Friday 17 May 2013

Openbaring 4 - Gebeure in die Hemel


Ná hierdie dinge

Op 4:1 Ná hierdie dinge het ek gesien kyk, ‘n geopende deur in die hemel, en die eerste stem wat ek soos ‘n basuin met my hoor spreek het, het gesê: Kom op hierheen, en Ek sal jou toon wat ná hierdie dinge moet gebeur.

Na wat se dinge?

Na die verloop van die voorafgaande! (Op 1-3)

Na die verloop van wat Johannes gesien het! (Op 1)

Na die verloop van die Kerk era! (Op 2-3)

Na die wegraping van die Kerk! (Op 4:1)

Dan????.......

Johannes se visioen van wat in die hemel volg....voor die begin van die Groot Verdrukking!

Op 4 : Die oordeelstroon van GOD
Op 5 : Die Lam and die boek verseel met die 7 seels

Open 4: Die oordeels troon van God (Op 4:2-11)

GOD die Vader sit op Sy troon van oordeel (Op 4:2) en Hy is in volle beheer. GOD staan vir Sy majesteit, in voorkoms 'n helder lig (voorkoms van Jaspis / seegroen). GOD sal sy oordeel uitoefen (voorkoms Sardius / bloedrooi), maar GOD onthou sy verbonde en bly steeds getrou daaraan self tydens sy oordeel (Reenboog van voorkoms Smarag / diepgroen). (Op 4:3)

Die 24 Ouderlinge verteenwoordig die weggeraapte Kerk voor die troon van GOD. Hul wit klere spreek van saligheid en geregtigheid en hul krone van oorwinning. Die Ouderlinge is verteenwoordigend van die Kerk voor die troon van GOD en spreek dus duidelik van Kerk wat nie meer op die aarde is nie.(Op 4:4)

Die Ouderlinge sing vir die Lam 'n nuwe lied. Hierdie lied bevat en som die resultate op van die offerdood van Jesus Christus, die Lam. Sy dood was nie 'n ongeluk nie, dit was met 'n doel. Die doel was dat deur sy soendood die verhouding tussen God en die mens herstel is. Die Lam se dood het 'n unversele effek. Dit was om mense te koop uit elke stam, taal, volk en nasie. Die vrygekooptes is nou gemaak konings en priesters en daar word aan hulle heerskappye gegee. As konings sal die verlostes regeer, as priesters is hulle 'n kanaal van seen. (Op. 5:8 - 10)

Die Weerlig, donderslae, en die 7 Geeste, die simboliese betekenis van GOD se se komende oordele. (Op 4:5)

Die 4 geskape wensens prys GOD vir sy heiligheid, prys Hom want Hy is die Almagtige. Hul aanbid m, wat op die troon sit, want Hy is tot in alle ewigheid. Die taak van die lewende wesens is om Hom wat op die troon sit, the aanbid om daardeur Sy heiligheid te bevestig. Die Ouderlinge verteenwoordig 'n spesiale verhouding tussen GOD en Sy Kerk. Hulle aanbid Hom vir Sy skeppende krag. (Op 4:6-10)

Op 4:11 U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape.

Die lewende wesens bring die hele skepping tot vereering van GOD, en bevestig daardeur Sy eer en heiligheid. Die Ouderlinge, as verteenwoordigers van die verlostes, aanbid Hom vir wat Hy gedoen het, dat Hy hulle gered het.

Tot die Skepper GOD word besing die eer, heerlikheid, krag, aanbidding en danksegging!

Regte (C) 2011 Raymond D Lombard

No comments: