maak waar hy of sy met die Here staan.

Die boek Openbaring verloop chronologies, in orde!

Openbaring 1:19 gee die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring:


Op 1:19  Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;


wat jy gesien het: Dit wat Johannes gesien het (Op 1): Hierdie professie is vervul.

wat is: Die Kerk era (Op 2-3): Hierdie professie is besig om in vervulling te gaan.

wat gaan gebeur: (Op 4-22): Hierdie professie is toekomstig, moet nog vervul word.

Die gebeure in die Hemel wat VOOR die Verdrukking begin:


Deel 1: Op 4: Die oordeelstroon van God : Lees hier
Deel 2; Op 5: Die Lam en die boek verseel met 7 seels: Lees hier

Die gebeure tydens die eerste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking


Op 6: 'n ontleding van Daniel 9:27: Lees hier
Op 6: die Kerk gaan nie deur die Groot Verdrukking Lees hier
Op 6: Die 7 seels (eerste reeks van oordele): Lees hier
Op 6: Die Perde: Letterlik of nie? Lees hier
Op 6: Die Perde (die oopmaak van Seels 1-4): Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 5de Seel: Lees hier
Op 6: Die oopmaak van die 6de Seel: Lees hier

Op 7: Openbaring 7 is ʼn parentese: Lees hier
Op 7: Die 144 000 Jode: Lees hier
Op 7: Die uitgereddes uit alle nasies: Lees hier

Op 8: Die opmaak van die 7de Seel: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 1ste basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 2de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 3de basuin: Lees hier
Op 8: Die blaas van die 4de basuin: Lees hier
Op 8: Die aankondiging van die 3 Wee: Lees hier

Op 9: Die blaas van die 5de basuin is die 1st Wee: Lees hier
Op 9: Die blaas van die 6de basuin is die 2de Wee: Lees Hier

Die gebeure tydens die middel van die Verdrukking


Op 10: Die gebeure in die middel van die Verdrukking: Lees Hier
Op 10: Openbaring 10 is 'n parentese: Lees Hier
Op 10: God is nie sonder Sy getuienis tot die wereld nie: Lees hier

Op 11: Die 3de Tempel: Lees hier
Op 11: Elia en Henog is die twee Getuies: Lees hier
Op 11: Elia en Henog se bediening, dood en opstanding: Lees hier
Op 11: Die blaas van die 7de basuin is die 3de Wee: Lees hier

Op 12: Die tyd van benoudheid vir Jakob: Lees hier
Op 12: Die vrou met die son bekleed is Israel: Lees hier
Op 12: Die manlike kind is die 144 000 Jode: Lees hier
Op 12: Die vuurrrooi draak is Satan: Lees hier

Op 13: Wêreldryke in professie volgens Daniel: Lees hier
Op 13: Die Antichris se ware kleure word getoon: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldregering: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldgodsdiens: Lees hier
Op 13: Die Antichris se een wêreldekonomie: Lees hier

Op 14: Is ʼn voorspel tot die 7 wraakskaal-oordele: Lees hier
Op 14: Die 144 000 (manlike kind) is in die hemel: Lees hier
Op 14: Die aankondigings in die hemel: Lees hier
Op 14: Die graanoes word ingesamel: Lees hier
Op 14: Die wynoes word ingesamel: Lees hier

Die gebeure tydens die laaste drie-en-ʼn-half jaar van die Verdrukking


Op 15: Gebeure in die hemel VOOR die uitstorting van die wraakskale: Lees hier

Op 16: God beveel die uitstorting van die wraakskale: Lees hier
Op 16: Die 1ste wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 2de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 3de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 4de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 5de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 6de wraakskaal word uitgestort: Lees hier
Op 16: Die 7de wraakskaal word uitgestort: Lees hier

Op 17: Die Twee Babilons: Lees hier
Op 17: Babilon die valse wêreldgodsdiensstelsel (Die visioen): Lees hier
Op 17: Babilon die valse wêreldgodsdiensstelsel (Die uitleg): Lees hier

Op 18: Babilon die stad word geoordeel: Lees hier
Op 18: God se oordele is volbring: Lees hier

Die wederkoms van Jesus Christus 


Op 19: Die gebeure in die hemel: Lees hier
Op 19: Die sigbare wederkoms van Jesus Christus: Lees hier
Op 19: Die slag van Armagéddon: Lees hier
Op 19: Die Antichris en die valse profeet geoordel: Lees hier

Op 20: Die eerste 75 dae ná die dag van wederkoms van Jesus Christus: Lees hier
Op 20: Al die profesië van die profete van ouds word vervul: Lees hier

Die Messiaanse koninkryk 


Op 20: Die duisendjaar- vrederyk: Lees hier
Op 20: Satan word gedurende die duisendjaar- vrederyk gebind: Lees hier
Op 20: Die twee opstandings: Lees hier
Op 20: Die Opstanding van die Regverdiges: Lees hier
Op 20: Die Gog en Magog is die laaste opstand teen God: Lees hier
Op 20: Die groot wit troon oordeel: Lees hier

Die nuwe ewige orde


Op 21: Die nuwe ewige orde: Lees hier
Op 21: Die nuwe hemel, aarde en die stad Jerusalem vanuit die hemel: Lees hier
Op 21: Die verklarings van die Een wat op die troon sit: Lees hier
Op 21: Die vrou van die Lam: Lees hier
Op 21: Die nuwe Jerusalem is die Godstad: Lees hier
Op 22: Die geloofwaardigheid van die boek Openbaring: Lees hier

Die beloftes en laaste waarskuwings


Op 22: Die vermanings en beloftes: Hierdie skryre


Die boek mag nie verseël word nie (Op 22:10-11)


(Rev 22:10) En hy het vir my gesê: Moenie die woorde van die profesie van hierdie boek verseël nie, want die tyd is naby.Rev 22:11 Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word.

Die boek Openbaring is nie ʼn verseëlde boek nie.

In inhoud en wese is dit juis ʼn openbaring, ʼn bekendmaking.

In die geval van die boek Daniël was dit ʼn ander saak (Dan. 12:4; 8-9).

Die openbaringe en gesigte wat Daniël ontvang het, het so ʼn geweldige tydsduur tyd gedek dat hy nie veel verstaan het wat hy geskrywe het nie (Dan. 12:8-9).

Daniël is meegedeel dat hy die boek moet verseël tot die tyd van die einde wanneer baie van die profesieë verduidelik en geopenbaar sal word deur latere openbaringe.

Met die boek Openbaring is baie van die boek Daniël se inhoud opgeklaar, meer detail bygevoeg en verduidelik.

Daarom is Johannes beveel om nie die boek Openbaring te verseël nie, want die tyd is naby.

Bedoelende, die vervulling van die dinge wat in die boek opgeteken is, is naby.

Die boek Daniël is vir Nuwe-Testamentiese gelowiges nie meer ʼn verseëlde boek nie, veral nie vir diegene wat die eindtyd betree het nie.

Sekerlik sal die boek Daniël vir die oorgrote meerderheid van die Joodse volk in ons dae nog ʼn geslote boek wees omdat hulle nie die Nuwe Testament lees nie en daarom dus nie die boek Openbaring verstaan nie.

Die Messiaanse Jode, andersyds, lees Daniël met begrip en verligting omdat hulle die boek Openbaring ken en bestudeer.

Juis daarom word die regverdiges en die onregverdiges dan nou vermaan (Op. 22:11).

Die regverdige moet nog regverdiger word en die heilige nog heiliger, alles met die oog op die spoedige wederkoms van Jesus Christus die vlekkelose Lam.

Laat die onregverdige voortgaan in sy onreg en vuilheid – dit sal tot sy eie ondergang lei.

Die eindtyd word dus gekenmerk deur hulle wat óf heiliger lewe (die regverdiges) óf hulle wat vuiler lewe (die onregverdiges).

Dit is die onderskeidende kenmerk tussen mense in die laaste dae voor die wederkoms van die Here Jesus Christus.

Elkeen moet ʼn duidelike keuse maak waar hy of sy met die Here staan.

Vriendskap met die wêreld word uitdruklik as vyandskap teen God bestempel (Jak. 4:4; 1 Joh. 2:15-17).

Ons sien in Openbaring 22:11 ʼn ernstige waarskuwing dat besluitneming karakter bepaal, en karakter eindbestemming bepaal.

Jesus Christus se verklarings (Op 22:12-13)


Rev 22:12 En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees. Rev 22:13 Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste.

Christus se aansprake my loon is by My impliseer dat die Here gedagtig aan ons dienswerk en lyding is, en niks wat vir Hom gedoen is, is tevergeefs nie.

Die Here sal beloning gee waar dit toekom.

Die verskyning van Jesus Christus het dan juis ten doel om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.

Elke gelowige sal by die regterstoel-oordeel van Christus regverdig behandel word en sal elkeen hul gepaste loon ontvang (1 Kor. 3:11-15; 2 Kor. 5:10; Rom. 14:10).

Daarom is Openbaring 22:13 ʼn groot aanmoediging vir die gelowige omdat die Here beloof Hy sal eindig wat Hy begin het.

Hy is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste.

Dié beskrywings dra die gedagte van voltooiing, van ewigheid, van gesag en outoriteit.

Hierdie beskrywings behoort aan God alleen.

Daarom is Hy en Hy alleen die waardige een om belonings te gee, want Hy oordeel in waarheid en geregtigheid.

Die uiteinde van die verlostes en die veroordeeldes (Op 22: 14-15)


Rev 22:14 Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad. Rev 22:15 Maar buite is die honde en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen.

Die kontras is hier tussen dié wat God se gebooie onderhou, hulle mag die nuwe Godstad ingaan, en hulle wat God se Woord verwerp het.

Laasgenoemde groep word nooit in ewigheid in die nuwe Jerusalem, die Godstad, toegelaat nie.

Die verlostes wat toegang tot die stad het, het toegang omdat dit hul verloste staat is wat hulle die reg op toegang gee.

Hulle het God se Woord onderhou, daarom is hulle in staat daartoe om die stad binne te gaan deur die poorte, en also deel te hê aan die boom van die lewe.

Daar is baie wat aanspraak maak daarop dat hulle die Here ken (Matt. 7:21- en sy Woord ken (Joh. 5:39, 46), maar daar is min wat dit doen (Matt. 7:24- 27; Luk. 13:23-24).

Diegene wat die Here se Woord bewaar het deur regverdig en heilig te lewe (Op 22:11), het toegang tot die stad sowel as die boom van die lewe.

Die onderskeidende kwaliteit van die inwoners van die nuwe Jerusalem is dat hulle almal verlostes is.

Maar buite is hulle wat nie verlos is nie.

Hulle is die honde (onrein mense, valse leraars, Fil. 3:2; 2 Pet. 2:22).

Saam met hulle is al die slegte mense, die towenaars, hoereerders, moordenaars, afgodedienaars en almal wat leuens liefhet, ook die vreesagtiges, ongelowiges en gruwelikes (Op. 21:8).

Hulle almal is buite.

“Buite” beteken om in die poel van vuur te wees, want dié is buite en ver verwyder van die heerlike Godstad (Jes. 66:24).

Net soos Adam en Eva in hul sondige toestand toegang tot die tuin van Eden en die boom van die lewe belet is (Gen. 3:22-24), so sal al die sondaars tot in ewigheid die heerlikheid van die nuwe Jerusalem ontsê wees.

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

Volgende: Openbaring 22: Die bevestiging van die professie deur Jesus Christus self : Lees hier

No comments: